Alles begin met Anna. Annemari Coetser
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Alles begin met Anna - Annemari Coetser страница 9

Название: Alles begin met Anna

Автор: Annemari Coetser

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780798176187

isbn:

СКАЧАТЬ stukkies onderklere uitspoel en Sussie Anna het stryk­werk, maar hulle is oorversadig ná die aand se onverwagte bederf van pampoenkoekies en lamskenkel.

      Poppie vertel van haar onderonsie met Mr Cristal. Soos sy verwag het, kapittel Sussie Anna haar.

      “Ja, maar, Ousus, Jannie het lankal gevra ek moet Dingaansdag saam met hom na die Geloftediens in die Moederkerk gaan. Daarna is daar ’n piekniek en toesprake in Pretoriuskloof. Ek was bang hy sal teleur­gesteld wees as ons nie kan gaan nie.”

      “Jannie stel nie in die politiek belang nie, en jy weet dit.”

      “Maar ék stel belang. Jy weet mos ek hou daarvan as die sprekers mekaar met eiers en vrot tamaties bestook. Hoe vuriger, hoe beter!”

      “Ai, Poppie, dis oor julle mekaar in die weeshuis altyd so aangehits het. Mr Cristal bly jou werkgewer, en werk is nie volop nie. Jy moet mooi dink hoe jy met hom praat. Ek hoor party winkels maak al toe. Die boere trek noustrop met die droogte en daarom kry die Jode ook swaar. Dit gaan al van die Depressiejare af so sleg. Ek sien elke dag die ellende. ’n Man sal daar vir die prokureur sit en wag, kop onderstebo, kyk niemand in die oë nie. En as hy uit die kantoor kom, is sy oë troewel. Dis pal likwidasiesake en vendusie.”

      “Ek’s al ’n jaar lank mondig en kan doen wat ek wil,” sê Poppie ligweg om haar suster te terg.

      Sussie Anna steek haar hand uit en druk Poppie s’n. “Ek weet. Maar vir my sal jy altyd die klein Vlooi bly vir wie ek in die kinderhuis moes opkom.”

      Sy draai op haar sy en kyk na haar kleinsus. So sag en moederlik lyk sy in die flou lig van die leeslamp. Dan tik sy Poppie liggies op die kop. “Kom, luiaard. Ons lê hier vir kwaadgeld.”

2.jpg

      Sussie Anna

      Net toe is daar ’n klop aan die deur. Poppie spring soos blits uit die bed en gaan maak oop.

      “Naand, Jannie!” Sy soengroet haar broer en staan opsy.

      Sussie Anna is ook vinnig op haar voete. “Naand, broer,” sê sy en soen hom ook. “Staan net so, ek bring vir jou ’n stoel.”

      “Dankie.” Hy stut sy kierie teen die klerekas, gaan sit en strek sy kreupel been voor hom uit.

      “Ek het vir julle appels ge­bring,” sê hy en hou ’n kardoes na Poppie uit. “Weldoeners kom laai darem nog soms vrugte en groente by die weeshuis af. Die Vader se genade is groot.”

      “Hulle sit seker maar met ’n oorskot. Die varsproduktemark is ook in duie,” sê Sussie Anna nugter.

3.jpg

      Jannie

      Broer Jannie sal hom nie laat oortuig nie. Elke oggend as hy wakker word, bulder hy met ’n groot stem: “O, Gods liefde is wonderbaar!” Maak nie saak waar hy is en wie hom hoor nie. Sy susters noem die vals ge­skree ’n marteling; hy noem dit sing.

      “O, dankie!” Poppie haal ’n appel uit, vryf dit teen haar rok blink en byt ’n groot hap daaruit.

      “ ’n Dame gebruik ’n kleinbordjie en ’n vrugtemes, Vlooi,” vermaan Sussie Anna, maar met ’n vonkel in die oog. “Verskoon my, ek gaan gou die strykplank haal.”

      Poppie ignoreer die vermaning. “Jy glo absoluut aan wonderwerke, nè, Jannie?”

      Die hele weeshuis weet dit. Almal glo dis “oom Jannie” wat taks hulle groente en vrugte persoonlik van die Here afbid. Sê nou haar broer kan vir haar ook ’n wonderwerk afbid … ’n werk op Senekal?

      Poppie bedink haar. Blikslaer, Jannie sal haar só uittrap as hy moet weet wat sy dink. Hy duld nie ydele praatjies nie.

      Sy is natuurlik ook ’n Kristen, dis hoe hulle grootgemaak is. En sy’s altyd bly om haar broer te sien. Maar hy kan haar tog so roerig maak. Hulle kom hoogstens vir ’n uur oor die weg, tot hy vir haar begin preek. Dan spat die vonke.

      Hy noem haar gereeld ’n prullebol, en dit net omdat sy daarvan hou om mooi aan te trek. Hy kry dié woord uit ’n navy-blou verjaarsdagboekie geskryf deur dominee Boshoff, met ’n spreuk of rym by elke datum, en hy is lief daarvoor om mense met die predikant se spreuke te looi.

      Maar Poppie is nie ’n uilskuiken nie. Wanneer sy vir hom in die weeshuis gaan kuier, sorg sy dat sy elke keer ’n spreuk of twee uit die boekie memoriseer. Dis die enigste manier om hom te uitoorlê. Want as daar een ding is wat sy nie kan verdra nie, is dit dat mense vir haar preek. Net haar ousus mag dit doen, want haar bedoelings is altyd goed.

      Terwyl Sussie Anna haar rok vir die volgende dag stryk, gesels sy en Jannie land en sand. Dié twee sit nooit vas nie. Miskien is sy meer verdraagsaam met hom, maar hy preek ook nooit vir haar nie.

      Poppie maak haar wasgoed bymekaar. Die onderklere sit sy, soos Sussie Anna haar geleer het, in ’n lapsak wat met ’n koord toeknoop – sou sy perdalks op pad badkamer toe iemand met nuuskierige oë teëkom wat haar bloemers wil beloer.

      Heerlike Sion! Soveel reëls van samelewing, kerk en staat. Soveel voorskrifte van mense soos Mr Cristal, Jannie, Sussie Anna en ant Nelie, die losieshuis se hospita. Oweral is daar mense wat glo dis net hulle wat weet wat die regte ding is om te doen, en hoe dit gedoen moet word, en dat hulle die reg het om ander te kapittel.

      Haar hand is al op die deurknop toe Jannie met ’n temerige predikantstem sy spreuk van die dag aanhaal: “Brood deur eerlik sweet verkregen, is de beste lekkerny. Wat ons ryk maak, is Gods segen, en Hy voeg geen smart daarby.”

      Poppie vervies haar liederlik. Die ellendeling! Behalwe Sussie Anna en Nic en miskien ook Faan kan almal gaan bars, met permissie gesê. Veral Jannie.

      Sy draai om en kyk hom vas in die oë. “Gesond en eerlik daagliks werk, maak beide siel en lichaam sterk,” sit sy hom koud.

      Toe stap sy uit en trek die kamerdeur hard agter haar toe.

      Anna: Hardnekkige kaiings

      1893

      Anna is twintig. Daar is al ’n hele paar Van der Waltjies deur haar hande. Gaan sy vir altyd op die plaas bly sit terwyl die wêreld by haar verbygaan en sy al die jongmeisiepret misloop? Boeke maak vir haar nuwe wêrelde oop, maar is dit genoeg? Tant Tjaartina se liefde vir musiek het haar darem ook geleer om dit te waardeer. Aangesien haar pa nie belangstel nie, vergesel sy haar stiefmoeder soms na ’n kamermusiekuitvoering op Jagersfontein.

      Dáár is pret volop, veral in die dorp se hotelle waar die prostitute hoog in aanvraag is. Die Excelsior-diamant is onlangs op Jagersfontein ontdek, en dis ’n yslike karbonkel. Blink soos water, ’n kosbare borrel uit die skoot van die aarde.

      Dis tyd om te gesels oor Laatste, oftewel Pieter Steenkamp. Skoongesig-, polietse Pieter. Sy mense boer op Grootpan, omtrent halfpad tussen Bultfontein en Hoopstad. Hy ry transport tussen Bloemfontein en Jagersfontein, en omdat die dorp nog duisende fortuinsoekers lok, is sy besigheid baie suksesvol. Die vyf groot hotelle en die menigte kroeë moet almal voorraad kry: mieliemeel, broodmeel, vars groente. Jagersfontein is enig in sy soort in die Oranje-Vrystaat. Draai jy ’n kraan oop, stroom helder drinkwater daaruit. Druk jy ’n skakelaar, word die СКАЧАТЬ