Alles begin met Anna. Annemari Coetser
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Alles begin met Anna - Annemari Coetser страница 10

Название: Alles begin met Anna

Автор: Annemari Coetser

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780798176187

isbn:

СКАЧАТЬ dat hulle hom eenvoudig op ’n manier van die res moes onderskei. Pas nadat hy gebore is, op 3 November 1871, het sy mammie volgens oorlewering geprewel: “Mijn laatste! Definitief mijn laatste!”

      Dit het toe ook so uitgewerk: Laatste was die laaste kind in die gesin.

      En waar skrop Anna toe vir Laatste uit, haar diamant van ’n kêrel?

      Ironies genoeg is dit deur haar vader se toedoen. Laatste kom laai al om die ander week meel en slaggoed af by die hotel waarin Nicolaas ’n belang het. Hy leer ken die jong man goed en het respek vir sy hard­werkendheid en ondernemingsgees. Al het die Steenkamps stywe beurse, steek Laatste sy hande uit en werk self.

      ’n Man na Nicolaas se hart, en op ’n dag nooi hy hom plaas toe vir middagete.

      Dinge verloop klopdisselboom rondom die eetkamertafel. Laatste is aangenaam en gesels onderhoudend, alhoewel ’n bietjie langasem, oor sake van die dag. Sy sjarme oorrompel tant Tjaartina, en hy terg en skeer gek met die kinders. Maar hy praat nie ’n woord met Anna nie. Sy kon net so wel ’n tafelpoot gewees het.

      Sy bekyk die man onderlangs. Hy is heel aansienlik. Maar as hy nie in haar belangstel nie, is dit maar tot daarnatoe. Sy is nie oor hom verleë nie.

      Die een oomblik sit almal nog rustig en eet en korswel, en die volgende oomblik gryp Laatste na sy keel. Hy spring so vinnig orent dat sy stoel omval.

      Nicolaas is die eerste om te besef wat aangaan. “Die man verstik!”

      Hy is dadelik by en slaan Laatste met die vuis op die rug. Maar wat ook al in sy keel steek, dit sit vas.

      “Bring water!” skree tant Tjaartina.

      Een van die kleintjies nael kombuis toe en kom terug met ’n glas water. Laatste hoes en proes en wuif die glas doodsbenoud weg. Nader­hand loop die trane oor sy wange. Oplaas pluk hy ’n sakdoek uit sy bosak, druk dit voor sy mond en gee ’n aardskuddende hoes.

      Eindelik! Daar is die bewys op die spierwit sakdoek: ’n hardgebraaide stukkie kaiing. Hy hou dit uit vir almal wat wil kyk. Die arme man is bleek om die kiewe en toe hy dankbaar ’n slukkie water neem, bewe hy so dat die glas teen sy tande kap.

      “Gaan lê so ’n bietjie om van die skrik te herstel,” stel tant Tjaartina voor ná die dankgebed, maar hy skud net sy kop.

      Volgens hul gewoonte gaan die ouerpaar ná ete reguit kamer toe, ’n fênsie slaapplek met rooi fluweelgordyne en ’n wit bedspread met bobbels. Anna moet toesig hou oor die onwennige spul kinders. Terwyl Laatste nog amegtig op ’n eetkamerstoel sit en kug, begin die twee oudstes die hele nare gebeurtenis naboots. Hulle kruip op die vloer rond, hoes, proes en gryp na hulle kele.

      Anna kry lag, maar Laatste sit kop onderstebo en maak asof hy hulle nie sien nie. Om amper te sterf weens verstikking is nie snaaks nie.

      Sy boender die kinders na buite. Hulle hardloop na die gronddam, waar hulle mekaar op die wal begin rondjaag. Anna loop agterna; sy beter dophou dat niemand in die water val nie.

      Terwyl sy langbeen teen ’n boom sit met haar tawwerd tot bo haar enkels opgetrek, verskyn Laatste uit die huis. En toe hy eers daardie mooi, dun enkels onder die kuise swart tabberd gewaar, wil hy meer sien.

      Hy begin by Anna aanlê. “Jammer oor die spektakel wat ek van myself gemaak het,” sê hy met ’n laggie. “Ek het gedink dis klaar met kees.”

      “Jammer dat ons sulke hardnekkige kaiings opdis,” antwoord sy. “So ’n verstik kan doodsake wees.”

      “Dit sou baie swak tydsberekening gewees het … want dan kon ek jou nie beter leer ken nie.”

      “Wil jy dan?” Die oomblik toe die woorde uit is, bloos sy bloedrooi. “Ekskuus …”

      Laatste is bekoor; hy vind haar gebrek aan flankeerkuns verfrissend. Hy leun nader aan haar terwyl hy oor ditjies en datjies gesels en sy adem sy naskeermiddel in, ’n mengsel van ment en suurlemoen.

      Hy sleep ’n paar maande lank vlerk by haar voor hy die jawoord vra. Omdat haar vader hom reeds ken, huiwer hy nie om sy toestemming vir ’n huwelik te gee nie.

      Vir die eerste keer in ’n lang tyd voel Anna gelief. En nie net gelief nie, maar ook begeerlik. Sy sien dit in haar kêrel se oë, hoor dit wanneer sy stem skor word tydens ’n lang opsitsessie.

      “Ek wil nie wag nie,” sê Laatste een aand toe hulle weer tot latenstyd opsit. “Wil jy ’n groot gedoe met die troue hê?”

      “Nee, glad nie. Hoe eenvoudiger, hoe beter.”

      Ses maande ná hulle eerste ontmoeting trou hulle een Vrydagmiddag in die magistraatskantoor op Jagersfontein. Anna het haar vader se toestemmingsbrief in haar handsak, want hy en tant Tjaartina sien nie kans om “op so ’n ongoddelike tyd” die seremonie by te woon nie.

      Laatste dra ’n netjiese donker pak, spierwit geplooide hemp met gestyfde boordjie en ’n swart strikdas. Anna het haar beste uitrusting aan: twee onderrokke, ’n wit bloes met opnaaisels en kant, en bo-oor dit ’n romp en rokslyfie van swart symateriaal wat amper soos brokaat lyk.

      Gebruik sy dalk hierdie troue om weg te kom uit die huis van haar vader, tant Tjaartina en hul swetterjoel kinders? Of het sy Pieter Michiel Steenkamp werklik lief?

      HOOFSTUK 3

      Die niekerbôl

      1936

      Poppie kan nie glo sy is al ses maande op Senekal nie!

      Toe sy die werk by Mr Segal gekry het, het sy haarself plegtig belowe dat sy ’n nuwe blaadjie gaan omslaan. In Bethlehem was Sussie Anna altyd ’n bolwerk teen enige moontlike troewels wat sy met haar vinnige tong kon optel. Aan die een kant was haar ousus ’n vertroos­ting, ’n veilige vangnet, maar andersyds het die noulettende toesig haar dikwels halsstarrig en koppig gemaak.

      Op Senekal sou sy dinge begin bevraagteken, het sy besluit. ’n Vei­lige vangnet is ook maar ’n bloemin’ beperkende ding. Boonop is Sussie Anna byna agt jaar ouer as sy en al ’n bietjie verstok, nie naastenby so in voeling met wat in die wêreld aangaan nie. Op Senekal sou sy haar eie mens word. Glo sy in iets, of wil sy ’n saak bevorder, sal sy dit doen met haar hele hart en siel. En bereid wees om die gevolge van haar optrede te dra.

      Maar in haar agterkop sal sy darem ook dominee Boshoff se vermaning onthou: Liefde wek liefde. In die winkel sal sy gaaf en goed wees teenoor al die klandisie – wit, swart of bruin. Sy sal nie skoorsoek met Mr Segal soos sy altyd met Mr Cristal gemaak het nie. Sy sal gereeld kerk toe gaan, bid vir die weduwees, die wese en die hei­den­skare sonder lig in donker Afrika. Sy sal ’n goeie vriendin vir Corrie en Lukas van Zyl wees. En elke Sondagmiddag sal sy haar strale­kransie blink poets.

      Sy onthou so goed die dag toe sy Faan vertel het dat sy gaan verhuis. Blik sement, maar hy was verslae. Hy het die pyp uit sy mond gehaal en ongeërg sy skouers opgetrek, maar sy kon sien die nuus het hom middelpaaltjie skoongeboul. Natuurlik moes hy maak asof dit hom nie traak nie.

      “Ons is niks van mekaar nie, Faan,” het sy hom herinner. “Net vriende.”

      “Maar ’n vriend mag ’n traan pink as sy lieftallige vriendin weggaan,” het hy vinnig gesê, en sy oë het sowaar geblink.

      “Ag СКАЧАТЬ