Alles begin met Anna. Annemari Coetser
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Alles begin met Anna - Annemari Coetser страница 8

Название: Alles begin met Anna

Автор: Annemari Coetser

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780798176187

isbn:

СКАЧАТЬ van die boonste rakke af te haal. Sy hoef nie oë in haar agterkop te hê om te weet die klante bekyk en bespreek haar nie. Sy gee nie om nie; dis die mans wat skelm onder haar rok probeer inloer vir wie sy lugtig is.

      Niemand kan fout vind met wat sy aantrek nie. Haar kousnate streep pylreguit teen haar slanke bene op. Omdat sy in die winkel werk, kry sy ’n bietjie afslag. Toe die nuwe onkreukelbare tabberds van Tootal-­linne onlangs uitgepak is, het sy geweet sy gaan begin spaar om een te koop. Nou dra sy dit, ’n rok van liggroen linne wat haar figuur mooi pas.

      Vandag pak sy net reg. Sy skuif die rolle materiaal mooi haaks en streel oor ’n rol royal-blue fluweel. Dankie tog, Mr Cristal het haar onlangs uit Groceries na Haberdashery geskuif. Hy mag sy foute hê, maar hy het darem besef sy sou in haar element wees hier tussen die opmaakgoed vir kleremakers, die rickrack en ander haberdashery.

      Waar sy eintlik die heel graagste wil werk, is die klereafdeling waar kouse, hoede en stukgoed verkoop word. Graag sal sy een van die winkelpoppe will dress in ’n Lystar-gesponne rayon-tabberd of vertoonkamer-onderklere aan hulle porseleinlywe wil pas. Die meisie wat daar werk, het juis kom vertel dat hulle so pas van die nuutste verslankingsgordels met bypassende buustelyfies ingekry het. Maar, sê sy met ’n knipoog, sy gaan nie die winkelpoppe daarmee dress en hulle meisies se geheime verklap nie.

      Nietemin, om in die materiaalafdeling te werk is vir Poppie naasbeste. Kleremakers kom vra dikwels vir materiaalmonsters en dan knoop sy geselsies met hulle aan oor die modes. Sy en Sussie Anna het albei ’n voorliefde vir mooi, dienlike klere in die nuutste style. Het hulle dié neiging by hul ma geërf? Watse werk het hulle ma ooit gedoen?

      Gelukkig het hulle vier Nienaberkinders darem almal werk gekry. Sussie Anna het ná matriek ’n goeie pos gekry by meneer De Witt, ’n prokureur op Bethlehem. Jannie werk in die weeshuis se kantoor. Nic, wat nog altyd wou boer, is ná standerd agt Brits toe, waar hy nou bywoner op ’n plaas is.

      Poppie het ná standerd agt dadelik in Mr Cristal se winkel begin werk. As haar versorgster het Sussie Anna spesiale magtiging gekry dat haar kleinsus by haar in die losieshuis mog inwoon totdat sy mon­dig word. Nou is Poppie al twee-en-twintig, en Sussie Anna kan gerus ophou om soos ’n moederhen oor haar te waak.

      Sy klim af en skuif die leer ’n entjie aan, klim weer op. Dis nie net dat Sussie Anna haar so oppas nie, maar haar ousus is so blerrie geheimsinnig oor alles. Veral oor hulle kinderdae. Wat sy nie weet nie, is dat Poppie ’n paar jaar gelede een middag vir Jannie in die weeshuis­kantoor gaan kuier het. Die kantoor was leeg. Sy het haar kans waargeneem en in die liasseerkabinet gesoek tot sy hulle Nienabers se opnamevorms gekry het, een vir elke kind.

      Dit was soos ’n goudmyn! Sy het skelm al die besonderhede afgeskryf. Nou weet sy darem haar ouers was wettig getroud. Een seun­tjie, Hennie, net mooi in die middel tussen Jannie en Nic, is dood aan kroep. Hulle gesin se gemiddelde inkomste was £1-10s die maand.

      Haar pa was reeds sewe jaar dood toe hulle weeshuis toe is. Haar ma het goed na hulle gekyk en hulle van God geleer – so het dit daar gestaan. Haar ras Europees, nasionaliteit Dutch en geleerdheid st. 2. Albei ouers was lidmate van die NG Kerk. Dokter Cornelis van Nie­kerk van Steynsrust het ’n brief geskryf waarin hy gesweer het die Nienaberkinders is almal blakend gesond – gesond genoeg om wees­huis toe te gaan. Konstabel J.H. Nel van Posbus 9, Steynsrust, wat beide ouers geken het, het dié feite bevestig.

      Alles heeltemal beskaafd en bokant die belt, so watse geheimdoenery is dit met Sussie Anna?

      Poppie skrik toe Mr Cristal iewers agter in die winkel hoes. Netnou sien hy sy staan hier en niksdoen. Sy stut haarself teen die rak om ’n rol pikee onder die stapel materiale uit te trek. Die blou blommetjies, verhewe bo die wit agtergrond, laat die lapgoed so koel en vars lyk. Dit sal ideaal wees vir ’n bloese. Sy rol ’n stuk van die materiaal af en hou dit voor haar terwyl sy heen en weer draai sodat die lig van die daklamp dit kan vang.

      Só betrap Mr Cristal haar.

      “Nei, dit sal nie deug nie, Miss Nienaber!” raas hy dadelik. “Dis nie die tyd en plek vir ’n fashion parade nie, veral nie bo-op ’n leer nie. Het jy nie ander werk nie?”

      “Ja, Mr Cristal,” sê sy en klim vinnig van die leer af.

      Hulle het juis vanoggend woorde gehad, en hy bly maklik ’n dag lank nukkerig as sy dit waag om teë te praat. Eintlik behoort sy hom al te ken: sy blaf is erger as sy byt. Maar sy val elke keer daarvoor. Vanoggend sê hy uit die bloute die winkel gaan Dingaansdag oop bly, want hy sien nie hoekom hy die winkel moet sluit vir die Boere se vakansiedag nie. Die Gelofte het niks met hom te make nie, hy is ’n Jood uit Litaue.

      Sulke opruiende praatjies! Sy het haar onmiddellik so vervies dat sy die wag voor haar mond weggeneem het. “Maar op Rosh Hashana en Yom Kippur is al die Joodse winkels gesluit. Lank voor die tyd vra Mister my al om ’n kennisgewing op die deur te plak dat ons gaan toemaak.”

      Waar het sy die koerasie vandaan gekry om teë te praat? Gewoonlik is sy te verskimmeld.

      “Dis mý biesagheid en ek kan maak soes ek wil. Julle kry ekstra vakansiedae op ons heilige dae,” het hy ongevoelig gesê.

      Van toe af was hy suur, asof hy nie die beste daarvan afgekom het nie. En nou sukkel hy sowaar weer met haar.

      Maar sy kry dit reg om haar lippe opmekaar te pers en haar mond te hou. Sy gryp die besem wat in die hoek staan en begin so driftig voor sy voete vee dat hy moet tru staan en amper ’n mandjie breiwol op die vloer raak trap. Sonder ’n woord draai hy om en loop terug na Groceries.

      Sy maak die besem teen die muur staan, spyt oor haar opvlieëndheid. Die tong is ’n nat ding wat maklik gly, dis waar, maar háár tong gly soms haar verstand skoon verby. As Sussie Anna nou hier was, sou sy haar herinner het dat die winkel altyd op Dingaansdag toe bly, want Mr Cristal weet goed hy is afhanklik van die boere se goedgesindheid.

      Ai tog. Was sy maar verstandig soos Sussie Anna … Haar ousus is knap met alles, ’n vrou wat kan raakvat. Sy kan die Underwood-­tikmasjien se toetse slaan dat dit blink strepe deur die muwwe kantoor­lug kerf; sy kan klere maak en koek bak, koeke wat rys en nie in die pan vassit nie.

      Poppie gaan kry ’n bak water, gooi ’n bietjie spiritus in, maak ’n lap nat en begin die toonbank se glasblad opvryf. Eendag as Sussie Anna haar eie huis het, sal sy ’n uitstekende gasvrou wees. Sy sal Poppie vir ete nooi en die tafel dek met ’n spierwit tafeldoek van Irish linen. Daar sal blomme op die tafel wees, keurig gerangskik. Die stoele en banke in die sitkamer sal antimakassars op die rugleunings hê om dit teen die mans se koppe vol haarolie te beskerm.

      Poppie is nie handig of verstandig nie. Maar sy kan jaartse lint, sis, sy en popelien sekuur afmeet teen die metaalmaatband wat op die lang houttoonbank vasgeskroef is. En sy kan goed skat: ’n jaart is van jou neuspunt tot by die punt van jou langste vinger, en ’n el is van jou vingerpunte tot by jou rok se skouernaat.

      “Maar in die winkel vra niemand gelukkig ooit elle van enigiets nie,” het sy die afmetery eenkeer vir Faan verduidelik. Nou noem hy haar ’n elleridder, die stuitige man.

      Partykeer het sy sommer lus en bedank haar werk, doen iets nuuts of trek na ’n ander dorp. Die Segals het ’n winkel op Senekal. Moet sy nie hoor of Mr Segal vir haar werk het nie? Corrie en Lukas van Zyl, Sussie Anna se vriende, sê lankal sy moet Senekal toe kom en by hulle loseer. Hulle het ’n leë kamer en soek nog ’n loseerder.

      Wie weet, miskien kan sy nog in Segal’s se klere- of skoeneafdeling werk. Sal dit nie ’n wonderwerk wees nie? Maar alleen Senekal toe? Sal sy ooit sonder haar ousus regkom?

      Dié СКАЧАТЬ