Asbesmiddag. Etienne van Heerden
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Asbesmiddag - Etienne van Heerden страница 7

Название: Asbesmiddag

Автор: Etienne van Heerden

Издательство: Ingram

Жанр: Контркультура

Серия:

isbn: 9780624068747

isbn:

СКАЧАТЬ hy. “Daar is geen ander maatskappy nie, Professore.”

      Giuseppe bied hom ’n koppie koffie aan tesame met ’n Italiaanse beskuitjie wat hy die vorige aand self gebak het. Hy verduidelik aan die skrywer hoe hy die neute versigtig by die deeg ingevou het.

      “En jy, Sylvia?”

      Sylvia het eweneens dadelik ’n antwoord reg. “Ek vat ’n makeover,” sê sy. “Soos op TV.”

      “Wat maak jy dan oor, Sylvia?” vra Giuseppe guitig. Dit ontgaan Maria nie.

      Sylvia lig haar hande na haar borste. “Alles.”

      Die skrywer draai na Maria. “En jy, Maria?”

      Haar woorde is aan hom, maar is eintlik gerig aan Giuseppe. “Ek sal ware liefde koop,” sê sy en gooi ’n skalkse blik na die skrywer.

      ’n CD word uitgesoek en begin speel. Verdi, L’Elixir d’amore.

      “En jy, Professore?” vra Giuseppe. “Wat sal jý koop?”

      “Ek wil nie geld hê nie. Ek benodig verrassings, elke liewe dag van my lewe. As geld verrassings vir my kan koop, dan vat ek die geld. Maar ek dink eintlik geld kan net konvensie koop. Geld is net belangrik as jy dit nié het nie. Wanneer jy dit eers het, is dit van geen belang nie.”

      Hy het dit oor die radio gehoor.

      “A!” sê Giuseppe. “Die Professore is reeds ’n ryk man!”

      “ ’n Skrywer, Giuseppe? Ryk?”

      Sy skrywersgenerasie is anders as die jonges deesdae, wat in die gety van materialisme totaal openlik is oor hul geldlus. In sy tyd het hulle geld ontken. Sý geslag het ontkiem in die teenkultuur van die 1960’s, en het in mindere of meerdere mate geflankeer met die Marxisme. Woodstock, hippies, flower power. Vir hulle – so sê hulle altyd – stink geld. Alhoewel hulle natuurlik vies is vir diegene wat dit wel het, en jaloers is daarop.

      “Watter soort verrassings?” vra Maria waar sy die botteltjies sjampoe en invryfmiddels aan die rangskik is.

      “Onverwagse eindes. ’n Woord wat ek nooit kon voorspel het nie. ’n Karakter wat skielik ’n groot sprong gee.”

      “Jy lieg, Professore,” sê Giuseppe skelm. “Almal wil geld hê. En ook jý wil die Doktor se geld hê.”

      Dit sou in orde gewees het as hy dit grappenderwys gesê het, maar ondanks sy ligte aanslag sien die skrywer ’n harde en bitter trek om Giuseppe se mond.

      Miskien, dink hy, hou Giuseppe glad nie van my nie. Eenvoudige mense soos hy vind mense soos ek dikwels pretensieus. En dalk ís ek. Maar ek voel nogtans dat hy nou te ver gegaan het.

      Hy sit onder die Italianer se skêr met sy hart wat in sy bors hamer. Die dolksteek is nie die akkurate waarneming dat geld vir almal, ook vir hom, die skrywer, belangrik is nie. Nee, dis eerder Giuseppe se stemtoon en die kyk in sy oog.

      Daarmee verloor die skrywer hierdie veilige hawe, waar die rolle tot nou toe versigtig gedefinieer was.

      Miskien, dink die skrywer, sien Giuseppe opera in alles wat hier gebeur. Met sy Sisiliaanse bloed en straatslim kennis van die wêreld is hy nogtans deurdrenk met Italiaanse musiek. Hy ken sy opera goed; vir hom is opera klaarblyklik soos die sepies waaroor Sylvia en Maria graag klets. Dalk dra ons verf aan ons gesigte, en is Sylvia se hande rooi van bloed. Miskien, net miskien, sing ons in skril, desperate stemme.

      Nukkerig besluit die skrywer om sy volgende weeklikse besoek te laat vaar.

      Maar hy kan nie nalaat om ’n week later plek in te neem by ’n kafeetafeltjie digby die sentrum nie. Dis die dag waarop die swart Mercedes normaalweg met die straat afgegly kom, verby die blommestalletjie en die munisipale parkeerarea, sy weg versigtig aan die baan om nie ’n haastige student of ’n winkelganger om te ry nie.

      Die skrywer dra sy donkerbril, omdat hy bang is dat die Doktor hom dalk kan eien waar hy hom sit en dophou. As skrywer had hy sy ervaringe, en hy is oortuig daarvan dat die ou heer in sy lang loopbaan, van plattelandse seun tot wêreldburger, veel meer ervaringe gehad het. Daar is baie mense wat afgunstig is op hul plekkie in die skaduwee, en daar is nog meer wat opsuiker na mense soos hy, die skrywer, en die Doktor, die magnaat – niksnutte met planne van hul eie.

      Vir iemand wat in die sleurstroom van soveel publisiteit werk aan sy skaarsheidswaarde, is hierdie uitgestalde posisie by ’n sypaadjietafel natuurlik geen goeie idee nie. Maar die skrywer kan goed sien van waar hy sit: die sentrum; die parkeerplek waar die Benz altyd ingly; die donker gleuf onder die gebou na Giuseppe se salon.

      Oor die Doktor en sy verhoudinge met mense sleur die gety eweneens die bamboeskoppe heen en weer. Eenkeer het ’n man veel ouer as die skrywer, ’n kêrel wat sy beroepslewe in diens van die Doktor geslyt het (in sy eie woorde: “nie as werker nie, maar as volgeling, want so is die Doktor maar”), hom vertel dat die magnaat se indiens­nemingspraktyke lojaliste lewenslank aan hom gebind het. Hy’t naamlik vroeg in sy loopbaan ’n gewoonte daarvan gemaak om erg talentvolle mense te huur wat dit nie op universiteit kon maak nie. Ingebind by dié man wat hulle ná mislukking in die vormingsjare ’n kans gegee het, het hulle hulself lewenslank probeer bewys.

      Die skrywer het dadelik die werkswyse van die romansier herken. Hy het besef dat die Doktor ’n oog had vir die dinge wat die mens knel en beweeg, vir die masjinerie van skatpligtigheid en mag. Neem ’n skrander man wat in sy jeug misluk, gee hom verantwoordelikheid, ’n goeie pos, ’n titel, en die verhaal begin ontvou: hy is tot aan die einde van sy dae jou slaaf.

      Jy is die werkwoord in sy lewe.

      Dáár lê storie, het hy gedink, terwyl die ouer man bitter gekonstateer het dat niks onder groot bome groei nie. Had die voormalige lojalis die Doktor lief, of haat hy hom? Die skrywer kon sien dat die man self nie weet nie.

      Hy sit hier by die tafeltjie op die Donderdagmiddag, en hy dink aan die Doktor wat beroemd is daarvoor dat hy steeds daagliks sy weg vind na sy kantoor, al is hy diep in die tagtig en al ly hy aan allerlei mankemente. Hy het nog dieselfde kantoor wat hy al die jare gehad het, al het sy empire oor die hele aardbol uitgewaaier. Hy is ’n diskrete, omsigtige man.

      Onder die skrywer se blik kom die swart sedan met sy gerookte vensters statig die straat af en stop voor die sentrum. Nadat hy geparkeer het, help die chauffeur die Doktor om uit te klim. Die ou man is krom van die rumatiek en kom met moeite uit die sitplek regop. Stadig word hy oor die straat na die ingang gelei. Die man wat eens lang treë in die gange van mag gegee het, die lieflingseun van die Karoo wat later prinse en sjeiks bevriend het, skuifel geboë aan die arm van ’n chauffeur na ’n armoedige salonnetjie waarvan min mense in hierdie statusbewuste dorp weet.

      Onbewus daarvan dat ook hy dopgehou word, sit die skrywer diep ingedagte. Nes ek, dink hy, is die Doktor ook die knoper van verhaaltoue; ’n intrigant. Hy vleg storielyne. Ook hy het karakters sy gemoed sien instap en hulle gegryp om sy groot verhaal op die doek van die wêreld te skrywe. Nes hy weet geen romansier wat die slot van sy verhaal gaan wees nie. Jy weet net dat die magte wat jou karakters dryf, seker is van hul rigting. Hulle sal jou lei na ’n konklusie, ’n knal, na Joyce se epifanie – die oomblik van klaarheid en begrip waarin alles sal terugkaats en jy, soos Nadine Gordimer gesê het, in die flits van die lig sien.

      En mag ek byvoeg: en jy nog blinder word, dink die skrywer.

      Hoe sal die Doktor se СКАЧАТЬ