Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Etienne van Heerden
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die biblioteek aan die einde van die wêreld - Etienne van Heerden страница 29

Название: Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Автор: Etienne van Heerden

Издательство: Ingram

Жанр: Контркультура

Серия:

isbn: 9780624089223

isbn:

СКАЧАТЬ

      Thuli se mes sit nog tussen Ian se ribbes en die geur van Elizabeth se parfuum aan sy vingers toe hy met die loopgang na die KLM Airbus stap. Asof sy dit al lankal aan’t beplan is, het Thuli dit behendig laat ingly tussen twee ribbes. Daar sit die lem terwyl hy stap.

      En of Elizabeth se honger vir hom troos was, weet hy nie. Soms is dit sulke tye met haar asof jy broek op die knieë oor ’n afgrond staar. Só dink Ian meewarig terwyl die passasiers stadig die vliegtuig inskuifel.

      Toe hy met die gangetjie af beweeg, sit sy medepassasier al vasgegordel in sy sitplek. Tot Ian se irritasie is die man sy lang ledemate aan’t invou in die paadjie-sitplek waarvoor Ian by die inweegtoonbank gevra het. Dis ’n lang man met ’n groot haakneus. Hy’s te lank vir ’n sitplek in cattle class. Miskien ses voet vier. Dis ’n geopinioneerde neus, dink Ian, in geen luim om homself voor te stel en die nag deur te klets nie. Toe hy nog ’n starter traveller was (hy pas Thuli se frase oor starter housing aan, dink hy meewarig), het hy ook op lang nagvlugte verval in biegsessies met wie hulle ook al langs hom bevind het, welwetende dis iemand wat hy nooit weer sal raakloop nie.

      Maar deesdae. Nee.

      Ian kyk na sy instapkaart. Inderdaad die middelste sitplek. Dit was sy ongeduldige opmerking by die inweegtoonbank dat die tou asseblief vinniger moet beweeg wat aan hom die middelste sitplek besorg het. Ondanks sy versoek om teen die paadjie te sit.

      “Luister. Vergewe my, maar ek sal vannag baie moet opstaan.” Ian beduie na die vliegtuig se stert en buig na die lang man se oor. “Blaasontsteking.”

      Die man kyk na Ian. Ian beweeg sy oë na die middelsitplek. “Gee u om?”

      “O. O.” Die man dink vir ’n oomblik en vryf oor sy neus. “Okay!”

      Hulle skik hul vere reg vir die langpad. Mettertyd word die treurige aandete voorgesit. Klein porsies ingepers in bakkies wat met foelie bedek is en wat Ian sukkel om oop te maak, onpraktiese plastiekgerei, ’n messie wat buig wanneer Ian daarmee wil sny.

      ’n Koppietjie, veerlig en van dun plastiek, net genoeg vir ’n slukkie. Ian sit en kyk na die taai pastatjie wat vasgelym sit in droë sous.

      Sy reisgenoot val egter gulsig weg, sy neus hang nes ’n aasvoël se snawel oor die verskuiwende skinkbordjie.

      Thuli.

      Ian dink: Is ek dus die res van my lewe in ’n staat van beskuldiging?

      #

      Dis lank ná die ete, en ná meer wyn as wat op ’n nagvlug gesond geag word, dat Ian se eie stem hom laat wakkerskrik. Hy het gesit en dut.

      “Valliste.”

      “Wat was dit?” vra die man langs hom, en draai sy kop na Ian.

      “O. O, ek is jammer. Dis sommer …”

      “Jy’s ’n lektor.”

      “Nee. Student.”

      “Valliste.”

      “Ja.”

      Ian besluit om die aandag na sy reisgenoot te skuif. “En jy?”

      “Plastiese chirurg,” kondig die man aan met die genoegdoening waarmee sommige beroepslui hulself voorstel. Kennelik het hy terwyl Ian ingesluimer het stilweg nog ’n rooietjie of twee bestel.

      “Jou beroep?” vra die chirurg.

      “Prokureur,” antwoord Ian.

      En daar gaat die man, klaarblyklik ’n raconteur.

      Een somersoggend, vertel hy, in die Kaapstadse Waterfront, sit hy op ’n terras voor ’n koffiewinkel. Hy knipoog na Ian. “Ek is ’n man vir mooi vroue.” Hy sien daardie oggend ’n mooi jong vrou oor die plaveisel tussen sy terras en die hawemuur stap. Sy stap weg van hom en soos sy gewoonte is, “hou ek haar dop en doen ’n vinnige opname van hoe ek haar sou kon verbeter”. Toe Ian verras na hom kyk, knyp hy sy neusvleuels tussen duim en voorvinger. Iets wat hy aanhoudend tydens die nagvlug sou doen. Knyp. “Dis my beroep, nie waar nie?” Knyp. “Jy hoor my?”

      Sy’t pragtige bene, bevind hy daardie oggend op die terras. Ook ’n mooi Italiaanse gesig. ’n Florentynse neus (en hy tik glimlaggend met sy vingerpunt teen sy eie spoggerige neus), sy’t mooi kuite en pragtige blink hare. Tot op haar skouerblaaie. “Sy’t ’n nogals aantreklike manier van stap. Hups-hups! Asof sy marsmusiek hoor. Miskien nie die mees vroulike stappie nie, maar feisty – soos die Engelse sê. Sy skarnier haar voorarms, van die elmboog op. Links-regs! Oempah!”

      Ian knik.

      “Miskien nie die mees sexy stappie nie. Maar feisty.” En hier, vir effek, wag hy. “Maar.”

      “Ja?”

      “Maar daar was ’n probleem met haar popliteale fossas.”

      “Jammer?”

      “Die twee oë op haar agterbene.”

      “Die wát?”

      Die plastiese chirurg lag. “Moenie sleg voel dat jy nie van hierdie verrukking weet nie. Min mense weet wat ’n popliteale fossa is. Luister. Die voorste deel van die betrokke gewrig het ’n naam wat ons almal ken. Die knie. Maar die agterste deel van die knielit is, wat die meeste mense betref, naamloos. Wanneer jou bene gebuig is, is hulle weggevou. Wanneer jy byvoorbeeld sit, soos ons nou, is die fossae onsigbaar.

      “As jou bene egter reguit is, is dit daar vir almal om te sien. ’n Interessante velpatroon. Soms lyk dit soos die letter H.

      “Of by sommige mense nes ’n oog in ’n boomstam. Of ’n vlek.

      “Maar altyd simmetries.”

      Ian is verras deur die chirurg se poëtiese stelwyse. ’n Boek, miskien? ’n Nuwe outeur vir Elizabeth se publikasielys? Iets anders as die skielike vlaag boeke oor politiek en misdaad?

      Plastiese chirurgie! Body alteration, in hierdie tyd van image crafting; hierdie tyd van whiteness en wieweetwatnog. Van deugaktiviste en selfaangestelde, skimagtige makelaars van verontwaardiging wat die internet polisieer. Van con queens en clickbots en pseudo-realiteit, samesweringsteorieë en die diepstaat!

      Die chirurg-as-raconteur het definitief knap tydsberekening. Hy kyk oor sy skouer, asof hy die lugwaardin verwag. Sy voutafeltjie is oop en sy vingers trommel daarop nes die bene van ’n spinnekop.

      Ian voel duiselig. Hy het nog nooit werklik opgestaan van daardie toiletdeksel nie; in sy gemoed is hy steeds die slagoffer van Elizabeth met die kloppende slagaar teen haar slaap. Dis donker buite, maar voor sy geestesoog is die lug rooi en die strate aan die brand. ’n Kruitreuk hang oor die stad en alle vreugdes het die wyk geneem. Hy sien, ná middernag, ’n ruiterlose perd deur die verlate Adderleystraat afgalop. Hy sien, in helder sonlig, ’n horde mense op die sypaadjie wat ’n sakkeroller jaag. Hulle vang hul prooi, trek hom kaalgat uit en laat hom voor hulle uitmarsjeer deur die strate.

      Ian slaap nie, nóg is hy wakker. Die reënboog brand. Sy bloed is vervloek. Die heli kantel. Rat-a-tat-a-tát!

      Hy СКАЧАТЬ