Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT. Alta Engelbrecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht страница 8

СКАЧАТЬ Hein op hulle afkom. Amory kan skaars verder loop, weens die feit dat sy nie haar pille kon drink nie. Hein ruk die brief uit wat hy tussen Amory en haar ma onderskep het. Hy vertel aan Basson sy pa het vir Amory betaal om te doen wat sy vir hom doen. Basson oorreageer uit skok en beskuldig Amory daarvan dat sy net soos ander meisies is, wat net agter sy geld aan is. Hein dreig dat Basson vir hom ’n gedeelte van sy erfporsie moet gee, anders sal hy Amory nie vrylaat nie. Hy druk ’n pistool teen haar kop. Op die laaste oomblik kom Dawn en Lennon aangejaag en bevry hulle van Hein. Dawn skiet Hein se een motorband stukkend sodat hy nie weer agter hulle aan kan kom nie. Terwyl hulle met Amory hospitaal toe jaag, begin die begrafnis al amper. André wag senuweeagtig buite die kerk op Basson. Toe hulle uiteindelik by die Groote Schuur-hospitaal aankom, neem die mediese personeel oor en Basson gee hom aan sy emosies oor. Hy huil en besef geld is nie die belangrikste ding op aarde nie. Alle gedagtes aan sy pa se begrafnis en die ultimatum dat hy dit moet bywoon, is vergete. André gee intussen die teken dat die begrafnis kan begin. Die klimaks is die gedeelte waar hulle wel vir Amory lewend by die hospitaal kry. Weer kan gesien word hoe verstrengel die krisis en die klimaks is. Die krisis is die botsing met Hein en dit veroorsaak die oomblik van waarheid tussen die twee hoofkarakters en hul reaksie daarop. Die hoogtepunt (klimaks) eindig in die veiligheid van Amory.

      Leestoets: Hoofstuk 39−45

      Eerste Addisionele Taal en Huistaal

      Sê net of die volgende stellings waar of vals is. Maak ’n regmerkie of ’n kruisie in die blokkie langs die nommer.

      1.Hulle loop Kaap toe omdat Basson betyds by die begrafnis moet wees. □

      2.Hein ry in ’n sirkel om hulle. □

      3.Dawn en Lennon het die Anglia gesteel. □

      4.Amory het ’n oordosis pille gedrink, daarom is sy so swak. □

      5.Hein eis Basson se hele erfporsie. □

      6.Hein het die pistool teen Amory se kop gedruk. □

      7.Basson skiet na Hein, maar het hom per ongeluk gemis. □

      8.Die krisis is toe Dawn Hein se motorband stukkend skiet. □

      9.Die krisis is toe Hein hulle konfronteer. □

      10.In die brief wat Hein vir Basson wys, vertel Amory vir haar ma van die plan om Basson saam met haar op haar reis te neem. □

      11.Die krisis kom ná die klimaks. □

      12.Die Groote Schuur-hospitaal is in Knysna. □

      13.André dra weer ’n strikdas by die begrafnis. □

      14.Thomas Ndlovu kon nie by die begrafnis wees nie. □

      15.Die klimaks is tweeledig: Gaan hulle Amory betyds by die hospitaal kry en gaan Basson betyds by die begarfnis opdaag? □

      Afwikkeling en ontknoping

      Leestoets: Hoofstuk 48−56

      Eerste Addisionele Taal

      Kies een van die volgende woorde om in die oop spasies in te vul:

      sukses graf kans DVD hartjie vlieg ballonne Basson Lucky reëls Gerda kompas Meksiko hospitaal glasbak

      Net so naby aan mekaar soos die krisis en die klimaks, is die afwikkeling en die ontknoping. In hoofstuk 48−56 vind ons hierdie laaste fase in die intrige van hierdie verhaal. Dr. Scholtz verduidelik aan Basson dat Amory aan ’n seldsame hartkwaal ly en binne die volgende paar dae ’n noodoperasie moet kry. Daar is geen versekering dat die operasie ’n ________ sal wees nie. Basson se pa het haar in die hospitaal leer ken en onderneem om vir haar operasie te betaal. Dan bel André en hulle ontmoet mekaar by die begraafplaas. Die eerste keer in baie jare praat Basson werklik met sy pa. Hy besef hy het hierdie vermoë eers die afgelope paar dae geleer. Hy onthou ook hoeveel hy van sy ouers se liefde vir mekaar geleer het. Hy sit die draadblommetjie wat hy nog by _________ gekoop het, op sy ma se _______ neer.

      Die volgende oggend daag hy, moeg ná die reis, by Vecto Petroleum op. Hy sluit die hekke oop sodat die werkers kan inkom. Die werkers juig hom toe en dit laat hom voel dat hy werklik iets bereik het en hy besef dat hy gegroei het om die soort mens te wees wat hierdie maatskappy nodig het. Intussen is Amory se ma by haar in die hospitaal. Sy kyk na haar lysie en die blommetjie op haar enkel.

      Basson lees die laaste brief wat sy pa vir hom gelos het. Sy pa verduidelik dat hy Amory met haar emmerskoplysie leer ken het in die _____________ en haar gevra het om Basson junior saam met haar op haar voorgenome reis te neem. Sy wou nie instem dat hy vir haar operasie betaal nie, maar hy het daarop aangedring. Basson besluit om weer na die _____ te kyk wat sy pa gemaak het. Hierdie keer sit hy dit nie af toe dit klaar is nie en hoor Amory se stem wat sê (bl. 198): “Almal verdien ’n tweede________, oom, en ek dink dit is die mooiste ding wat enige pa nog vir sy seun gedoen het.”

      Die volgende dag, nadat hy die kontrak geteken waarvolgens hy die baas van die maatskappy word, sê André aan hom dat Amory om drie-uur daardie middag geopereer word. Hy besef sonder Amory sal hy steeds soekend bly en besluit om na haar toe te vlieg (en sommer sy vrees vir _________ te konfronteer). Die ___________ gaan nou oop. Binne is sy ouers se name en troudatum gegraveer. Hy besef “ware noord” is nie ’n plek of iets anders nie, maar iemand, en sy ma was sy pa se ware noord.

      In die hospitaal is daar nog ’n laaste item op Amory se lysie. Sy neem die ___________ wat Dawn en Lennon vir haar gebring het na die dak van die hospitaal en maak haar padkaart en die foto’s van ____________ daaraan vas. Op haar lysie staan: 8. Laat gaan. 9 . LEEF. 10. ? Sy besef sy sal vir Basson moet laat gaan. Dan storm Basson op die daktuin na haar toe. Hy vra waarom sy nie eerlik met hom was nie. Nadat hy klaar met haar baklei het, word die twee versoen wanneer Basson besef hoe hy voel en eintlik maar net moet sê wat hy voel, dis al. Dan gooi hy al die __________ wat hy voorheen aan homself gestel het, eenkant en sê hy soek haar nommer, wil die sleutels van sy huis vir haar gee, wil graag hê sy moet sê sy is lief vir hom, en het selfs al haar ma ontmoet. Daarmee verklaar hy dus sy liefde aan haar. Hy verander die vraagteken by nommer 10 toe in ’n __________.

      Tydens die operasie sit hy en ___________, Amory se ma, gespanne en wag en bid. Die laaste hoofstuk begin waar hulle in sy huis op die bank lê. Op die tafel lê ’n brosjure van ___________ en vliegkaartjies. Die spekboompie wat sy so vertroetel het, is nou in ’n ___________ en groei mooi. Hy hang die kompas versigtig om haar nek. Hy het sy ware noord gevind.

      Leestoets: Hoofstuk 48−56

      Huistaal

      Kies een van die volgende woorde om in die oop spasies in te vul:

      emmerskoplysie draadblommetjie foto’s spekboompie nommer vliegkaartjies sukses gegraveer intrige konfronteer hartkwaal begraafplaas noodoperasie gegroei iemand sleutels

      Net so naby aan mekaar soos die krisis en die klimaks, is die afwikkeling en die ontknoping. In hoofstuk 48−56 vind ons hierdie laaste fase in die __________ van hierdie verhaal. Dr. Scholtz verduidelik aan Basson dat Amory aan ’n seldsame _________________ ly en binne die volgende paar dae ’n _____________ moet kry. Daar is geen versekering dat die operasie ’n _________ sal wees nie. Basson se pa het haar in die hospitaal leer ken en onderneem om vir haar operasie te betaal. Dan bel André en hulle ontmoet СКАЧАТЬ