Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT. Alta Engelbrecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht страница 4

СКАЧАТЬ sy sin gekry het met net nog ’n vroueprooi. André wag hom in met die nuus van sy pa se dood en ook dat sy pa ’n DVD gemaak het waarna Basson moet kyk. In die DVD stel sy pa ’n ultimatum aan hom. Hy moet binne vyf dae in die Kaap kom vir sy pa se begrafnis. Indien hy dit nie doen nie, sal hy nie die 51 % erf waarmee hy Vecto Petroleum kan besit en beheer nie. Verder het sy pa vir hom ’n lys met opdragte gegee wat hy moet uitvoer voor hy in die Kaap aankom. In hoofstuk 8 word dit duidelik dat Basson probeer om nie aan sy pa se dood en die opdragte wat hy moet nakom, te dink nie. Later gryp hy ’n tas, jaag kantoor toe en kry die goue kompas wat sy pa vir hom gelos het. Daarmee aanvaar hy die uitdaging wat sy pa aan hom gestel het.

      Leestoets: Hoofstuk 7–8

      Eerste Addisionele Taal en Huistaal

      Sê net of die volgende stellings waar of vals is. Maak ’n regmerkie of ’n kruisie langs die nommer in die blokkie.

      1.Die oomblik wanneer Basson van Rensburg junior hoor dat sy pa dood is, was hy meer kwaad as hartseer. □

      2.Die motoriese moment verwys na die dag toe Basson senior vir André gesê het: “Maak die oproep”. □

      3.Toe Basson met die meisie (Sexy Bartender) in sy penthouse instap en vir André sien, het hy dadelik geweet sy pa is dood. □

      4.André se strikdas hang los toe hy die nuus aan Basson oordra van sy pa se dood. □

      5.In die DVD stel sy pa hom gerus deur te sê dat hy hom ten volle vertrou om die maatskappy te lei. □

      6.Sy pa sê aan hom dat hy nie daarin kon slaag om Basson reg groot te maak nie. □

      7.Sy pa sê dat Basson net altyd petrol op sy pa se vuur gegooi het, al het sy pa wat ook al probeer. □

      8.Hy dwing Basson om sy begrafnis by te woon, want hy is bang dat sy eie seun nie sal opdaag vir die begrafnis nie. □

      9.Basson erf al die aandele in sy pa se besigheid. □

      10.As hy nie daarin slaag om binne vyf dae in die Kaap te kom nie, sal hy slegs 49 % van die beherende aandeel in die maatskappy kry en nie meer 51 % soos voorheen nie. □

      11.Sy pa gee vir hom ’n volledige lys opdragte wat hy moet uitvoer by elk van die dorpe waar hy moet aangaan voor hy in die Kaap aankom. □

      12.Sy pa sê op die DVD dat hy sy karsleutels moet weggee aan iemand anders wat dit meer nodig het as hy. □

      13.Die DVD is deur ’n professionele videograaf verfilm. □

      14.Basson se pa sê aan hom dat hy en Basson se Ma weer slow-danceen bedoel daarmee dat hy en sy weer bymekaar is. □

      15.Basson senior se laaste woorde aan sy seun is: “Ek is lief vir jou, my seun.” □

      16.Basson senior het gehuil terwyl hy op die DVD met sy seun praat. □

      17.André is ’n prokureur. □

      18.Binne-in die koevert wat André vir Basson gee, is daar net ’n naam en adres. □

      19.Basson is so kwaad vir sy pa dat hy van die bekers op die tafel stukkend gooi. □

      20.Net voordat Basson by die kantoor uitloop, maak hy die kompas oop en binne-in staan: VIND JOU WARE NOORD. □

      Verwikkeling

      Die verwikkeling beteken dat vele dinge nou gebeur as gevolg van die aksie wat aan die gang gesit is. Ons kry meer inligting oor dit waaraan ons in die eksposisie bekend gestel is.

      In hierdie verhaal bestaan die verwikkeling uit drie fases:

      •Ons leer Basson ’n bietjie beter ken.

      •Amory kom in die prentjie.

      •Hein maak weer sy verskyning.

      Fase 1

      Leestoets: Hoofstuk 9–22

      Eerste Addisionele Taal en Huistaal

      Vul die ontbrekende woorde in om jou kennis van die storielyn in hoofstuk 9−22 te toets en vas te lê.

      In hoofstuk 9−11 stel Basson vir ________ in kennis dat hy die uitdaging aanvaar. Nou begin die reis. Vir Basson is dit bloot ’n taak wat so vinnig moontlik ­­­­­­­­­­­­­­­­_____________ moet word. Hy wil Vecto Petroleum besit en daarom moet hy doen wat sy pa sê. Van ’n innerlike reis (soos wat sy pa dit voorsien het) is daar in hierdie stadium nie sprake nie. Sy eerste opdrag is om ’n man met die naam Thomas __________ te soek in die informele nedersetting naby die pragtige dorpie __________ in die Oos-Vrystaat. Hy soek lank totdat hy ’n klein seuntjie, ________, wat aan hom ’n draadblom probeer verkoop, vra om hom te beduie waar Thomas bly. Toe Thomas besef wie hy is, word hy hartlik ontvang en toe vertel Thomas hom dat hy saam met Basson senior in ___________ studeer het en dat Basson se pa hom gevra het om vir hom ’n paar ___________ (vellies) te maak. Hy oorhandig ’n koevert aan Basson wat ontstellende nuus bevat: sy pa versoek hom om sy kar se _________ aan Thomas te oorhandig in ruil vir die geskenk van die skoene. Sy pa probeer hom hierdeur leer dat _______ nie alles in die lewe is nie en beslis nie die enigste manier om suksesvol te wees nie. Hoewel hy duidelik bitter ontsteld is hieroor, doen hy dit tog. Wanneer hy daar wegloop met die R50 se ____________ in sy broeksak, besef hy die eerste keer tog dat hy iets gedoen het wat ’n _______________ in ’n ander mens se lewe kan maak. (10)

      Fase 2

      In hoofstuk 12−15 loop hy in die pad af en probeer homself motiveer deur net aan sy _____ %-aandeel in die maatskappy te dink. Skielik trap hy in ____________ en verruil noodgedwonge sy duur ontwerperskoene vir die __________ wat heerlik loop, al wil hy dit nie erken nie. Dan sien hy die ou, klein Ford ___________ raak, maar net toe hy homself daarin begin tuis maak, roep ’n vrouestem na hom en toe hy omkyk, sien hy sy hou ’n _________ op hom gerig. Sy is mooi en hy begin dadelik met haar flankeer. Sy hou ’n _______________ na hom toe uit sodat hy die pap band kan omruil. Sy noem hom Verdwaalde Besigheidsman en verwys na haarself as ___________. Dit lyk asof hulle dieselfde siening oor verhoudings het en hy neem aan sy sal hom ’n geleentheid gee om saam met haar te ry, maar hy staan verstom toe sy ná hul gesprek ________ met sy tas. Vervolgens stap hy ____ kilometer tot by die eerste dorpie, waar hy haar kar by die __________ sien staan. Hy blaas haar kar se _____ af om haar terug te kry omdat sy hom in die stof gelos het. Hy stap na die Budget Car Hire toe, maar nie een van sy ________________ werk nie. Hy bel vir André, wat verduidelik sy pa wou hê hy moet by die ______________ ’n brief gaan haal (daarom het hy die silwer ___________ gekry). Die aanwysing is dat hy nie te _________ moet wees om vir iemand ’n _________ te vra nie. Hiermee wil sy pa hom weer daaraan herinner dat hy moet leer geld kan nie alles koop nie. Hy steek sy trots in sy sak en gaan vra vir Kettiemeisie ’n saamrygeleentheid ___________ toe. Toe sy huiwer, maak hy die voorstel dat hulle net daar ’n ______________________ moet hou wat sal bepaal of hy mag saamry of nie. Hy wen ________ en terwyl hy skiet, vra hy haar uit na haar motivering om Kaap toe te gaan. Sy antwoord net dit is die ____ na haar hart. Sy stel haarself voor as Amory en die twee vertrek saam Kaap toe. (20)

      Fase 3

      In hoofstuk 16−22 kom ______, die antagonis, СКАЧАТЬ