Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT. Alta Engelbrecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht страница 7

СКАЧАТЬ

      In hoofstuk 39-45 begin Basson selfondersoek doen. Hy wil steeds nie erken sy pa het die regte ding gedoen nie, maar sien homself vir die eerste keer eerlik. Hy besef hy het sy selfversekerdheid as ’n masker gebruik en skaam hom vir hoe hy voorheen meisies behandel het. Hy begin insien hy het reëls vir homself neergelê om homself te beskerm teen daardie alleenwees wat hy ná sy ma se dood ervaar het. Toe hy ’n blommetjie op haar enkel teken met haar kokipen, laat sy dit later tatoeëer en trek Doen iets “permanent” dood op haar lysie. Hulle is uitbundig en gelukkig en Amory hang onder meer by die venster uit en poseer vir ’n foto voor ’n padteken. Later speel hulle snap op die dak van die Anglia.

      By ’n piekniekterrein naby Knysna vaar Amory die winkels in, waarna sy Basson blinddoek en begelei na die piekniekplek wat sy omskep het in ’n klein Meksiko, kompleet met piñata, sombrero en ’n kaktus. Sy skink Tequila shooters en vervul daarmee Basson se droom om in Meksiko tequila te drink. ’n Heerlike, wonderlike soen volg … totdat ’n blou Volla verbyry en vir hulle toet. Nie lank daarna nie, staan dieselfde Volla met drie musikante langs die pad en Basson en Amory laai hulle met hul musiekinstrumente op om betyds by die kroegie waar hulle moet speel, uit te bring. Hulle ontmoet vir Lennon en Dawn, ’n sorglose hippie paartjie, met sterre in hul oë. Terwyl Amory by die toonbank staan, staan Hein skielik langs haar. Vir Basson sê sy dat dit haar stiefpa is. Sy probeer verder verduidelik, maar hy sê dat haar verlede nie vir hom belangrik is nie. Hulle slaap die aand op die strand nadat Dawn en Lennon hul kar beset het. Die volgende oggend is die kar en die hippies skoonveld. Verslae begin hulle stap, want dit is die dag waarop Basson in die Kaap moet wees. Hul tasse (en Amory se pille) is egter in die kar en sy begin swaar asemhaal.

      Leestoets: Hoofstuk 39−45

      Eerste Addisionele Taal

      Leidrade:

      Af:

      3.Op haar lysie trek sy dood: Doen iets_________________.

      4.Waar poseer sy vir ’n foto? By ’n ______________.

      7.Basson voel skaam omdat hy vroeër in sy lewe ’n hele houertjie vol ____________ van meisies gehad het.

      9.Amory lei hom na ’n plek waar mense _________ kan hou.

      10.Watter land sien Basson toe Amory die blinddoek van sy oë afhaal?

      12.Voorheen het Basson vir Amory gesê op sy eie wenslysie is dat hy graag in Meksiko __________ wil drink.

      13.Wat sê hulle toe hulle glasies klink?

      16.Basson trek die stok waarmee sy na die piñata slaan nader en toe ____ hy haar.

      19.Die man se naam is __________.

      Dwars:

      1.Wat teken Basson op Amory se enkel?

      2.Sy tatoeëer die blommetjie by ’n plekkie naby die dorp _______.

      5.Watter kaartspeletjie speel hulle op die dak van die Anglia?

      6.Hierdie afdeling van die roman se naam is die ___________ van Afrika.

      8.Toe sy ma dood is, het hy homself belowe hy sal nooit weer so _________ voel nie.

      11.Die sombrero op sy kop is eintlik maar net ’n ______________.

      14.Hulle slaan na die piñata (houer) sodat dit kan ________ en geskenkies kan uitval.

      15.Die piñata lyk soos ’n wit _______ met pienk maanhare.

      17.Watter soort ligblou kar toet toe hulle verby Basson en Amory wat mekaar soen, ry?

      18.By die kroeg waar die groep musikante speel, ontmoet hulle die hippiepaartjie Dawn en Lennon. Die vrou se naam is ________.

      20.Amory skrik toe ___________ skielik langs haar staan.

      Leestoets: Hoofstuk 39−45

      Huistaal

      Leidrade:

      Af:

      1.Basson begin dink oor sy lewe. Hy doen ____________________.

      2.Hy kry skielik skaam oor hoe hy ___________ in die verlede behandel het.

      5.In die pragtige ____________pas sit hulle op die dak van die Anglia en kaart speel.

      7.Wat alles laat die piekniekterrein soos Meksiko lyk? ____________ tjips,

      8.____________ shooters.

      10.’n Piñata is ’n houer wat soos ’n wit ponie met ____________ maanhare lyk.

      11.Hulle slaan na die piñata, want binne-in is ’n skatkis vol ________________.

      12.Voordat Basson haar soen, laat hy haar voel hoe sy hart _______.

      13.Die musiekmakers sê hulle speel “moderne emo glamrock-jazz”, maar Basson vra of hulle dan ’n ____________ is.

      14.Toe die groep begin speel, sê hulle dankie aan Basson en Amory wat hulle langs die pad opgelaai het. Hulle noem hulle ________

      20.Agterin die kattebak lui Basson se selfoon. Dit is _______ wat tevergeefs bel .

      Dwars:

      3.Sy trek op haar lysie dood: Doen iets “permanent”. Wat het sy gekry wat permanent is?

      4.Basson besef hoeveel hy al op hierdie reis gekry het en dink al wat hy nog verloor het, is sy ____________ en dit is eintlik maar net geld.

      6.Sy neem hom na die piekniekterrein. Wat doen Amory met hom voordat hy uit die kar mag klim?

      9.’n nagemaakte ____________.

      15.en _____________.

      16.By die kroegie raak hulle vriende met die _____________-paartjie Dawn en Lennon.

      17.Toe Hein daar aankom, breek ’n bar fight uit, hulle ontsnap en gaan saam met Dawn en Lennon na die ________________.

      18.Hulle slaap op die strand en ontdek die volgende oggend dat die ___________ weg is.

      19.Dawn en Lennon het egter net gery om __________ en muffins te gaan koop.

      Krisis en klimaks

      In hoofstuk 46-47 kry ons die gedeelte van die verhaal waarna alles tot dusver opgebou het. Die spanning tussen die karakters, die dreigende konflik … alles bou op tot hierdie “oomblik van waarheid” in die verhaal. Die klimaks СКАЧАТЬ