Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT. Alta Engelbrecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht страница 3

СКАЧАТЬ 339−43157−174Knysna; Meksikaanse piekniek; MaanligfeesKrisis44−46177−185Hein vind hulleKlimaks47−49186−191Betyds by hospitaal en begrafnis?Ontknoping en afloop50−56195−210Vind mekaar; saam in woonstel in Sandton

      Hier volg nou ’n kort opsomming van die verskillende fases van die intrige. Kommentaar sal ook, waar toepaslik, gelewer word op die verskille en ooreenkomste tussen die roman en die film.

      Eksposisie

      In die begin van die verhaal (in die roman word hierdie gedeelte Voor die tyd genoem) leer ons Basson van Rensburg junior en senior ken en kom agter dat hulle nie ’n goeie pa-seun-verhouding het nie. Ons leer ook baie vlugtig vir Hein en sy motorfiets ken.

      In hoofstuk 1 maak ons kennis met die 27-jarige Basson van Rensburg junior. Hy is aantreklik, ryk, suksesvol – en hy weet dit!

      In hoofstuk 2 leer ons sy persoonlikheid ken. Afgesien daarvan dat hy gesag afdwing (mense luister nogal wanneer hy iets sê), is hy duidelik ook ’n suksesvolle sakeman met ’n sakebrein en … kry hy wat hy wil hê. Sy selfversekerdheid grens aan arrogansie. Hy toon ook nie maklik emosie nie.

      In hoofstuk 3 leer ons Basson van Rensburg senior en sy assistent, André, ken. André is meer as net ’n werksassistent; hy is ook Basson senior se vriend en regterhand. In die hospitaal leer ons Basson van Rensburg senior ken as ’n suksesvolle sakeman, ’n reguit mens met ’n fyn sin vir humor. Hy is siek: nie net het hy ’n ligte beroerte gehad nie, maar hy sukkel ook met sy hart. Die dokter (wat ook uitgebeeld word as ’n vriend van hom) verduidelik dat hy moet opereer, maar Basson senior weier.

      Hoofstuk 4 stel ons voor aan die antagonis (die vyand van die hoofkarakter): Hein. Hoewel dit nie duidelik uit die eksposisie blyk waar hy in die storielyn inpas nie, leer ons hom vlugtig ken as ’n aggressiewe moeilikheidmaker. Sy voorkoms ondersteun hierdie beeld. Hy dra ’n koeël om sy nek, het baie tatoeëermerke, ’n snor en baard met ’n kaalgeskeerde kop. Die koerantopskrifte en TV-nuus waarna hy kyk oor Vecto Petroleum, maak hom net meer aggressief.

      Hoofstuk 5 fokus op Basson junior se los verhoudings met meisies, die duur sportmotor waarmee hy ry (’n Aston Martin). Ons kom weereens agter daar is spanning tussen pa en seun. Basson van Rensburg senior praat oor sy oorlede vrou en ons kom agter hy was baie lief vir haar. Uit Basson junior se reaksie lei ons af dat hy sy pa verwyt omdat hy net altyd gewerk het en nie tyd vir sy seun gehad het nie. Hulle verskil ook sterk oor die rol van tegnologie in die maatskappy. Basson junior wil mense-arbeid deur masjinerie vervang terwyl sy pa voel die mense in die maatskappy het gehelp om die maatskappy op te bou. Die maatskappy het daarom die verantwoordelikheid om finansieel vir hulle te sorg.

      In hoofstuk 6 woon Basson sy tien jaar lange skoolreünie by. Onemosioneel, statusbewus en sonder morele waardes maak hy sy verskyning. Hy begin dadelik met die meisie by die kroeg (Sexy Bartender) flankeer. Van sy skoolvriende neem aanstoot aan die dinge wat hy sê. Dit word duidelik dat hy slegs met vroue “speel”, bloot op die uiterlike gesteld is en net sjarmant optree sodat hy sy sin kan kry. Sy arrogansie word nou sterker as voorheen uitgebeeld.

      Ons moedig jou graag aan om, nadat jy ’n afdeling gelees het, die blitstoetse te doen wat oor daardie gedeelte handel. Moenie verder lees voordat jy nie die toets gedoen het nie. As jy nou hierdie kort toets maklik kon doen, kan jy aangaan na die volgende gedeelte. Die eerste blitstoets is vir EAT en die tweede vir HT, maar jy kan gerus albei probeer!

      Leestoets: Hoofstuk 1−6

      Eerste Addisionele Taal

      Kies uit kolom B die korrekte woord om by die aanhaling in kolom A te pas.

      •Soms verwys die aanhaling na iets of iemand, soms na die persoon wat dit sê. Ná die aanhaling word dit duidelik gespesifiseer.

      •Skryf in die laaste oop kolom die toepaslike antwoord (dus die letter) neer wat jy kies uit kolom B.

Kolom AKolom BAntwoord
1.Vryf daaroor soos karakters in ou fantasieverhale oor lampe gevryf het.(Waarna verwys dit?)a.Hein
2.“Een shaken en een stirred”(Wie sê dit?)b.Koeël
3.Die een wat alles aanmekaar gehou het.(Na wie verwys Basson senior hier?)c.Rapport
4.Om sy nek wieg dit aan ’n hangertjie.(Waarna verwys dit?)d.Tatoeëermerke
5.Jong Van Rensburg neem Vecto Petroleum.(Waar word dit gesê?)e.Kompas
6.Hy het ’n gly in mense wat vanne vir name het.(Wie het ’n gly in sulke mense?)f.Dr. Scholtz
7.(Knucle-dusters(Waarna verwys dit?)g.André
8.Die vermoë om aan te hou klop buite die liggaam.(Waarna verwys Basson junior hier?)h.Basson junior
9.“Ek is jammer dat jy sonder haar grootgeword het.”(Wie sê hierdie woorde aan Basson?)i.Hart
10.Welkom terug klas van 2004.(Waar staan hierdie woorde?)j.Korporatiewe masjien
11.“Ek sal dalk weer moet ingaan en ’n bietjie moet arbitreer”(Wie sê hierdie woorde?)k.Elaine
12.Hy is meer as net Basson se regterhand; het al soos familie geword.(Na wie word hier verwys?)l.Basson senior
13.“Dis hoekom ons by Vecto Petroleum mens met masjien gaan vervang.”(Wie sê dit?)m.Skoolreünie
14.“Grootste playain die geskiedenis van die skool.”(Wie sê dit?)n.Jannes
15.Spier in die lyf wat die hardste werk.(Na watter spier word hier verwys?)o.Sexy Bartender

      Leestoets: Hoofstuk 1−6

      Huistaal

      Kies uit kolom B die korrekte antwoord om by die beskrywing in kolom A te pas. Skryf in die oop kolom die toepaslike letter uit kolom B neer.

Kolom AKolom BAntwoord
1.’n Naald soek daarnaa.Basson senior
2.Hart wat nie ophou klop nieb.Jeremiades
3.Pa en seun verskil oor die rol hiervan in die maatskappyc.Slow-dance
4.Jong Van Rensburg neem oord.Basson junior
5.Ligte beroertee.Juffrou Beukes
6.Maatskappy waarmee Vecto Petroleum saamsmeltf.OILGRO
7.Basson senior is nie ’n man hiervoor nieg.Rapport
8.Basson junior se motorh.Hein
9.Dit is teen Basson junior se reëlsi.Kompas
10.Die Van Rensburg-maatskappy se naamj.Ware noord
11.Basson soen haar in die hysbakk.Mercia
12.Basson senior se kosbaarste besittingl.Tegnologie
13.Phillip se vroum.Vecto Petroleum
14.Strikdas en kruisbanden.Hart
15.Hy sien dit in homself: tweedehandsgeito.Elaine
16.Spier in die lyf wat die hardste werkp.Hangertjie
17.Koeëlq.Aston
18.27 jaar oudr.André
19.Amory se motors.Masjinerie
20.Basson se mat.Ford

      Die motoriese moment

      Die motoriese moment verwys na daardie oomblik wat die res van die intrige aan die gang sit. Dit is daardie een gebeurtenis wat die verloop van die verhaal verder bepaal. In dié roman en film is dit die oomblik wanneer Basson van Rensburg junior hoor dat sy pa dood is.

СКАЧАТЬ