Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT. Alta Engelbrecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht страница 5

СКАЧАТЬ is skielik ’n dreigende toon in die film. Intussen ry Basson en Amory na die __________________ dam. Sy bestuur en hy raak al rustiger, namate die mooi ______ ’n kalmerende invoed op hom het. Tog is hy geskok wanneer hy agterkom dat sy besluit het om net daar by die dam te oornag. Hy is gewoond aan weelderige verblyf, maar sy gaan doodgewoon aan om af te pak en die ______ op te slaan. Later, om die _____________, is die atmosfeer gemoedelik. Hy sien hoedat sy twee _____ sluk, maar steur hom nie daaraan nie. Sy sit met ’n lysie op haar skoot, wat sy verduidelik haar __________________________ is (bucket list) en sien hoe sy die eerste item daarop, Help ’n vreemdeling, _________________ en hy besef dit is omdat sy hom gehelp het. Die ______________ wat hy in die vuur gebraai het, steek per ongeluk sy broekspyp aan die brand en Amory gooi ’n bottel ________ oor hom om die vuur te blus. Hy vertel later aan haar een van die items op sy emmerskoplysie is dat hy graag in Meksiko wil __________ drink, asook dat hy ’n vrees vir _____ het. Amory slaap op die ______________ van haar Anglia, terwyl Basson binne-in die kar probeer slaap. Hulle flankeer liggies met mekaar en hy hou van die uitdaging om haar te probeer verlief maak op hom, omdat sy ________ as ander meisies is. Die volgende dag word hy wakker van haar wat op die _____ staan en die nuwe dag vier met ’n bottel ______________ in die hand. Hy sien die pragtige natuur en sy merk nog iets op haar lysie af wanneer daar ’n ster verskiet: Maak ’n ___________.

      Intussen is Hein aggressief op pad om ____________ te kom neem. André, weer, moet die ontstelde werkers kalmeer nadat Basson se plan om die ____________ deur masjiene te vervang na die ________ uitgelek het. Hoewel gefassineer deur Amory se andersheid en haar positiewe __________ van die lewe, dink Basson tog sy is ’n bietjie naïef omdat sy nog nie, soos hy, deur die lewe ontnugter is nie. Sy _______________ word pap. Amory merk op ’n mens moenie altyd op ________________ steun nie en haal haar padkaart weer uit. (24)

      Ontwikkeling

      Die volgende ontwikkelingsfases in die verhaal is nou die gedeeltes waar die spanning oplaai; soos dit in Engels beskryf word, the plot thickens. Dat daar interessante belewenisse voorlê vir Basson en Amory word gou duidelik, want Basson senior wil hê sy seun moet ’n hele paar lewenslesse leer alvorens hy die besigheid mag bestuur. Die konflik met Hein dreig ook al meer.

      Fase 1

      In hoofstuk 23−30 kom hulle op sy oom se plaas (Basie se plasie) aan. Ondanks die haelgeweer waarmee tannie Magriet hulle eers begroet, val sy hom om die hals wanneer sy besef wie hy is. Met hartlikheid word hulle ontvang en kort voor lank word Basson opgekommandeer om op die plaas te help. Hy word gewys hoe om skape te skeer, dra hooibale rond en hou kettieskietkompetisies saam met sy nefie. Tannie Magriet vertel vir Amory van die vliegongeluk waarin Basson sy ma verloor het. Daar is ’n gevoel van gemeensaamheid wanneer die hele familie op die stoep sit en vir Basson voel dit asof hy werklik tuis gekom het. Hy gesels besigheid met oom Basie, wat sy pa se siening oor masjinerie en mense-arbeid deel. Oom Basie gee vir Amory ’n brief wat hy van plan was om self vir Basson te gee. Basson verwyt weer sy pa vir die feit dat hy hom so afgeskeep het ná sy ma se dood, maar Amory antwoord dat almal ’n tweede kans verdien. Hy maak ’n snedige aanmerking dat sy “verdwaal” is, waarna sy hom antwoord dat sy ten minste nie agter geld en mure wegkruip nie. In die brief van sy pa herinner hy Basson daaraan dat ware rykdom by vriende en familie lê en daag hom uit om iets goeds vir iemand anders te doen sonder om iets terug te verwag. Terwyl Amory op die stoep sit en haar pille drink, vertel Basson haar dat hy nie graag weer sy pa wil teleurstel nie. Onder die tafelgebed vra hy haar met net sy lippe wat beweeg om verskoning.

      Leestoets: Hoofstuk 23-30

      Vul nou die volgende blokkiesraaisels in nadat jy die verskillende ontwikkelingsfases weer gelees het.

      Eerste Addisionele Taal

      Leidrade:

      Af:

      1.Hulle stop by oom Basie se _____________.

      2.Basson hou van geld, maar sy pa probeer hom leer dat ware ______________ by familie en vriende lê.

      4.Tannie Magriet se bynaam vir Basson ___________.

      5.Wat is die nefie wat so oud soos Basson is se naam?

      10.Oom Basie sê: Jy is net so sterk soos die ou ____________ en

      11.________ jou.

      13.Basson sê aan Amory dat hy nie haar fortune-cookie_______________ wil hoor nie.

      14.Noem die afskeidsgeskenk van oom Basie aan Basson.

      Dwars:

      3.Hy hou ’n kettieskietkompetisie teen sy ______________.

      6.Basson senior wou hê Basson moet hard op die plaas ____________.

      7.Watter soort bokkie sien Basson op die plaas?

      8.Magriet vertel vir Amory dat Basson se ma in ’n ___________________ dood is.

      9.Waar op die plaas het Basson junior se pa eersgenoemde se ma gevra om te trou? Onder ’n _______.

      12.Amory sê aan Basson almal in die lewe verdien ’n tweede ______.

      15.Noem die afskeidsgeskenk van Basson aan sy nefie, Piet.

      Leestoets: Hoofstuk 23–30

      Huistaal

      Leidrade:

      Af:

      2.Magriet kom uit die huis uit hiermee gestorm.

      4.Watter soort plantjie dra Amory saam met haar?

      5.Op die plaas moet Basson ______________ ronddra.

      6.Hy moet ook ____________ skeer.

      9.Basson sê ouer mense is óf bang daarvoor óf hulle spot daarmee. Waarna verwys hy?

      11.Dit was ’n trougeskenk van Basson se oupa aan Basson se pa en ma.

      12.Basson senior sê: Jou volgende opdrag het nie ’n ___________ nie, …

      13.… niemand gaan weet of jy dit gedoen het nie, maar ek wil jou ________.

      14.… om iets goeds vir iemand te doen sonder dat jy iets terug ____________.

      18.Wie bestuur toe hulle van die plaas af wegry?

      20.Met wat verewig Amory die kuier op die plaas net voor hulle ry?

      Dwars:

      1.Sy pa probeer Basson deur verskillende uitdagings ______ leer.

      3.Oom Basie noem vir Basson klein _____________ van Rensburg.

      7.Tannie Magriet sê Piet is hul eie ____________ se kind.

      8.Tannie Magriet sê dat Amory en Basson se ma albei ____________ was.

      10.Op bl. 115 is ’n spelfout. Basson sê aan Amory dat hy nie oom Basie se boereraad nodig het СКАЧАТЬ