Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT. Alta Engelbrecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Pad na jou hart Gr 10-11 HT en EAT - Alta Engelbrecht страница 6

СКАЧАТЬ wat aan die gang is, sê Basson vir Amory hy is jammer?

      16.Basson vertel vir sy twee nefies dat daar _____ rose (meisies) vir elke doring (man) is.

      17.In watter stad is daar so baie meisies, volgens Basson?

      19.Met watter vriendelike geluid groet hulle toe hulle van die plaas af ry?

      Fase 2

      Die fokus verskuif in hoofstuk 31−38 weer na Hein waar hy ná ’n onderonsie met die petroljoggie deur die CCTV-kameras kyk totdat hy Basson en Amory vind. Op pad deur die Vrystaat begin Basson en Amory al gemakliker optree in mekaar se geselskap. Hein daag by oom Basie se plaas op, maar tannie Magriet verwilder hom vinnig met haar haelgeweer. Amory raak aan die slaap en toe hulle by ’n padaansluiting kom, draai hy weg van Kaapstad af omdat hy ’n adres sien wat sy onderaan die kaart geskryf het. Hy besluit om nou daardie guns te bewys aan iemand waarvoor sy pa hom gevra het. Amory beskou dit egter nie as ’n guns nie, maar voordat hulle kan wegry, kom ’n vrou uit die huis gestap. Basson verneem dat dit haar ma is en Amory se stiefpa haar aangerand het, maar dat sy hom in die pad gesteek het. Sy kom dan ook agter haar ma het haar laaste brief nooit ontvang nie. Nadat haar ma gaan werk, begin Amory huil en Basson troos haar.

      Die volgende brief van sy pa neem hulle na Graaff-Reinet. Sy pa sê in die brief tyd is die kosbaarste besitting wat jy kan weggee en daar in die ouetehuis op die dorpie, waar sy oupa ook gewoon het, gaan maak hulle ’n verskil in die oumensies se lewe. Hulle speel kroket en skaak, en die matrone verander die saal in ’n bioskoop. Dit gebeur alles terwyl Hein steeds onheilspellend nader aan hulle beweeg. Ouma Poppie gee vir Amory ’n mooi rokkie uit haar jeugjare. Basson wys met sy hande hoe hy haar “afneem”, want Basson erken selfs teenoor homself dat hy verlief geraak het op haar, hoewel hy nog daarteen stry omdat sy sy eie reëls waarvolgens hy probeer lewe, omverwerp. Hy het die saal in die ouetehuis baie mooi omskep in ’n romantiese flieksaal en verstom hom aan hoe Amory elke oomblik van die film geniet. Wanneer oupa Jan en ouma Poppie skielik begin dans, huiwer hy nie om Amory se hand te vat toe sy hom vra om met haar te dans nie. Dit eindig baie amper in ’n soen, maar dan is die oomblik verby wanneer oupa Jan begin praat.

      Leestoets: Hoofstuk 31−38

      Eerste Addisionele Taal

      Leidrade:

      Af:

      1.Hein sien vir Basson en Amory op die ___________ by die petrolstasie.

      2.Hein gaan soek hulle by oom Basie se plasie, maar ________ verwilder hom met die haelgeweer.

      3.Basson draai weg van Kaapstad toe hy ’n _______ sien wat Amory onderaan haar kaart geskryf het.

      4.Hy wou haar net ’n ______ doen deur na die adres te ry.

      7.Wat wil Amory hê moet Basson dadelik doen toe sy wakker word en sien waar hulle is?

      8.Hy kom agter haar __________ het haar en haar ma aangerand.

      9.Amory kom agter haar laaste ______ aan haar ma het nooit daar uitgekom nie.

      13.Watter woord sê Basson vir oupa Jan om te wys hy het die skaakspel tussen hulle gewen?

      15.Sy lyk vir Basson so mooi dat hy haar met sy ________ afneem.

      16.Basson se pa het vir hom gesê ____________ is die kosbaarste ding wat hy kan weggee.

      20.Wat verf Amory in die kar terwyl hulle ry?

      Dwars:

      5.Hy vat haar egter onwetend na haar ______ toe.

      6.Amory se ma woon in ’n __________________ in Murraysburg.

      10.Basson en Amory gaan daarna na die tehuis vir bejaardes op die dorpie ______________.

      11.Die tehuis is reg oorkant die _______, ’n bekende baken op die dorpie.

      12.Hulle kuier lekker by oupa Jan en ouma ______________.

      14.Ouma Poppie gee vir Amory ’n mooi “vintage-” ___________ om aan te trek.

      17.Daarom reël Basson met die matrone om vir hulle ’n _____________ te wys wat hulle terugneem in tyd.

      18.Basson verbreek sy eie reël deur met Amory te ____________.

      19.Intussen is Hein steeds op soek na hulle, maar nou het hy ____________.

      Leestoets 2: Hoofstuk 31−38

      Huistaal

      Leidrade:

      Af:

      2.Na watter liedjie van Foto Na Dans luister Basson en Amory in die kar?

      3.Noem die dorpie waar Amory se ma woon.

      4.Waar werk Amory se ma?

      5.Vir die afgelope 117 maande het ma en dogter se enigste kommunikasie bestaan uit _____.

      8.Hulle speel teen oupa Jan en ouma _______.

      9.Basson sien in sy oupa se ou kamer ___________________ wat gewys het hoe Basson gegroei het.

      13.Basson wys vir die oumense ’n ou romantiese fliek met ’n ou ________.

      16.Die opgewondenheid onder die oumense word vergelyk met meisies wat wag dat die gordyne oopgaan by ’n _______________-konsert.

      19.“Dames en here, welkom terug by Radio Rumatiek!” Wie doen hierdie aankondiging?

      Dwars:

      1.Hy dreig die _________________ om Basson en Amory se foto te identifiseer.

      6.Basson se pa probeer hom leer wat die kosbaarste ding is wat hy kan weggee. Wat is dit?

      7.Basson en sy oupa se _______ titel staan nog steeds in Fraaiuitzicht, die tehuis vir bejaardes.

      10.Waardeur kyk ouma Poppie en Amory?

      11.Basson kry by oupa Jan ’n old school _______.

      12.Amory kry by ouma Poppie ’n vintage-__________.

      14.Watter reël verbreek Basson? Hy het homself belowe dat hy nie _______ nie.

      15.Amory kyk intens na die fliek. Basson voel _______ wanneer hy na haar sit en kyk.

      17.Amory neem ’n foto van Basson terwyl hy ___________ speel.

      18.Basson neem ’n kamstige foto van haar; hy maak ’n _________ met sy vingers.

      20.Waarom het Hein nog nie by hulle uitgekom nie? Gee net СКАЧАТЬ