Helse manier van koebaai se. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Helse manier van koebaai se - François Bloemhof страница 5

Название: Helse manier van koebaai se

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798155885

isbn:

СКАЧАТЬ twee dekades na die derde geval was daar weer iets wat mense aan Schorpioen herinner het. Dit was met die slagoffer van ’n elektriese skok. Hy het nie dadelik gesterf nie, hy was in ’n koma, en die hospitaalpersoneel het maar gedink hy yl toe hy sê iemand het oor hom gebuk en die woord ‘Houdoe’ in sy oor gefluister pas nadat hy die skok gekry het. Ander mense het egter twee en twee bymekaargesit en besef ons man is nog aktief.”

      “How does he operate?” vra Lana. “I mean, how do people get in touch with him? Say you want someone eliminated – how do you reach him?”

      Dis Sharpe wat antwoord: “They approach him by means of regular e-mail. We know this after a client of his boasted about the arrangement to a family member – before being shot the next day, probably by this Schorpioen guy, to shut him up. He operates by wordof-mouth, but people are discreet. Satisfied clients recommend him to friends who also require his services, and they send off an e-mail message, though we don’t know to which address. It might also change every now and then. When he replies, his mail is re-routed.

      “Before an e-mail is passed on, a re-mailer removes your name and address. So he knows who his clients are – he insists that they must use a regular, traceable e-mail address – but the clients don’t have anything on him, not even a fake address like one on Yahoo or Hotmail. He has proof that a contract has been taken out; he has his clients over a barrel and they can’t leave him high and dry at some point. In return for that they get the best service available. Because re-mailers are usually grouped together, those mails can hop all over the world before being delivered. They are impossible to hack into as well. Re-mailers are –”

      “I actually know how they work,” onderbreek Lana hom neutraal. “It’s part of every agent’s training.”

      “Of course. But so you see, he can’t be traced, he remains invisible. He takes on a job and gets paid for it, probably into a Swiss bank account, half of the money before the job and half afterwards. They must know better than to try and get out of paying the second half.”

      Steyn voeg by: “Niemand kan sê hoeveel moorde hy al gepleeg het nie. Dis ook moontlik dat ’n paar lande gerieflikheidshalwe al onopgeloste moorde op sy rekening wou sit. Maar dat hy al meer as twee dekades aktief is, is merkwaardig vir enige huurmoordenaar. Hy word gehuur, hy slaan toe, hy verdwyn. Twee weke gelede is ’n jong meisie en haar voog in ’n restaurant in Londen vermoor. Koelbloedig doodgeskiet. Sommige mense aanvaar dit was dié Schorpioen-vreksel se werk, maar daar’s geen bewyse nie, dis net nog ’n voorval.”

      “So niemand weet … Nobody knows what he looks like?”

      “No idea. So, you see,” en Clive Sharpe sprei sy hande, die een palm pienk en gesond, die ander rou geskuur, “we do have a problem. Or I do.”

      “Hoekom het jy ons ingeroep?” vra Steyn met ’n gebaar na Lana se kant. “Wil jy hê ons moet hom aankeer?”

      “No,” verras Sharpe hom.

      “Wat dan?”

      “I want you two to protect me.”

      4

      Horlosie

      Dis een-derde horlosie en twee-derdes speelding. Steyn se oog val outomaties daarop toe hy sy hand lig om die deurknop te draai, al weet hy gewoonlik vanself tot op die minuut hoe laat dit is. 15:34:37

      Hy glimlag. Dis nou sy tipe bykomstigheid, gelaai met ekstras. ’n Week of wat gelede is elke agent in Die Fabriek daarmee toegerus. Hy het opgemerk Sharpe en Lana dra ook hulle s’n, die model vir vroue ietwat fyner as dié vir mans, meer stylvol.

      Hy kan net dink hoe ingenome Lamla met so ’n speelding sou gewees het; hy kon ure lank gadgets sit en kleinkry. Steyn onderbreek die gedagte voordat die man se gesig dalk te duidelik voor hom opdoem, probeer sowel die goeie as die pynlike herinneringe aan sy vriend en mede-agent wegvee. Lamla “Lucky” Ngwema, dood in die uitvoering van sy pligte. In landsbelang. Terwyl hy eintlik maar net ’n interessanter lewe wou hê. Nes hý.

      Ek het dit nou, herinner Steyn homself. Soms glo ek ek het dit vir ons albei se part. Dis ’n veel geriefliker lewe ook, en hy kyk terug na die smaakvolle (so hoop hy) skilderye en duur (so weet hy) tapyt. Dis nie ’n luukse woning nie, maar hy sou baie duurder kon bekostig; hy verkies egter om hier te bly omdat hy nie meer as dit nodig het nie en deftige woonbuurte hom irriteer.

      En – laaste oorweging – hoekom groter gaan as dit net jy is?

      Hy verwens homself omdat hy altyd daardie gevaarselement soek, want hier is dan so baie afleiding, netjies bymekaar binne ’n klompie vierkante meter. Die mees aandagafleibare kind sou homself ’n dag lank hier besig kon hou. Op tye wanneer hy soos daai aandagafleibare kind voel en dié ruimte niks meer bied wat interessant is nie, hoef hy net op die rug van sy Kawasaki Cruiser te klim en te ry na waar die branders of kruine wink. Dis ’n wêreld van opsies en enigeen wat glo geld kan nie geluk koop, of die meeste van die tyd, of iets wat vir geluk deurgaan nie, het net nie die regte begroting nie.

      Opsie nommer een op die gadget-horlosie is vanselfsprekend om die tyd te lees, met daarby ’n stophorlosie, die datum en dies meer. Die ander opsies kry jy nie op winkelhorlosies nie.

      Al het hy dit reeds oor en oor getoets, kan nog ’n keer nie kwaad doen nie en hy sê: “Testing, testing, one-two-three,” terwyl hy sy linkerhand se middelvinger styf maak en twee maal inwaarts buig.

      Elke funksionaliteit verg ’n ander beweging – jy wil mos nie, as jy stilletjies ’n opname wil maak, ’n gas uitskiet wat iemand aan die slaap sit nie. (Vir dié aksie, as jy vermoed jy gaan dit gebruik, moet jy voor die tyd ’n teenmiddel neem as jy nie self uitgeboul wil raak nie.) Die gas word vrygelaat as jy jou pinkie wikkel, twee maal, uitwaarts. Dit kos oefening en dissipline, want jy wil nié net ’n terloopse handbeweging uitvoer en dan gebeur daar iets nie.

      Oefening en dissipline … Die beste speletjies verg dit almal.

      ’n Ander funksionaliteit het hy gisteraand verken, toe die bure se swart, arrogante wyfiekat weer ’n draai kom maak het. Haal jy die horlosie af, kan jy die rugkant oplig en lê daar drie klein pleistertjies binne-in. Steyn het nou nog net twee daarvan oor, want hy het die haartjies agter die kat se linkeroor oopgestryk en een teenaan die vel vasgeplak. Liggaamshitte, dis wat die tracking device nodig het om te kan werk. Toe die kat padgee, het Steyn homself vermaak deur haar bewegings in die buurt te volg op die straatplan wat hy met die druk van ’n knoppie op die horlosie se gesig opgeroep het. Daar was twee rooi kolletjies, een vir homself wat bewegingloos gebly het, en een vir haar waar sy eers by die dubbelverdieping op die hoek besoek afgelê het, toe by ’n huis een blok verder waar hondegeblaf oombliklik opgeklink het, ensovoorts, ensovoorts.

      Groot pret. Vanoggend vroeg het die kat weer kom inloer en kon Steyn die pleistertjie agter haar oor aftrek.

      Wat die ouens nie nog sal uitdink nie … Hy wil net nooit afhanklik raak van sulke elektroniese slimmighede nie. Jy moenie vergeet jou kop en lyf is jou belangrikste bates nie.

      Oor tien minute moet hy eers vir Clive Sharpe en dan vir Lana gaan oplaai, eersgenoemde by ’n winkel waar hy aangedring het Steyn hom moet los. Ja, hulle moet so gou moontlik padgee en hy wat Sharpe is kan beslis nie eers na sy woning terugkeer nie – want wie weet wat wag dalk daar op hom – en net so min sal dit veilig wees om met sy eie motor te ry; maar nee, hy moes opsluit eers ’n paar dinge koop voordat hulle kon vertrek. En Lana moes gaan inpak, net soos Steyn pas hier ingepak het.

      Lana … СКАЧАТЬ