Helse manier van koebaai se. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Helse manier van koebaai se - François Bloemhof страница 8

Название: Helse manier van koebaai se

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798155885

isbn:

СКАЧАТЬ

      “Oh. What time will we be …” Sy voltooi nie die sin nie.

      “When it’s time.”

      Haar opgewondenheid sal terugkeer; hy het haar nog nie van vanaand se opwinding vertel nie.

      Dit moet eers afgehandel word, dan sien hy uit na sy ontmoeting met die man van Die Fabriek: uiteindelik weer ’n waardige opponent. Daar was deur die jare te veel maklike teikens. Met dié een, is hy seker, sal die gevoel wat op die groot oomblik deur hom bruis nog sterker wees.

      Hy drink sy tee een teugie op ’n slag.

      6

      “I have decided where.”

      Hoekom het dit gebeur? moet Lana haarself afvra. Was dit in die groter bestel regtig noodsaaklik dat sy met hierdie twee saamgegooi word? Vir hoe lank? Voor haar, links, is Sharpe se vaal kop, regs Steyn se donkere: passasier en bestuurder, en sy hier agter ry maar saam. Dit kan dae wees – weke! – voordat die Skerpioen, of Schorpioen, of wat ook al, die spoor vind, ás hy dit vind.

      Jy moet niemand onderskat nie, veral nie só iemand nie, maar hopelik is hy afgeskud, want hier vat hulle mos die pad. Hier neem sy en Steyn vir Clive Sharpe uit die stad uit na ’n kol waar ’n buitelandse huurmoordenaar, of sluipmoordenaar, of wat ook al, hom kwalik sal gaan soek tensy hy ’n goeie leidraad kry.

      Hulle laat hopelik geen leidrade agter nie.

      “Dit moenie een van Die Fabriek se safe houses wees nie,” het Steyn in Sharpe se kantoor geredeneer. “Daardie plekke is almal op rekord iewers op ’n stelsel, en as die ou toegang daartoe kry, soos ons moet aanneem hy kán …”

      “I have decided where.”

      “Waar?” het Steyn na sy baas gekorrel, gereed om van hom te verskil.

      “A holiday house. It belongs to friends of mine.”

      “Just a normal holiday house?” was Lana toe die een om die voorstel te bevraagteken. “Or is it up to standard?”

      Eiendomsagente en spesiale agente praat verskillende tale. Vir laasgenoemde spesie beteken “standaard” nie dat ’n plek meer as twee slaapkamers en behoorlike braai- en stortgeriewe het nie, maar dat dit spog met die nuutste in observasie- en beskermingsmiddels.

      “No. It’s just a beach house.”

      Steyn: “Dis verspot – sommer net ’n huis?!”

      “As I said, I’ve decided.”

      “Dis nie veilig nie. G’n gewone huis is veilig nie, jy weet tog. Wil jy jouself op ’n skinkbord aanbied? As jy wil hê ons moet jou beskerm, moet jy ons laat besluit wáár.”

      “Not so. I can at least make that decision, then I am in your hands.”

      “Luister …”

      “If this bastard is as good as he’s supposed to be, I won’t be safe anywhere. If I have to hide somewhere, it might as well be in a pleasant spot.”

      “Wat’s die punt dan? Hoekom hoegenaamd padgee? Dan kan ek en Lana mos maar vanaand saam met jou huis toe gaan en daar vir hom wag.”

      “Have you forgotten your training so soon? Always make the unexpected move.”

      “Not if it’s a ridiculous move.”

      Dit was tyd dat sy hulle onderbreek: “Steyn, hy het besluit. Clive, I’m not happy about it either – but yes, in a situation like this, who’s to say what place is safe?”

      Steyn, met ’n ophaal van sy skouers: “Twee teen een dan.”

      Sy wou antwoord dat hy dit nie so oppervlakkig moet beskou nie, maar het haarself gekeer. Sy’t geweet hy is reeds gekrenk omdat sy met Sharpe saamstem, of nie met hóm saamstem nie.

      So hier ry hulle nou. Die enjin van Steyn se Mercedes – die nuutste en spoggerigste op die mark, hoe dan anders? – spin soos ’n kat wat die grootste voël in die tuin gevang en gevreet het, al met die Weskuspad op. Hulle het vyf minute gelede die groot kruising tussen Table View en Bloubergstrand agtergelaat en is ferm op pad weswaarts.

      Verby Sunningdale, verby Blouberg Rise.

      Dan Blouberg Sands.

      Daar is meer motors as wat sy gedink het. Steyn was juis bly dat hulle deel kon raak van die verkeer, dan is hulle moeiliker om te volg. Hy het eers die Mercedes van hoek tot kant deursoek vir verklikkers, al is die kanse amper zero dat enigiemand kon raai Clive Sharpe sal die omgewing in hierdie motor verlaat.

      Vorige kere wat Lana langs die Weskus op is, was dit vir prettige ekskursies; voorwaar, as sy terugdink aan haar lewe VDF (Voor Die Fabriek), het dit slegs uit aangename ervarings bestaan. Natuurlik was dit nie so nie. Lekker tye wás daar, en baie daarvan, maar dit was ook dikwels saai! Sy het wakker geskrik toe sy by hierdie organisasie aangesluit het; daar is niks soos gevaar om jou oë te laat oopgaan nie. Nee, dit het vroeër gebeur, voor haar aansluiting en nog voor haar opleiding: toe sy die eerste keer spanning van ’n sekere graad ervaar het, saam met die man wat met soveel behendigheid dié motor bestuur dat sy kan sweer daar is ’n magiese verbintenis tussen hom en stuurwiel en ratkas en enjin.

      Jou bliksem.

      G’n wonder hy bestuur goed nie, hy’t ratte in sy kop waar daar veronderstel is om emosies te wees.

      En hier is sy weer saam met hom op ’n saak. Die vet weet, groter teenpole kry jy nie. Vir die soveelste keer wens sy dat sy maar tevrede kon gewees het met verantwoordelike, voorspelbare Albert. Haar verantwoordelike, voorspelbare verloofde uit ’n ander tyd en ander bestaan. Sy kon nou al getroud gewees het. En verveeld. Maar Albert sou haar gekoester het tot die dag van sy of haar dood en dis wat enige normale mens tog wil hê.

      Normaliteit, egter … Wie soek dit? Sy wil hierdie soort bestaan hê. maar is nie ’n goeie samewerker nie, sy funksioneer beter op haar eie. Om haar as iemand anders voor te doen, ’n obskure gebroedsel te infiltreer, deur die waas van geheimhouding te dring tot by die suiwer kern van waarheid en dan te poog om misdrywe om te keer, is nie net bevredigend nie maar ook rég. Sy maak ’n verskil en het ontwikkel ver anderkant die potensiaal wat sy gehad het toe sy haar as ywerige student in die sfeer van die sielkunde begeef het. Alles was toe nog beplan. Sy het so mooi geweet wat sy wil doen, met sterre in haar oë: Eendag gaan ek praktiseer.

      As sy het, sou sy nooit geweet het wat sy mis nie.

      Sy beny hulle egter, mense wat tevrede is met wat maar net elke dag voorval en nie vermoed dit is aan die skrapse kant nie.

      Alles in ag genome is sy op die regte plek in haar lewe – ook op die regte plek fisiek gesproke, nou en hier saam met iemand wat sy moet beskerm. Dat Clive Sharpe haar baas is, behoort nie ’n faktor te wees nie, hy is bloot iemand wat sy aan die lewe moet hou tot wie weet wanneer.

      Die situasie kan onbepaald voortduur, maar die vangplek is dat hy nie onbepaald opgepas kan word nie. Vir eers is padgee die beste uitweg, maar as weke en selfs maande verbygaan sonder dat daar ’n aanval is, kan jy nie net aanhou sit en wag nie. Sharpe is aan die hoof van ’n organisasie wat nie lank sonder ’n leier kan klaarkom nie; sy weet nie wie en of hy iemand СКАЧАТЬ