Helse manier van koebaai se. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Helse manier van koebaai se - François Bloemhof страница 4

Название: Helse manier van koebaai se

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798155885

isbn:

СКАЧАТЬ

      Niemand nie.

      Of daar is báie, ’n opwelling van lewe, maar geen bedreiging nie, slegs talle ontstellend gewone mense.

      ’n Bejaarde bruin vrou met (in dié hitte?) ’n jassie wat saam met haar jonk was, kom reg voor hom tot stilstand toe iets in ’n winkelvenster haar aandag trek en Sharpe onderdruk ’n vloek toe hy verby haar skuur. Te veel kontak, hier is glad te veel kontak met die massas. Haar oorsoet parfuum stroom agter hom aan.

      Dan het hy die kruising bereik. Die mannetjie is rooi en hy gaan staan en wag saam met ses ander mense wat elk om ’n ander rede oor die besige straat moet kom.

      ’n Bus snel nader, ’n ligte oranje blits.

      En toe.

      Eers voel hy net die persoon agter hom is veels te naby, dan weet hy dit is ’n man, is hy bewus van warm asem naby sy oor.

      ’n Stamp laag in sy rug.

      Dit was ’n paar hande, hy is van balans af en in die pad van die aankomende bus, niks tyd om te keer dat hy onder dit beland nie.

      Maar meteens word dit ’n lange proses, dié afwaartse tog. Sharpe gewaar ’n vrou doer aan die ander kant van die straat, hoe haar mond oopgaan toe sy besef wat aan die gebeur is. ’n Lang oomblik later kan hy nie meer haar gesig sien nie, want die hoek waarteen hy kyk, is aan die verander en nou is daar nog net haar plompe lyf wat in ’n liggroen rok vasgevang is, en dan die metaal-blinkheid van ’n liggrys motor wat tussen hulle verbyry.

      Sharpe steek sy hande uit, dan tref hulle die teer of die teer tref hom en weet hy daar’s nie ’n sekonde te spaar om te kyk presies waar die bus se wiele is in verhouding met waar hy geval het nie, hy sal dié maneuver moet uitvoer op grond van wat hy terloops opgelet het. Sy voorarms protesteer van die impak en hy sweer hy kan ook nog die hande in sy rug voel.

      ’n Gil iewers.

      Hy ruk sy bene in soos ’n knipmes wat toegevou word, want daar sou bo-oor hulle gery word as hulle bly soos hulle was, en al is dit die laaste ding op aarde wat vir hom reg voel, is dit al wat hy kan doen: rol sodat hy op sy maag lê. vertikaal in die pad af, in lyn met die verkeer.

      As hy verkeerd gemik het, is hy vrek.

      En dit kom, groot en woedend, donderend oor hom.

      Nee, langs hom, weerskante van hom rol die wiele wat bedoel was om hom te vermink, vergruis. Net in-stink het hom gered, dit en natuurlik sy opleiding. Genoeg van die veldagent het in hom oorgebly en dis ’n opruiende gevoel, hy was nog nooit so vurig bewus van lewe soos nou terwyl hy die bus se bodem sentimeters bo sy lyf verby voel beweeg nie, die rammelende wiele soos malers van ’n vleismeul links en regs, en die stomende hitte van uitlaatgasse brand sy wange. Remme skreeu en ratte kla terwyl sy lyf vibreer asof in simpatie met die siddering van masjinerie. Onder sy palms is die teer kokend.

      Daar is ’n slag agter hom en hy weet wat dit was: ’n motor het vasgery in die bus wat tot stilstand gekom het. Maar hy is beskerm onder die dop.

      Hy weet wanneer hy hier uitrol, sal die een wat hom gestamp het nie meer op die straathoek wees nie.

      “And that was forty-five minutes ago,” sê Clive Sharpe en hou sy regterhand op. Nou sien Steyn hoekom hy hulle ’n paar minute gelede met sy linkerhand nader gewink het: dié hand se palm is geskraap en sy baadjiemou is verflenterd.

      “Jy het glad nie gesien hoe hy lyk nie?”

      Sharpe frons; Steyn is nie seker of dit is oor die Afrikaans, of omdat hy nie ja kan antwoord nie.

      “He was too professional for that – as he must have been in the first place, in order to catch me unawares.”

      Hul baas lyk nie net asof hy voel hy moet homself regverdig nie, maar ook … bedreig? Absoluut verstaanbaar in die omstandighede. Steyn twyfel nie dat Sharpe se vaardighede afgeneem het sedert hy gekoester agter ’n lessenaar kom sit het terwyl sy werknemers nog hul lewens op die voorste linie van misdadigheid waag nie, maar ’n onoplettende ploeteraar is hy nog lank nie en dat hy onverhoeds betrap kon word, sal vir hom ’n gevoelige punt wees.

      “Do you have any idea who it might have been?” vra Lana.

      Steyn vererg hom vir die naïwiteit van die vraag. “Ons het baie vyande. Hier oorkant jou sit die hoof van die organisasie, dus het hý baie vyande. Al kan enige mens vervang word, kan so ’n verlies ’n organisasie ’n ruk lank lamlê.”

      Lana gee hom ’n kyk. “Ek weet dit. Laat ek dit ter wille van jou anders stel …” Sy rig haar weer tot Sharpe: “Any guesses?”

      “As a matter of fact, I have.” Verdomp, Steyn kan sien die man geniet dit selfs in sy uur van ontsteltenis om Lana ’n ronde te laat wen. “It’s more than a guess. I know who it was.”

      “Ek dog dan jy het hom nie gesien nie.”

      “Just before he pushed me into the street, he whispered something in my ear.”

      “Wát?”

      Sharpe frons. “He said ‘Houdoe’. It’s a Dutch word.”

      “Meaning what?” vra Lana.

      “Goodbye.”

      Maar Steyn kan agterkom die woord het nie vir haar die nodige betekenis nie, daarom voeg hy by: “Schorpioen.”

      “Exactly,” kom dit van Sharpe.

      “Schorpioen?” eggo sy.

      “Hy is ’n huurmoordenaar,” geniet Steyn dit om haar te kan inlig. Vir wat doen sy nie haar huiswerk nie? Jy moet tog weet wat in die wêreld aangaan. Hy maak ’n mag-ek-maar-gebaar in Sharpe se rigting en toe die man knik, gaan hy voort: “Hy is een van dié huurmoordenaars. Een van die gevaarlikstes. Hy opereer wêreldwyd. Maar hy is soos ’n mite. Niemand sien hom nie, niemand weet hoe hy lyk nie.”

      “As dit so is, hoe weet mense hy bestaan?”

      Steyn kan aanvoel sy raak vies vir haarself omdat sy ook Afrikaans gepraat het, asof hy en nie hul baas nie só die toon van die gesprek aangee.

      “In die begin van sy loopbaan het hy notas op die liggame van sy slagoffers gelos.” Steyn sorg dat daar ’n paternalistiese noot by sy stem insluip, soos ’n goedige onderwyser wat ’n kind leer lees. “Daar was drie sulke notas, of drie waarvan ons weet. Houdoe – Schorpioen, het dit gesê – die naam natuurlik Nederlands vir ‘Skerpioen’. Hy is van Hollandse afkoms, of so glo ons. In Nederland is die groetgewoontes meer kultuurgebonde as hier by ons; ’n afskeidsgroet kan ‘Aju’ wees, of ‘Adi‘’, of ‘Haije’, of ’n klomp ander woorde na gelang van waar jy jou bevind of die situasie. So, die gebruik van ‘Houdoe’, wat jy kan beskryf as ’n informele vorm van ‘tot siens’, wil ’n mens laat aanneem hy kom oorspronklik van Noord-Brabant of die suide van Gelderland – of anders gebruik hy dit om jou so te laat dink.

      “Die notas was genoeg vir hom om kleim af te steek, om bekend te word en meer klandisie te lok. Die moor-de is op heeltemal verskillende maniere gepleeg: pistool, mes, verwurging, in daardie volgorde as my geheue my nie in die steek laat nie. Toe verdwyn hy, of so glo ons. Daar was nie meer notas nie, daarom is aanvaar óf СКАЧАТЬ