Web. Naomi Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Web - Naomi Meyer страница 18

Название: Web

Автор: Naomi Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Триллеры

Серия:

isbn: 9780795801211

isbn:

СКАЧАТЬ voordat hulle dubbele burgerskap sou hê. Maar waarvoor? ’n Agterdeur?

      Hoekom kon hulle dit nie doen nie, sy en Diederick? Die hele Suid-Afrika se middelklasbevolking wil dan landuit.

      Werkgeleenthede. Sisteme wat behoorlik funksioneer. Beter waarde vir die geldeenheid waarin jy verdien. Baie beter geldeenheid! Goeie onderrig vir jou kinders. ’n Sleutel om die hele wêreld te kan sien: Klim in een land op ’n vliegtuig en ’n uur later klim jy in ’n ander land af en gaan besoek ’n kunsgalery, eet saans spoggerig uit, drink die plaaslike wyn en slenter daarna veilig deur die strate terug na jou goedkoop hostel met ’n naam wat eksoties van jou tong afrol as jy dit agterna vir jou vriende oorvertel. Daar moes iets met hulle verkeerd gewees het. Hulle het bly verlang na goeters wat nie onder woorde gebring kon word nie. Hulle wou heeltyd wég, het slegs bly aanhang tot hulle paspoorte gekom het.

      Gedurende die beste tye van al die jare daar, het hulle bly sit in die grys dynserigheid van die Ierse somer met wasgoed wat melancholies in die bries roer. Dit was op een van daardie dae, een van die goeies, toe Diederick by die huis gekom het met Suid-Afrikaanse wyn, tjops en ’n pak malvalekkers.

      “Vandag braai ons,” het hy aangekondig en Sophia teer op die mond gesoen.

      Sy kon agterkom dat hy in ’n goeie bui is. As hy die vuur aansteek, maak dit hom verlang en daarom vermy hy dit. Maar as hy op ’n goeie plek is, sien hy kans daarvoor.

      “Myne!” het Mathys sy gunstelingwoord op een-en-’n-half geskree en die pak malvalekkers gegryp. Magriet het ewe gretig nader gestaan, maar in Mathys se wêreld kon sy netsowel nie daar gewees het nie. Hy het dit teen sy bors vasgehou, so geheg daaraan soos sy en Diederick aan hul herinneringe aan Suid-Afrika, om die dood sou hy dit nie laat gaan nie.

      Al is dit bleddiewil beter so.

      Magriet se gesiggie het geval, maar haar boetie het altyd die hardste gehuil en daarom het sy nie eens meer probeer nie. Mathys was ongelukkig toe hy nie voor ete ’n malvalekker kon kry nie, so daar was heelwat geween en gekners van tande. Sophia onthou dat sy hom wou optel om hom in sy bedorwenheid te troos. Hy het haar weggestamp, van haar skoot af gespring en in woede op die gras gerol.

      Daar het nog dinge daardie dag gebeur. Sy het te midde van Mathys se tirade wyn geskink en met Diederick gesels oor gebeure in Suid-Afrika wat sy aanlyn oor die nuus gelees het, soos stakings en onbegrip, in blogs van die verskillende meningsruimtes. Ook Trouw se blog; BoekWeb het toe nog nie bestaan nie.

      “Onthou jy vir Trouw? Sy het nog saam met my geswot …”

      “Daarvan gepraat – toe ons laas in Suid-Afrika was, het ek gedink aan al die mense van die Vlakte op Muizenberg se strand.”

      “My ma was nog so vies.” Sy het nie omgegee dat Diederick nie klaar geluister het nie. Hy wou nie broei en binnetoe prut vandag nie, so sy het hom laat begaan.

      Hy het vir haar gekyk en sy kon raai wat hy dink. Haar ma sal altyd ’n rede vind om vies te wees. Haar ma was vies vir haar pa omdat hy dood is aan ’n hartaanval.

      “Dis nie net sy nie,” het Diederick stadig gesê. “Die hele land se mense het nog steeds ’n probleem met mekaar. Niks het verander nie.”

      Sy het nie geweet waarheen hy met die argument gaan nie. Ma-thys het nog steeds gehuil oor die malvalekkers.

      “Waarheen moet hulle gaan? Middelklasmense kan bekostig om te gaan vakansie hou by die kusdorpe. Maar die mense van die Vlakte? Muizenberg ís hulle vakansie by die see.”

      Toe is hy onderbreek. Mathys wat vir Magriet gestamp of gebyt het, en daar was die een of ander valse dreigement ter wille van dissipline: “Nou mag jy niks marshmallows kry nie.”

      Of dalk het alles nie presies so gebeur daardie dag nie. Dit kon op verskillende tye gebeur het en sy onthou dit só. Sy en Diederick het wel daardie gesprek gehad, maar of die woorde in daardie volgorde was, is moeilik om te sê. En kinders wat baklei, stommel en huil? Dit was iets alledaags, ’n generiese doek waarteen baie van hulle narratiewe afgespeel het.

      Dalk was dit daardie dag dat Diederick gesê het: “Kom ons gaan terug huis toe, al is dit ook net vir die avokado’s.”

      “Die beste avokado’s is in Suid-Amerika.”

      “Google?”

      Sy het gelag. “Jy ken my te goed.”

      Miskien was die pratery oor avokado’s ’n ander keer. Hulle het dikwels gekla dat die groente en vrugte in Ierland nie na sonskyn smaak nie, maar na kweekhuis. Die volgende gedeelte het egter presies só gebeur:

      “Daar sluimer goed onder die oppervlakte,” het sy vir Diederick gesê. “Daar bou druk op in die land se magmakamers …”

      Hy was besig om met ’n glas wyn in die een hand die vleis om te draai en vir Mathys van die vuur af weg te hou, dus was hy nie baie ontvanklik vir simboliese gesprekke nie en moes Sophia gouer by die eintlike storie uitkom.

      “Almal is kwaad oor dienslewering nie gebeur nie!” het sy bo-oor Mathys se gille vir Diederick geskreeu. En toe in ’n paar oomblikke van stilte vertel dat Candice, wat in daardie stadium nog vir Diederick se pa gewerk het voordat die vervoerkoste te duur geraak het, by haar buurman gehoor het dat mense uit protes ontlasting in die lughawegebou wil gaan gooi.

      “Siesa, ga!” het Diederick spontaan wyn uitgespoeg.

      Agter haar het Sophia vir Magriet hoor giggel. Die dogtertjie het net gelag as iets regtig vir haar snaaks was, nooit omdat sy gedink het sy moet nie. Sophia het omgedraai en na haar gekyk, na dié reaksie op haar pa se hansworsgedrag. Dit was nie beplan nie, dit het net gebeur, en daarom was dit onherhaalbaar mooi. Die byna vierjarige Magriet, met so ’n breë glimlag.

      Terwyl Mathys dikbek die huis in is, het Sophia impulsief die sak malvalekkers oopgemaak en vir haar een uitgehaal.

      “Myne?” het Magriet gevra. Die liggies wat in die kind se oë gedans het, is die mooiste geheuebeeld. Die grootste vreugde denkbaar oor daardie klein geskenk.

      “Vir Magriet kan mens omkoop met ’n sak marshmallows,” het Diederick gelag, ’n hartlike klank.

      Die soetigheid was nie die enigste rede vir Magriet se blydskap nie. In ’n ver, ver land was ’n brokkelrige gesin ’n oomblik lank héél.

      SOPHIA, DRIE DAE VOORDAT MAGRIET WEGRAAK

      Maandag 10 Julie, Stellenbosch

      “Die vreemdste vir my was dat Trouw heeltyd opgekom het vir die inbreker,” sê sy die aand vir Diederick. “So asof sy hom wou beskerm.”

      “Maar is Trouw nie nou deurmekaar met daardie ander bokbaardoutjie wat daar iewers by die Eikestad Mall rond woon nie?”

      “Diederick! Trouw het nie ’n verhouding met die inbreker nie, mens kan sien hy’s ’n gangster!”

      Hy lig sy wenkbroue: “En?”

      Sy vergeet soms: Speurders is soos dokters; hulle ondersoek al die moontlikhede en skop gewoonlik af met die rofste prognose.

      “En toe, Mamma, en toe?” Mathys se oë het dieselfde onrusbarende óóropgewondenheid as wat in sy stem hoorbaar is.

      Sophia СКАЧАТЬ