Web. Naomi Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Web - Naomi Meyer страница 17

Название: Web

Автор: Naomi Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Триллеры

Серия:

isbn: 9780795801211

isbn:

СКАЧАТЬ oor haar ma in die ouetehuis met sy gladde vloere en die teerpad daarvoor met genoeg sinkgate dat al die straatmense daarin kon lê en herstel nadat hulle die drankwinkel besteel het. Niemand om na haar ma om te sien as sy nie daar is nie. Haar broer in Gauteng gee net om vir sy werk en sy minnares. Daar’s nie tyd vir sy vrou nie, wat nog te sê sy ma. Maar hulle kon nie wegkom nie, sy en Diederick, al was hulle derduisende kilometers ver. Hulle was nog altyd dáár. Dit was ook so toe dit begin duidelik word dat hulle nie sou kon kinders hê nie. Hulle kon nie wegkom van die één gedagte nie, nog iets wat hulle nie kon beheer nie. Om iemand aan te neem na jare se gesukkel het soos die enigste ding gevoel om te doen. Daar was nie ander opsies nie, daar was net tonnelvisie.

      Wat alles in daardie lêer gestaan het, die dag in Dublin toe sy die baba onbeholpe teen haar skouer opgelig het: ’n Onbekende pa. Moontlik ’n Nigeriër, maar onbevestig.

      “But why is she …”

      “You mean her complexion?”

      Nie Sophia of die Ierse verpleegster kon dit vir mekaar in woorde sê nie. Velkleur is ’n taboe-onderwerp. Maar die baba s’n het haar tog opgeval – dit was ’n sonbruin vel, Magriet was nie ’n baie donker baba nie.

      Van Nigeriërs het sy en die Ier ewe min geweet. Maar sy kon sien die kind se voorsate was ligter van gelaat as die stereotipes in haar kop. Hulle moes egter iets in daardie lêer invul. Die biologiese ma het vermoed ’n Nigeriër was die pa, so wie was hulle om te stry? Hulle was nie daar nie.

      En dan, die wit biologiese ma, van Suid-Afrikaanse afkoms. Omdat haar paspoort beskikbaar was, was dit hoe Magriet geregistreer is. Dit was ’n ligbruin dogtertjie, het Sophia gesien terwyl sy die kind se kuit streel. Sy kon net reageer op die onmiddellike, die sigbare.

      Meer as dit het sy nie geweet nie, nie toe nie en ook nie nou nie. Hulle het die papiere geteken en dit was genoeg. Waarom nou van voor af hieroor karring, aan alles loop staan en krap? Dit het niks met die polisieman te doen nie. Vandag se storie begin by vandag, die digitale wysers wat in die motor flits, wat skree sy is laat vir werk.

      “Ek het vanoggend om agt minute oor agt albei my kinders by die vakansieskool afgelaai, by Skoppelmaai Speeloord …” begin sy uiteindelik.

      Daarna, toe sy en Mathys by die deur uitstap, is daar haastige voetstappe agter hulle. Sophia swaai hoopvol om; het die polisie so gou nuus oor Magriet? Maar die polisiemanne is haastig op pad iewers heen, sodat moeder en seun moet plek maak dat hulle kan verbykom.

      “Hulle gaan seker vir Magriet soek,” sê Mathys. “Hulle gaan haar nou-nou huis toe bring.”

      “Ja,” jok Sophia. Sy en hy kyk hoe twee polisiemotors met loeiende sirenes by die hek uitjaag.

      Terwyl sy huis toe ry, voel dit soos ná ’n belangrike eksamen waarop sy nie goed genoeg voorbereid was nie.

      Dra Magriet krale in haar hare? Vir watter ouderdomsgroep was haar hempie bedoel en watter prentjies was daar op haar onderklere? Aan watter kant van haar kop sit die paadjie?

      Sy het die eksamen gedruip, want sy kon haar kind net as eendimensionele stokfiguur vir die polisieman teken. Die belangrikste weet hy nie, soos die reuk van haar meisiekind se kopvel as sy saans ná die bad teen haar skouer lê.

      “Mamma, ek is honger,” sê Mathys. “Wat eet ons vir middagete?”

      Sy het amper van hom vergeet, besef sy met ’n skuldgevoel. Haar een kind is nie by haar nie, maar die lewe gaan voort vir die ander een.

      “Sal ek vir ons pizza koop?” vra sy impulsief, en draai af na die eetplek waar sy gewoonlik weier om vir die kinders kos te koop. Dis te olierig en te duur om ’n gewoonte daarvan te maak, maar hulle albei is mal daaroor.

      Terwyl sy en Mathys in die ry staan, is Sophia verbaas om te sien hoeveel studente tog in die dorp oorgebly het en dat so baie gelyktydig hier is. Oomblikke gelede was daar in die dorp dan omtrent niemand nie, maar hier is ’n magdom jong mense. Sy en Mathys staan en droog word. Die ruite is toegewasem van die asems en vuur in die oonde.

      Die pizzamaker smeer die tamatiesous en strooi die kaas kaalhand oor die pizzadeeg. Dan gooi hy die pizza op die groot spatel en druk dit in die oond, in een vloeiende beweging. Sy wens sy kon net kyk en kyk, die vlamme hipnotiseer haar. En die kaas wat smelt soos kerswas – ’n vuurwarm, loperige massa, eintlik eerder rooi-oranje lawa.

      Wat nóú? Die polisieman het gesê sy moet huis toe gaan en wag. Gaan wág …

      Die vuur in die oond veroorsaak ’n sissing, dis warm soos ’n vulkaan daar binne, dit wil alles verkool.

      Maar dan ruk die man die pizza uit. Die reuk laat Sophia se mond water. Hoe bisar dat haar liggaam nog gehoor gee aan so ’n gewone menslike behoefte op hierdie gekke dag.

      Ek het van jou gedroom.

      ’n Gedagte wat in haar kop spring soos ’n vonk uit die vuur. Maar dít kan sy beheer. Sy kyk na die mense om haar en Mathys. As sy die pratery so beluister, is dit iemand se verjaardag of ’n soort feesviering – die mense gesels opgewonde oor die een of ander groot vuur. ’n Vuur as dit so reën?

      Hulle is nog jonk. Een-en-twintig vir altyd, sorgvry en sonder kind of kraai. Sy wil vir hulle skree: Besef julle hoe sinloos is elke aksie wat julle uitvoer? Hoekom vandag eet? Weet julle hoe kort leef ons almal en dat nie een van ons weet wanneer dit alles verby gaan wees nie?

      En: Waar is my kind? Waar is my kind? Waar is my kind?

      Al wat sy aanhou voel, is die woede en die magteloosheid. Dis oorweldigend.

      Die lawaaierige atmosfeer veroorsaak amper dat sy die ry verlaat, want wat sóék sy hier, sy verraai die dogtertjie wat nie hier kan wees nie. Maar Mathys gaan nie daarvoor val nie, sy het reeds die belofte gemaak.

      En dan lui haar selfoon. Toe sy van die luitoon bewus raak bokant die lawaai, antwoord sy dadelik.

      “Dit klink vrolik,” kan sy eers uitmaak toe die persoon aan die ander kant die tweede keer praat.

      “Trouw, ek kan nie terugkom werk toe nie.”

      “Ek kan dit hoor, ja. By só ’n paartie kom mens nie maklik weg nie …”

      Sy ignoreer die sarkasme. “My kind is weg.”

      “So, toe gaan vier jy dit saam met ’n paar vriende?”

      Hulle is voor in die ry, die kelner agter die toonbank wag dat sy haar en Mathys se bestelling plaas. Sophia tik met haar vinger op die spyskaart, hoop die man kan verstaan wat sy bedoel.

      “Nee, ek wil ’n house special hê, dis wat ek en Magriet mos altyd vat!” bulder Mathys hier naby haar oor en die selfoon.

      “Julle moet lekker eet,” sê Trouw ysig. “Ek wou jou eintlik net vertel daar’s iemand wat jou met ’n seer hart soek. Hy’t al drie keer gebel vandag. Ek het nou uiteindelik sy naam uit hom gekry: dis Anders Bester.”

      En toe is die foon dood.

      SOPHIA, DRIE-EN-’N-HALF JAAR VOORDAT MAGRIET WEGRAAK

      Julie, Dublin, Ierland

      Dit was ’n somersdag. Daar was iets soos hitte, maar die lug was meestal bewolk СКАЧАТЬ