Louisa du Toit Omnibus 8. Louisa du Toit
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Louisa du Toit Omnibus 8 - Louisa du Toit страница 19

Название: Louisa du Toit Omnibus 8

Автор: Louisa du Toit

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624068259

isbn:

СКАЧАТЬ sy daar is, veil sy haar eie skeppings sodanig uit dat sy die klandisie afskrik. Toegegee, sy het seker ’n redelike kunsaanleg, maar vir ’n konserwatiewe gemeenskap is haar skilderye maar ’n bietjie vreemd. “Mock-reality,” noem sy dit. Onderstebo gestaltes wat deur die lug swem, visse met sambrele, ’n kameel wat in ’n leunstoel sit, en ’n ondraaglike frustrasie omdat die Rensdalse gepeupel die dieper boodskap van die werk (die “innuendo”) nie kan of wil snap nie.

      Berna gaan maar hoopvol inpak. Dalk gebeur daar die een of ander wonderwerk, anders sal sy maar die ongerieflike en omslagtige trein moet vat. ’n Padbus ratel soms hier deur, maar nie vir passasiers nie. Een keer per dag fluit ’n trein darem nogal daar uit die stasietjie se koers.

      Toe sy weer die kombuis binnekom, roep Lammie juis om te sê dat daar vir haar iemand in die sitkamer wag. Omdat dit so sterk aan daardie eerste aand herinner, wil Berna haar verbeel dat dit weer Johan Jonker sal wees. Dis egter Roux le Roux wat in die middel van die sitkamer staan, duidelik onwillig om enige welwillendheid te laat blyk deur op ’n stoel te gaan sit.

      “Ek hoor my ma sê jou motor lol en jy soek ’n geleentheid stad toe,” verklaar hy sy besoek. “Ek ry môre, as jy wil saamry.”

      “Baie dankie, maar dit sal my nie goed pas nie. Ek moet eintlik Tierhoek toe vir my ma se begrafnis en dis tweehonderd kilometer uit die stad.” Hoe op aarde … het Lammie hom stilletjies gebel, of het hy heel toevallig en vir die eerste keer in maande self hier aangekom en van haar penarie gehoor?

      “Ons kan ’n plan maak.” Hy klink nogal onverwags inskiklik. “As ek klaar is met my besigheid in die stad, kan ek jou by jou bestemming gaan aflaai en tot na die begrafnis talm. Of moet jy oorbly?”

      Sy dink na. Sy kan haar program omswaai en eers haar besoeke in die stad afhandel. Die begrafnis kan met een dag uitgestel word. Daar is geen groot familie wie se bewegings in ag geneem moet word nie. En sy sal waarskynlik nie hoef oor te bly nie. Maar die waarheid is dat sy nie graag van hierdie Roux se guns afhanklik wil wees nie. Sy vertrou bowendien nie die vrede nie.

      “Weer eens dankie, maar ek kan nie van jou verwag om op ’n vreemde dorp tussen vreemde mense te sit en wag vir die begrafnis van ’n onbekende nie. Ek dink ook nie ek en jy gee so baie vir mekaar om nie.”

      Dat hy meteens so gaaf kan wees, oortuig haar geheel en al nie. Sy het die ongemaklike gevoel dat iets anders daaragter skuil, dat dit vir hom ook ’n oplossing van die een of ander aard was toe hy van haar probleem hoor.

      Sy is nie verkeerd nie. “Toegegee,” erken hy. “Maar ek wou my kind halfpad oplaai, my dogtertjie. Haar stad toe vat, na ’n kinderarts toe. Sy is nie lekker nie.” Hy het sy stem so laag laat sak dat, al sou Lammie by die deur probeer afluister, sy niks sou kon hoor nie. “En ek het iemand nodig om haar in die kar op te pas. Ek is bang die situasie raak my baas.”

      “Dan dink ek Nerida Nel is die logiese een om jou te vergesel,” sê Berna afsydig.

      “Jy verstaan nie,” gebaar hy hulpeloos.

      “Nee, ek is bevrees ek verstaan nie. Dink jy hoegenaamd juffrou Nel sal tevrede wees as ek saam met jou rondrits? En dink jy ek sal my kop in so ’n byenes steek?”

      “Sy hoef nie te weet nie. Asseblief. Ek het vanaand my trots in my sak gesteek en kom hoor of my ma maar sal saamry. Toe vertel sy my van jou probleem met die kar. Gelukkig het ek haar toe nog nie van die kind se siekte vertel nie. Ek wil liewers nie hê hulle moet weet nie.”

      “In die geheim saamry, sonder dat jou meisie uitvind? Ek is nie onwillig om te help nie, maar ek was in die verlede al ’n twisappel hier tussen julle, sonder dat ek wou. Ek wil nie nog dieper betrokke raak nie. Vra haar saam. Ek sal regkom, al moet ek ’n motor huur.”

      “Dis ’n ope verstandhouding tussen my en Nerida dat sy nie instaan vir my kind nie. Sy wil nie gebonde wees nie en ek respekteer dit so. Bambie is in goeie sorg en daar is geen rede om dit te beëindig nie. Ek sien haar eintlik selde, maar nou is dit nodig.”

      “Aag, wat de hek,” sê Berna, meteens sat vir die kleinsieligheid waaraan sy self haar ook skuldig maak. “Ek sal saamry, as jy dink ons sal die reëlings uitgestryk kry. Maar vertel vir Nerida openlik die waarheid, anders lyk dit juis verdag.”

      “Dit sal ek oorweeg as ek netnou na haar toe gaan. Hoe laat kan ons môre ry?” Hy klink verlig, dog saaklik.

      “So laat soos jy sê.”

      “Ek is maar bekommerd, en wil so gou moontlik by die dokter uitkom.”

      “Vroeg sal reg wees. Gee ’n tyd dat ek gereed kan wees.”

      “Vieruur?” vra hy twyfelend.

      “Goed so. Sal ek voor die huis wag?”

      “Nee, nie daardie tyd van die oggend nie. Ek sal by jou kamers klop.”

      Gemeensaam, asof hy presies sal weet waar om te klop. Sy kyk hom stip aan. Dan kruis ’n ander gedagte haar gemoed: Annalien het gesê dat Christiaan Hartogh haar adres hier wou weet. Om wat mee te maak? Dis al weke en hy het niks aangestuur, soos hy voorgehou het nie.

      Sy skud die twyfelvrae af en probeer prakties beplan. “Dalk is dit beter dat ek maar in die huis slaap,” sê sy, “dan is die kinders veilig tot opstaantyd toe. En dan kan ek deur die voorvenster sien as jy stilhou.”

      Sy vra liefs nie waar hy die nag gaan deurbring nie, hier op die dorp, of op die plaas. Dit gaan haar nie aan nie. Laat hy maak soos hy wil, sy sal hom bloot ’n guns bewys in ruil vir ’n guns aan haar, en verder het sy niks met hom uit te waai nie.

      Lammie en Dawie draai om haar soos motte om ’n kers. Wat Roux eintlik kom doen het, dit is wat hulle bitter graag sou wou weet. Berna wend haar tot ’n veilige uitleg: “Ek skat hy het seker maar brandstof ingetap en toe by die garage van my kar gehoor. Gaaf van hom dat hy kom aanbied het.”

      “Roux het nie ’n slegte hart nie,” sê Lammie, waarmee sy dalk te kenne wil gee dat hy wel ’n paar ondeugde iewers het.

      Stiptelik om vieruur die volgende oggend kom motorligte aangery. Nie vanuit die dorp nie, maar vanaf die buitepad, besluit Berna met ’n soort verligting. Beslis nie van Nerida se plek af nie, tensy hy draaie gery het om ’n vals indruk te wek.

      Dis ’n ongewone, vereensamende tyd van die dag vir iemand wat nie in die gewoonte is om voor dagbreek op te staan nie. Selde in haar lewe nog het Berna so verlate gevoel soos toe sy voor die kildonker venster staan en uitkyk. Iewers was daar die skor gekraai van ’n haan en die yl, verlore geblaf van dorpshonde. Sy verlang heftig na haar kinders wat naby haar lê en slaap, verlang asof sy hulle lank laas gesien het, in ’n vorige lewe. En na haar ma, vir wie sy werklik in ’n vorige lewe laas gesien het. Sy gun Roux geen kans om uit te klim en haar te kom haal voordat sy uitstap, toesluit, en die sleutel volgens afspraak in die malvapot sit nie. Sy het ’n enkele tas by haar, benewens haar handsak en ’n kospakkie wat Lammie gegee het.

      Hy neem die tas en sit dit in die kattebak terwyl sy voor langs hom inklim. “Ek het eintlik gedink jy kan verder slaap terwyl ons ry,” sê hy, “so ek het vir jou ’n kussing agterin gesit. En ’n kombers, dis koel so vroeg in die môre.”

      “Soos jy verkies,” sê sy, en gaan agter inklim. Net so of sy weer aan die slaap sal raak. Sy kan nie help om effens gesteurd te voel nie. Was hy dalk bang dat hy een strook deur sal moet gesels as sy langs hom sit? Dan ken hy haar nog maar sleg. Of wou hy haar plat agter in die motor hê, sodat СКАЧАТЬ