Название: Heildronk op 'n gypsyromp
Автор: Nadia de Kock
Издательство: Ingram
Жанр: Короткие любовные романы
isbn: 9780624051244
isbn:
“Dis wonderlik! Dis vir my fantasties om die masker uiteindelik af te haal, om myself te wees.”
Diana glimlag vir die nagraadse student.
Ek maak keel skoon en staal myself.
“Diana, ek is verskriklik jammer, maar daar was vanmiddag ’n moe … ’n groot deurmekaarspul met die aflewering van die bank en Billy moes dit toe op die ou end gaan haal het.”
Diana se wenkbroue skiet omhoog. Sy kyk verby my, na agter in die saal, waar die bank staan.
“Die poot het afgebreek, maar ek belowe ek sal dit net môre na ’n skrynwerker toe vat. Billy ken een wat –”
“Die bank lyk vir my okay,” sê Diana en begin soontoe stap; ek en Richard inderhaas agterna.
“Ja, dit sal hou. Ons het dit op ’n baksteen gesit, mens sal niks sien nie, want die val steek dit weg –”
Diana gaan staan.
“My tweede man het dit vir my met sy eie twee hande gemaak.” Sy lyk gewond.
“Ek is regtig, regtig jammer,” paai ek, “maar ons sal dit laat regmaak. Dit sal so goed as nuut wees.”
“Dis wel so, maar ek sal wéét dat dit nie is nie.”
Diana staan die bank en betrag. Dis effens laer aan die regterkant, sien ek nou.
“Ek is teleurgesteld, om die minste te sê.”
Diana lyk asof sy die nuus van die bank besonder moeilik vind om te hanteer.
Ek voel sleg oor die bank, maar begin nou angstig voel.
“Solank jy vanaand aan die linkerkant sit sal dit fine wees.”
Richard moet aan die regterkant sit, hy is ligter as Diana, maar dít kan ek nie sê nie.
“Jy sal moet op en af om mense te groet, dit sal veiliger …
e … beter wees as Richard aan die kant met die gebreekte poot sit.”
Diana se wange vlam terwyl sy styf gaan sit.
“Dit is baie ongemaklik.”
“Ek is jammer,” sê ek en vat Richard aan die elmboog. “Kom sit jy hier.”
Ek hou my asem op wanneer hy versigtig gaan sit, maar die bank hou. Hulle sal moet stilsit, anders is hier vanaand ’n spektakel.
“Kan ek vir julle wyn gaan haal?”
“Asseblief,” sê Diana koud. “Merlot vir ons al twee.”
Die kerk raak al lekker vol en die meeste mense drom by die wyntafel saam. Lelani van Beeld is ook daar.
“Bly jy kon dit maak, Lelani. Welkom.”
“Dankie.”
Lelani beduie na Diana toe.
“Is dit nou Shakira Steyn?” vra sy.
“Jip. Professor Diana Visser van Wits se statistiekdepartement.”
Ek glimlag en begin Diana en Richard se wyn skink.
“Ek neem aan statistiek is regtig vervelig.”
Lelani glimlag ook.
“Dit lyk so. Wanneer stuur jy die mediaverklaring uit?”
“Dis reeds gedoen, net voordat ek hierheen gekom het.”
“Dankie, ek sal op die uitkyk daarvoor wees.” Lelani trek haar oë op skrefies. “Nou moet ek nog net agter die kap van die byl kom wat Amelia betref.”
Dis te erg. Wat gaan met Lelani aan? Sy klink eerder na ’n ondersoekende joernalis as ’n boekeredakteur.
“Amelia is ’n tough cookie,” sê ek. “As sy besluit sy is ’n kluisenaar, gaan dit maar moeilik wees om haar anders te oortuig.”
“Los dit maar vir my,” sê Lelani en vat haar glas. “Sien jou bietjie later.”
“Ja, sien jou.”
Ek sien nou eers hoe styf my hand die wynbottel se nek vasvat. Ek hoop nie sy het dit opgemerk nie.
“Hallo, Mieke.”
Dis die rokerige stem van Gerrit Vollenhoven wat agter my opklink. Ek sit die wynbottel neer en kyk na hom.
“Hallo, Gerrit. Welkom.”
Hy tel ’n bottel wyn op, kyk na die etiket en gooi vir homself in.
“Nice bekendstelling. Nice kos en dekor ook. Jou werk?”
“Hoofsaaklik Audrey, my PA, se werk. Ek sal jou kompliment oordra.”
Audrey en haar vriendinne, Lulu en Margie, hét goed gedoen. Hulle het goue materiaal vir next to nothing by die Oriental Plaza opgetel. Dis waar die tafeldoek vandaan kom. Rodin se The Kiss is ook hulle werk. Hulle het iewers ’n vorm gekry, dit in gips gegiet en toe goud geverf. Dit het beter gekom as wat ek gedink het dit sou. Hulle het selfs vir die musiek gesorg en oral roosblare gestrooi. (Ek dink die musiek was Lulu se werk. Sy lyk vir my asof sy ondervinding van sensuele musiek het. Audrey sou waarskynlik Strauss-walse gespeel het.) Ek weet nie waar Audrey-hulle die tyd gekry het nie, maar ek is regtig baie beïndruk met hulle. Ek sal ’n ophef daarvan in my toespraak maak en hulle spesiaal bedank.
Gerrit lig sy glas na my: “Welgedaan.”
“Dankie.”
Hy is katvriendelik. Ek dink hy probeer my sag maak, maar ek is hom een voor. Ek weet wat sy speletjie is.
“Verskoon my, Gerrit. Ek wil net gou vir Diana en Richard hulle wyn vat.”
Dis reg, laat hy maar hier by die wyntafel staan. Verkieslik alleen en so ver moontlik van my skrywers af.
Diana lyk effens afgekoel, sien ek toe ek by haar en Richard kom. Daar staan twee vroue by haar en gesels, elkeen met ’n Heuningstroop in die hand.
“Dis my uitgewer,” sê Diana vriendelik. “Mieke, dis Richard se susters.”
“Welkom,” sê ek en loer vinnig na die bank. Alles lyk oukei.
“Dit lyk of die tannie jou soek,” beduie Richard en beduie na die voordeur. Audrey sit by die tafel met boeke wat verkoop word en wys ek moet kom.
“Verskoon my,” sê ek en haas my voordeur toe. Wanneer ek by hulle kom, kyk ek gou weer na Diana en Richard se kant toe, om seker te maak hulle is gemaklik. Wat ek sien, laat my hare rys. Die vermetelheid! Gerrit Vollenhoven kniel by die bank. Hy het die val opgelig en inspekteer die baksteen. Diana leun oor na hom. Sy val omtrent uit haar korset. En Richard grinnik net. Dan laat sak Gerrit die val en kom regop. Hy het nie eers behoorlik gewag dat ek weg is nie! Die man het geen СКАЧАТЬ