Spoor. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Spoor - Deon Meyer страница 27

Название: Spoor

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798157469

isbn:

СКАЧАТЬ neergesit het, slaan dit oop, begin in die pak dokumente rondblaai. “Nou, die eerste ding wat ek gedoen het, was om met ons minister se mense te praat, want dit help niks die diere kom tot by die grens maar ek kan hulle nie inbring nie. Omgewingsake is baie simpatiek, ek dink daar’s ook maar skuldgevoelens oor Zim, as jy verstaan wat ek bedoel, maar dis vir hulle ’n tameletjie, want ons gaan nie ’n sertifikaat van oorsprong kry nie, geen uitvoerpermit vir Zim nie, dis smokkel, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.”

      Hy kies ’n dokument, sit dit plegtig op die wakis neer. “Nou, daar’s ’n paar goed wat die deurslag gegee het. Die eerste is die genepoel. In Suid-Afrika is dit maar klein – ons swartrenosters is omtrent almal nou nasate van die KwaZulu- en Kruger-troppe. So die Zim-diere is in daardie aspek goud werd. Ek moes teken dat Natuurbewaring eerste reg op die kalwers het. Die tweede ding is, ek is afgeleë. Net ’n handjievol mense sal weet ek gaan renosters aanhou – waarvan julle nou deel is, ek vra mooi, hou dit tussen ons, want die horings verkoop hier teen twintigduisend dollar per kilogram, so jy praat van meer as sestigduisend dollar vir een horing, dis amper ’n halfmiljoen rand. En die derde ding is, ek het die ruimte en my heinings is geëlektrifiseer. Hier …” Hy tik met sy omvangryke voorvinger op die dokument. “ … is my permit.”

      Hy haal nog ’n vel papier uit die lêer uit. “Hier is ’n brief van die direkteur wat bevestig dat hulle ’n uitsondering maak met die invoerpermit, aangesien dit ’n ‘noodsending’ is.” Hy trek die aanhalingstekens met sy twee dik wysvingers.

      “Diederik …” sê ek.

      “Lemmer, ek weet wat jy gaan vra. Wat het dit met jou te doen? Nou, laat ek vir jou sê. Jy ken vir Lourens le Riche?”

      “Ek weet van hom.”

      “Lourens is op hierdie oomblik in Musina met Nicola se wildlorrie, vannag laai hy die renosters net oos van Vhembe op die Zim-grens, dan moet hy al die pad hiernatoe ry met ’n vrag wat ’n fortuin werd is, en nou praat ek nie net in geldterme nie. Dis meer as ’n duisend-vyfhonderd kilometer, as daar iets moet gebeur …” Brand kyk betekenisvol na my. Dit neem my ’n rukkie om te snap.

      “Jy wil hê ek moet saam met hom ry?”

      “Asseblief, ou Lemmer, man,” sê hy asof ons ou vriende is. “Ek betaal jou volprys, sê net wat jou tarief is.”

      Emma se uitdrukking sê sy dink ek moet dié edele saak ondersteun.

      “Diederik, dis nie so eenvoudig nie …”

      “Alles is amptelik, Lemmer, jy hoef oor niks te bekommer nie.”

      “Dis nie die probleem nie. Ek is op kontrak. Ek kan nie vryskutwerk doen nie.”

      “Hoe bedoel jy?”

      “Ek werk vir ’n maatskappy in die Kaap. Body Armour …”

      “Dis nou die lyfwag-werk van jou? Julle pas al hierdie rykes en beroemdes op …”

      In die Bo-Karoo is daar nie geheime nie, net skewe persepsies. “Dis meestal sakemanne van oorsee …” sê ek.

      “Maar jy’s mos nou af.”

      “Diederik, ek het ’n kontrak met Body Armour wat sê ek mag nie vryskut werk nie. Alles moet deur hulle gaan.”

      “Hulle vat seker ’n kommissie.”

      “Dis reg.”

      “Lemmer, man … hoe gaan hulle weet? Vanaand laai julle, oormôreoggend is julle terug.”

      Hoe verduidelik ek vir hom dat my lojaliteit teenoor Jeanette Louw, my werkgewer, ononderhandelbaar is, sonder om hom in die gesig te vat?

      “Ek is soos jy, Diederik. Ek hou ook van amptelike toestemming.”

      Hy kyk na my, opsommend. Hy dink.

      “O.K.,” sê hy. “Wie’s in beheer daar? Wat is sy telefoonnommer?”

      “Hoe gaan dit help? Musina is ’n dag se ry van hier af.”

      “Daai vliegtuig …” en hy wys met sy duim vliegveld se kant toe. “Dis Lotter. Hy wag vir jou …”

      * * *

      Ná ’n selfoongesprek van tien minute gee hy die instrument vir my aan. “Sy wil met jou praat.”

      “Jeanette,” sê ek.

      “Bly om te hoor jy werf nou al self kliënte …” Die gewone ironie in haar Gauloises-rasperstem, gevolg deur ’n enkele, blaffende “Ha!” Wat beteken sy lag.

      Ek sê niks.

      “Ek sal die admin hanteer, as jy die job wil hê.”

      Wil ek? Dié een is naby aan die huis. En ek het vrae, nog ongeformuleer, alles gebeur te vinnig, te kort ná die ridders. En dan is daar Lemmer se Eerste Wet: Moenie betrokke raak nie. En hierdie ding is oor betrokke raak. By ’n plaaslike boer, by ’n Groot Saak.

      Jeanette interpreteer my stilte reg. “Dalk weet jy meer as ek. Dis jou besluit.” Dan voeg sy by: “Dis ’n goeie saak, Lemmer. Hy klink na ’n mensch. En jy weet hoe dit is, met die resessie …”

      Ek weet. Body Armour se omset is met vyftig persent af weens die internasionale ekonomiese gemors. Ek het twee maande laas ’n sent verdien.

      Ek kyk na Emma se pleitende oë. Sy is, soos Jeanette, al klaar ’n Diederik-dissipel. Ek dink aan die jong Lourens le Riche, hardwerkende student. Wat sal die dorp sê as ek hom versaak? Ek dink aan die nuwe Ford-bakkie se paaiement. En my dak. Oom Ben Bruwer se sagte fluit toe hy uit die plafon klim en sê: “Die hout is vrot. Jy sal moet heel nuwe dak opsit.”

      Ek sug. Diep.

      “Ek’s in,” sê ek.

      22

      To be able to recognise signs, trackers must know what to look for and where to look for them. Someone who is not familiar with spoor may not recognise it, even when looking straight at the sign.

      – The Principles of Tracking: Recognition of Signs

      Lotter lyk soos ’n middeljarige rockster – effens bles, poniestert agter, ronde brilletjie op ’n sigeunergesig. Hy kom groet met die hand en ’n gemoedelike glimlag, vat my swart sportsak, loop na die vliegtuigie toe. Dié is onmoontlik klein, ’n speelding in wit en blou en rooi, met ’n perspeksborrel-venster bo die kajuit, twee sitplekkies, dun stuurstokke waar jy iets meer substansieel verwag. Dit lyk na die soort waarna hulle in radio-nuusbulletins verwys as ’n “mikroligte vliegtuig”, met die woord “neergestort” gewoonlik in dieselfde sin.

      Emma gaan kyk daarna, nuuskierig, opgevang in wat sy netnou geesdriftig as my “lekker avontuur” beskryf het.

      Diederik Brand kom staan langs my. “Jy hoef nie te bekommer nie, Lotter is ’n nasionale kampioen.”

      Dis nie hoe hy vlieg wat my pla nie, maar wat hy vlieg. Ek sê niks.

      “Hierdie is net vir die wis en die onwis,” sê Brand en gee vir my ’n bondel, СКАЧАТЬ