Donker Web. Fanie Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donker Web - Fanie Viljoen страница 15

Название: Donker Web

Автор: Fanie Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Приключения: прочее

Серия:

isbn: 9780624090472

isbn:

СКАЧАТЬ aan en begin net aanteken toe Plank weer inkom.

      “Het jy geweet iemand hou jou plek dop?”

      “Waarvan praat jy, Plank?”

      “Kom kyk.” Hy trek my op uit die stoel. “Die ou staan daar onder in die straat.”

      Ek volg Plank terug balkon toe, net betyds om die man te sien: ’n ou met ’n swart motorfiets. ’n Ewe swart baadjie oor sy Levi’s-T-hemp. Jeans. Die valhelm is steeds op sy kop. Ek kan nie uitmaak hoe hy lyk deur die verdonkerde gesigskerm nie. ’n Laaste keer kyk hy op na my, dan skakel hy die enjin aan en ry.

      “Weird, nè?” vra Plank.

      “Hy het seker maar net gestop om iemand te bel of die pad te soek.”

      “Terwyl hy na jou woonstel kyk?”

      “Plank, dis niks nie, oukei?” hou ek vol, maar klink nie te seker van myself nie.

      “Whatever.” Plank stap weer in, val op die bed neer. Die koerierboks langs hom wip amper vloer toe. “Wat’s dié?”

      Ek vat die boks en skud dit. “O ja, dis vandag afgelewer. Ek weet self nie.”

      “Nou maar kyk, magtig. Of moet ek dit doen?”

      “Jy los my stuff.”

      In die kombuislaai kry ek ’n skerp groentemes. Dit glip deur die bruin kleefband aan die bokant van die boks.

      “So? Wassit?”

      “Ek kyk mos nou, Plank. Wees nou net ’n bietjie rustig vir my.”

      Kopskuddend vou ek die boks se flappe oop. Steek my hand in en vat eerste ’n koevert raak. Daar is niks buite-op geskryf nie. My vinger glip onder die koevert se flap in, skeur dit oop en haal die brief uit.

      Miskien sal dit jou help om die Baker op te spoor.

      Ek lees eers self die getikte boodskap. Dan gryp Plank die brief.

      “Die Baker?” vra hy toe hy klaar gelees het. Fronsend sit hy regop. Ek kan sien die wiele in sy kop draai teen ’n verwoede spoed. “Is jy weer besig met daardie Nursery Rhyme stuff?”

      Ek knik stadig. Ek het hom nog nie daarvan vertel nie. “My pa sit in die tronk en die Baker loop los buite rond. Die polisie kon hom nie kry nie. Maar ek gaan.”

      “Jý, Greg Owen, is getoor in die kop. Het jy nog nie genoeg gehad nie?”

      “Wat reg is, is reg.”

      “En as hy jou kom vrekmaak, is dit dan steeds reg?” Plank spring van die bed af op. Hy gooi die res van die bier met een sluk in sy keel af en loer dan versigtig verby die gordyn na buite. “Flippit, ou, dan was ek reg oor daardie dude in die straat. Dis surveillance.”

      “Jy oordryf.”

      “Tja?”

      “Tja!” Ek lag. “Moenie oor my worry nie. Ek sal versigtig wees.”

      “Sê elke ou wat al mafia-style vrekgemaak is.”

      Ek trek net my gesig, dan steek ek my hand weer in die koerierboks, nuuskierig om te sien wat nog daarin is.

      Nog ’n koevert. Ek haal die ding uit en skeur dit oop.

      Plank hou my met groot oë dop.

      My vingers kry die ding daarbinne beet. Dit voel grof, bros. Ek trek dit uit. Dis ’n notaboek. Bruin omslag, geelwit blaaie.

      “ ’n Ou boekie,” sê Plank teleurgesteld. “Dit lyk of die ding uit die oorlog kom.” Hy wil dit oopmaak.

      “Nee, wag, jy werk te rof daarmee,” keer ek. “Dit lyk of die boek in ’n brand was.” Ek wys na die swart rand en die geskroeide blaaie. Stadig maak ek dit oop. Van die bladsye is uitgeskeur of heeltemal verbrand. Tog kan jy hier en daar iets uitmaak. Formules. Enkele van die bladsye het nommers op. Kriptiese notas.

      ’n Vae diagram:

      En op die laaste bladsy ’n enkele woord: Valkyrie.

      <h11>Valkyrie</h11>

      Ek kan nie slaap nie. Die vreemde boek, waar dit vandaan kom en wat dit beteken hou my wakker, daarom glip ek uit die bed en gaan staan buite op die balkon. In die verte glim die geel-oranje van die brandende berg in die donker. As dit nie so erg was nie, sou ’n mens kon sê dis betowerend mooi.

      ’n Hele ruk staan en kyk ek na die gloed, totdat ek uit die hoek van my oog iets in die straat sien beweeg. ’n Mens? Dalk net ’n rondloperhond? Of my verbeelding? Want toe ek weer sien, is dit stil en lê Van Riebeeckstraat onversteurd in die donker.

      Terug in die woonstel gaan sit ek by die rekenaar, teken aan en maak Firefox oop. Valkyrie, tik ek in die soekenjin.

      Die resultate verskyn blitsig. Ek klik op een van die skakels: In die Noorse mitologie was die Valkyries vroulike geeste wat tydens ’n veldslag besluit het wie sou lewe en wie sou sterwe. Strydgodinne. Die onheilspellende wesens het donker toorkuns gebruik om seker te maak hul keuses word deurgevoer. In Afrikaans noem mens hulle glo Walkures, sien ek nou. Volgens die gedig “The Saga of the Volsungs” is om ’n Valkyrie … Walkure te sien, soos om na ’n vlam te staar. ’n Ander Noorse gedig, “Darraðarljóð”, beskryf hulle meer grafies: twaalf Walkures wat voor weefstoele sit en die tragiese lot van krygsmanne verweef met derms as weefdraad, afgekapte koppe as gewigte, en pyle en swaarde as weefkamme.

      Die gedagte maak my opeens naar en ek spring van die rekenaar af op. My kop draai na die boekie voor my bed.

      Met watter siek goed was die Baker besig?

      Donderdag se klasse sleep traag verby. Die moegheid haal my in. Dain sien dit seker ook. “Gisteraand te min geslaap en te veel geleer?” vra hy toe hy saam met my na die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou stap.

      “Sê maar so,” antwoord ek ontwykend. Hy lyk na ’n cool ou, maar hy hoef nie te weet nie.

      Toe ons voor die gebou kom, haal Dain iets uit sy sak. Sy wenkbroue skiet geheimsinnig op. “Vat hierdie, dit sal help,” sê hy en druk ’n klein wit pilletjie in my hande.

      “Wat is dit?”

      “Pophuispille.”

      “Ek doen nie drugs nie.”

      “Dis Ritalin, man. Almal doen dit. The breakfast of champions.” Hy vou my vuis om die pil toe. “Hou dit dan maar net. Vir in case, jy weet? As jy nog wil hê …” Hy knipoog.

      Ek druk die pil in my broeksak. Daar is nie ’n manier waarop ek dit sal drink nie.

      Uiteindelik is die laaste klas vir die week verby. Ek stap van daar af Maties Gym toe vir ’n vinnige sessie. Dis môre Goeie Vrydag. Vanaand vlieg ek vir die langnaweek Johannesburg toe. My vlug is klaar bespreek. Daar is iets wat ek môre moet doen. ’n СКАЧАТЬ