Donker Web. Fanie Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donker Web - Fanie Viljoen страница 14

Название: Donker Web

Автор: Fanie Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Приключения: прочее

Серия:

isbn: 9780624090472

isbn:

СКАЧАТЬ my vraag, my onnoselheid. “Die hacking – doen jy dit nog?”

      Ek wring my hande senuweeagtig inmekaar.

      “Mmm.” Sy oë vernou. “Ek sal dit vat as ’n ja.”

      “Ek is jammer oor al die goed wat destyds gebeur het. Dis net …”

      “Sometimes shit happens.” Die oom lag vir sy eie grappie, dan word hy skielik weer ernstig. Sy stem sagter. Vaderlik? “Nadat my vrou my aangepraat het, het ek gaan nadink. Wat ek aan jou gedoen het, daar voor die galery, was nie fair nie. Dit was seker maar ’n skokreaksie om my dogter te beskerm. Dis hoe pa’s is. Die meeste pa’s. Hulle beskerm hulle kinders.” Hy laat die woorde in die lug hang. “Dis hoekom ek jou kom soek het, om jou te sê: Ek het ’n fout gemaak. Sorry. Ek het nie die reg om jou te judge op grond van jou pa se streke nie. En al loop sy bloed in jou are, verdien jy ’n regverdige kans. Jou pel ook. Plank. Watse naam is dít in elk geval? Donner tog! Ek hoop nie daar is eendag kinders nie. Wat maak ek met ’n klomp klein Plankies? Bou ’n pophuis?” Sy bors roggel toe hy lag. “Sê maar vir daai mannetjie hy kan weer by Lisa kom kuier. Ek sal met haar gesels, maar— ”

      “Dankie, oom— ”

      “Ek praat nog, Greg! – maar as jy of Plank my wys julle is twee klein etters, sal alle hel losbars. Reg so?”

      Ek knik.

      “Praat met my, Greg.”

      “Reg, oom.”

      Hy knik. Dit lyk asof hy nog ’n rukkie dink. “Daardie hacking-goed waarmee jy besig was – los dit.”

      “Ek sal, oom.”

      “Jy weet nie waarmee jy speel nie. Selfs hier in ons ou dorpie is daar onderduimse dinge aan die gang. Kyk net wat het uitgekom oor Markus Jooste en die ander menere. Die Stellenbosse Boys. Ga! Hulle is maar enkele scaly karakters.”

      Ek knik, al weet ek nie van wie hy praat nie.

      “Daar is goed in hierdie wêreld wat donkerder is as donker. Vieslike mense wat vieslike goed aanvang.” Hy vryf weer oor sy baard. “Ek het dinge gesien wat jou asem sal wegslaan, Greg. Ja, ek was in die polisie. Nie meer nie. Ek is geboard. Ongeskik vir diens. Te veel stres. Dis wat daardie werk aan jou doen. Dit maak van jou ’n ander mens. Iemand wie jy nie wil wees nie.”

      Ek het ook ’n ander mens geword, dink ek, maar ek sê dit nie.

      “Ek is jammer, oom.”

      “Dis niks om oor sorry te wees nie.” Hy blaas sy asem nadenkend uit. Dis soos ’n drukklep wat spanning laat ontsnap. “Ek het daardie job gekies. Dit het my amper doodgemaak, maar ek is nie spyt oor ’n enkele oomblik daarvan nie.”

      “Ek is bly oom is nou oukei.”

      Hy kantel sy kop. Frons. “Dis nie wat ek gesê het nie.” ’n Ruk lank bly hy stil. Dit lyk of hy tranerig word. Ek weet nie of ek iets moet sê nie. Versteen sit ek daar, te bang om te roer. My kop spin. Wat het nou net hier gebeur?

      “Is jy seker hier is nie bier nie?” vra oom Dirk dan skielik hard.

      “Nee, oom.”

      Hy sug. “Toemaar, anderdag vat ek jou op ’n ordentlike date.” En hy lag weer roggelend uit sy maag uit.

      <h10>Koerier</h10>

      Plank se stemboodskap kom die volgende dag toe ek uit my laaste klas vir die dag stap. “Hei, dankie! Lisa het my gebel. Ek hoor oom Dirk het met jou gepraat. Hoop nie dit was te erg nie. Daardie oom is kwaai! Wat is die ding van die plankies en die pophuis?”

      “Kom ons sê maar net daardie oom gaan jou knaters aftrap as jy hulle wil gebruik,” antwoord ek.

      “Lucky me.”

      Ek sien hy gaan offline, daarom sluit ek my skerm. Van die studentesitkamer af groet Dain. “Haai!” roep ek terug, maar maak nie verder geselsies nie. Ingedagte verskuif ek die rugsak wat aan my skouer rem en neem die trappe uit die fakulteitsgebou, verby die Maties Gym en Coetzenburg-swembad terug na my woonstel. Musiek van Imagine Dragons in my ore. Daar hang vanmiddag ’n brandreuk in die lug. Daar is seker weer ’n vuur iewers in die berg. Dit kan dae neem voordat dit geblus word.

      By die woonstelingang keer die sekuriteitsman my voor.

      “Meneer Owen, ek het iets vir jou. ’n Pakkie.”

      Ek haal die pods uit my ore en wag dat hy die pakkie onder die toonbank uithaal. Voordat hy dit gee, moet ek eers sy afleweringsregister teken.

      “Dankie!” sê ek.

      Hy knik, kyk dan of ek sy blaai reg ingevul het.

      Met die pakkie onder my arm draf ek die trappe op na my woonstel. Sluit dit met een hand oop. Dis onaards warm binne. Gelukkig is die plek skoon. Doortjie was vanoggend hier. Sy het iewers ’n blom gekry en in ’n glas op die kombuistoonbank gesit.

      Ek stuur gou vir haar ’n boodskap om dankie te sê, dan stel ek die aircon lekker koud.

      Net toe is daar ’n klop aan die deur. Plank. Hy smyt sy rugsak in die kombuis neer.

      “Manne, manne, waar’s die drank en wat’s die planne? Ek het ’n flippen rowwe dag gehad.”

      “Kyk in die yskas, daar is nog ’n sixpack,” sê ek, pluk my hemp oor my kop en slinger dit na die lessenaar se stoel. Plank kry die bier. Knak dit oop en drink. “Wat pla jou?” vra ek.

      “Meisies. Maties. En my maag.” Hy lig sy hemp op. “Kyk hoe lyk die ding. Ek kry ’n flippen boepens, Greg.”

      “Lyk vir my na ’n bierpens. Dis omdat jy nie meer rugby speel of gym nie.”

      Plank rol sy maag soos ’n belly dancer s’n, vat ’n sluk bier en sug.

      “Ek dog die ding tussen jou en Lisa is toe uitgesorteer?”

      “Dit was.”

      “Maar?”

      “Toe sien sy netnou my Tinder profile. En nou is ek weer in die dog box.”

      “Hoekom is jy nog op Tinder? Dude?”

      “Ek gaan nie my profile toemaak nie. Sê nou net –”

      “Sê nou net niks. Is jy van jou rocker af? Jy het dan nou net vir Lisa teruggekry.”

      “Hei, ek dog jy is aan my kant, Greg!”

      “Watter deel van dating apps verstaan jy nie?”

      “Dis nie asof ek daarop boer nie. Jis, ou, en weet jy hoeveel keer is ek al deur ’n mooi lyf op daardie app gereject?”

      “Ek wonder hoekom?”

      Plank gaan staan op die balkon. “My lewe suck!” skree hy straat se kant toe.

      “Kry vir jou ’n shrink!” antwoord iemand СКАЧАТЬ