Donker Web. Fanie Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donker Web - Fanie Viljoen страница 13

Название: Donker Web

Автор: Fanie Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Приключения: прочее

Серия:

isbn: 9780624090472

isbn:

СКАЧАТЬ Stellenbosch. Ek … um … werk hier.”

      “By ’n koerant?”

      “Nee.”

      “Watse ‘inligting’ soek jy?” Sy is beslis dronk, weet ek nou. Haar tong trek lui aan die woorde.

      “Ek is op soek na inligting oor iemand wat kennis het van farmakologie. Dalk ’n dokter. ’n Chemikus. Iemand wat my pa geken het.”

      “Bedoel jy my oorlede man?”

      “Ja, dalk.”

      Ek hoor hoe sy nog ’n drankie skink. Haar selfoon is seker op luidspreker. “Hy was ’n duiwel wat met kinders gelol het.”

      Ek blaas my asem hard uit. “Dis wat die koerantargiewe sê. Maar is dit moontlik dat hy ook … dat hy ook by ander goed betrokke was?”

      Dit neem ’n ruk voor sy antwoord. Ek wonder naderhand of sy nog daar is. “Mevrou Trollip?”

      “Ander goed … soos wát?” vra sy na ’n ruk.

      “Project Nursery Rhyme?” Diep asem. Vasberade. “Ek is op soek na die Baker.”

      Dadelik gaan die lyn dood. Ek kyk verbaas na my selfoon. “Oukei, dit het nie goed afgeloop nie,” sê ek vir myself en probeer weer bel, maar sy antwoord nie. Weer en weer bel ek. Dan blok sy my nommer.

      Is dit omdat sy iets weet? Beslis ja, maar ek gaan nie meer by haar uitvind nie.

      In die loop van die week kontak ek die een persoon ná die ander wat vir mevrou Trollip of haar oorlede man ken. Ek werk op die name onder aan foto’s, maatskappye wat dalk besigheid met hulle gedoen het.

      Bykans niemand wil help nie, maar soms kry ek tog iemand wat my na iemand anders verwys, en húlle verwys my weer na nog ’n ander persoon.

      Ten spyte van al my pogings eindig al my navrae in ’n doodloopstraat.

      Dit voel naderhand of ek in ’n werklike donker patroon beland het. Baie van die groot webblaaie het sulke goed: donker patrone of ’n kokkerotmotel wat jou deur slinkse webbladontwerp pootjie om byvoorbeeld jou registrasie te kanselleer. Amazon is een van die maatskappye wat dit gebruik. Om jou rekening by hulle toe te maak, sal jy soek van een webblad na ’n ander na ’n ander, van een hyperlink na ’n ander en weer ’n ander, en selfs dan, wanneer jy uiteindelik die opsie Delete account kry, moet jy eers met ’n agent ’n aanlyn gesprek voer en sal hulle jou rekening van hulle kant af sluit. Ander webblaaie sal die font se kleur ligter maak sodat jy nie die skakels raaksien wat hulle wil hê jy nie moet gebruik nie. Uiteindelik smyt die donker patrone jou in ’n kuberdoolhof van skakels waaruit jy moeilik sal kom totdat jy uiteindelik moed opgee en maar die registrasie behou.

      Dis hoe dit nou vir my voel. Dis waar ek is: vasgevang in ’n doolhof waarin daar net vrae is, maar geen antwoorde nie.

      <h9>Een van ons</h9>

      Op ’n oggend voor ’n klastoets drentel een van die ouens wat saam met my swot, nader. Swart kortbroek, Sportwetenskap-hemp, tekkies en ’n keps op die kop. Hy plak hom op die stoel langs my in die lesinglokaal neer. Stamp liggies met sy elmboog teen myne. “Jy is darem ’n emmer vol sonskyn, is jy nie?”

      “Skies?”

      “Jy weet waarvan ek praat. Jy sit mos elke dag hier agter in die klas. Moerse smile op jou gesig.”

      Ek kan sien hy spot goediglik, maar ek antwoord nie, want ek probeer uitwerk hoekom hy hier is. Ja, ek weet hy is ’n klasmaat, maar nogtans.

      “Dain February,” sê die ou. Hy stamp sy vuis teen myne. “At your service.”

      “Greg Owen,” groet ek, steeds agterdogtig.

      “Ek weet. Almal weet.”

      “En?”

      “En, dit maak nie vir my saak nie. Jy is een van ons.”

      Ek glimlag weer. “Jip.”

      Later die middag, ná ’n tawwe oefensessie, kry ek vir my ’n Powerade en iets om te eet by die Workout Café in die gym. Terwyl ek wag, kyk ek hoe die ouens buite in die swembad oefen. Afrigters loop heen en weer voor die venster verby. Fluitjies om die nek. Hoede op die kop teen die skerp son.

      “Owen!” sê ’n diep stem skielik langs my. ’n Koue skrik stuur deur my lyf.

      Die man pluk ’n stoel uit. Plak hom by die tafel neer sonder dat ek hom nooi. Lisa se pa. Wat de hel maak hy hier?

      “Wat drink ons?” vra hy.

      Fronsend wys ek na die energiedrankie.

      “Pis? Nee, jir, dan wag ek tot by die huis.” Hy draai skuins in die stoel.

      “Kan ek oom help?”

      “Wat? Nee! Natuurlik nie. En my naam is Dirk. Dirk Schutte. Nie ‘oom’ nie.”

      “Hoe het oom geweet ek is hier?” Ek gaan hom nie Dirk noem nie.

      “My vrou het gesê ek moet jou kom soek. Dit was nie moeilik om jou te kry nie. ’n Mannetjie soos jy. Mense ken jou.”

      “Mense dínk dalk hulle ken my,” sê ek effens hardegat.

      Oom Dirk leun terug in die stoel. Hy vryf stadig oor sy grys baard. Haal sy oë nie ’n oomblik van my af nie. Som my op, besef ek. Nes inspekteur Cele en sersant Botha my twee jaar gelede ondervra het. Ek hoor nou nog hul stemme en kry soms nagmerries daarvan.

      “Jy is toe wie ek gedink het jy is, Owen. Ek het verder oor jou gaan oplees. Jou … rekords.”

      Ek sluk, vee my hande aan my broek af. Sien dat hy dit opmerk en vou vinnig my arms voor my bors. Ook dít beteken seker vir hom iets, want hy kantel sy kop effens.

      “Is oom in die polisie?”

      “Ek vra die vragies hier, boetie. Goed so?” Sy kalm stem stuur ’n rilling langs my rug af. Ek neem aan ek het hom reg opgesom.

      “Vertel my van die hacker-goed waarmee jy deurmekaar geraak het.”

      “Ek het met die polisie saamgewerk, ek hoef nie weer— ”

      “Vertel my!” Hard. Van die ander studente kyk om na ons tafel.

      Ek maak keelskoon. “Dis nie omdat ek regtig wou nie, oom.”

      “Moenie vir my lieg nie.”

      Ek wil opstaan. Hy gryp my arm vas, druk my terug. “Iemand het my geleer. Sommer net vir die pret. Dit was ’n uitdaging. Ek wou kyk of ek dit kon regkry. Toe ruk alles handuit.”

      “Hoe so?”

      “Dinge het te ver gegaan. Ek moes net nooit daarmee begin het nie.”

      “Soos dwelms.”

      “Ek doen СКАЧАТЬ