Uit die Beek 2012. Attie van Wijk
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die Beek 2012 - Attie van Wijk страница 19

Название: Uit die Beek 2012

Автор: Attie van Wijk

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия: Uit die Beek

isbn: 9780796315663

isbn:

СКАЧАТЬ in die modder vertrap.

      “Maar Dominee, ons kan mos nie daardie lidmate onder sensuur sit nie – dit sal die mense uit die kerk wegjaag,” maak ’n ander ouderling tydens die kerkraadsvergadering beswaar. Hy sien nie raak dat die mense in elk geval reeds prakties uit die kerk is nie. En as hulle nie ernstig opgeneem word en aandag kry nie, sal hulle vir ewig verlore gaan. Moet ons hulle in vrede laat hel toe gaan, of moet ons in liefde na hulle uitreik? Ware geloof word tog aan sy dade geken (Jak 2:17).

      GEBED: “Here, help ons om vir verlorenes om te gee.”

      Lees vanaand in Handelinge 5:17–25 van die Here se humor toe die apostels in die tronk gegooi is. Hy is mos almagtig!

      Woensdag 7 Maart

      Lees Handelinge 5:26–32.

      Die seën van gehoorsaamheid

      “En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is” (Hand 5:32).

      “Ons moet gereed maak om aangekla te word en selfs tronkstraf te kry net omdat ons aan die Here gehoorsaam is,” skryf ’n bekende Amerikaanse leraar. En dit het reeds begin. Een predikant wat met sy gemeente voor ’n aborsiekliniek gestaan het om jong meisies te probeer afraai om hulle babas te laat doodmaak, is aangekla en skuldig bevind, en beveel om meer as agt miljoen dollar skadevergoeding aan die kliniek te betaal! Ook in ons eie land is gemeentes wat aan die Here se Woord getrou wou bly, skuldig bevind en swaar beboet. Gehoorsaamheid kos iets.

      Die apostels is uit die tronk gered, en het voortgegaan om die evangelie in die tempel te verkondig. Toe die Joodse Raad hulle vra hoekom hulle dit doen nadat hulle ernstig vermaan is om dit nie te doen nie, het hulle verduidelik dat hulle aan ’n hoër gesag onderworpe was. “ ’n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!” (Hand 5:29). Die regters het gekla dat hulle nou die skuld kry oor Jesus se dood. ’n Paar weke vantevore het dieselfde leiers vir Pilatus gesê: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” (Matt 27:25). Nou maak hulle of hulle onskuldig is.

      Petrus lê weer klem daarop dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het, dat Hy mense help om hulle te bekeer en dat Hy hulle sondes vergewe (Hand 5:31). En die Heilige Gees is bedoel vir elkeen wat aan God gehoorsaam is (v 32). Dit beteken ook vir jou en vir my, as ons gewillig is om voluit vir God te lewe.

      GEBED: “Here, ek wil graag volledig aan U gehoorsaam wees. Rus my daarvoor toe met die krag van u Gees.”

      Lees vanaand in Handelinge 5:33–42 van Gamaliël se wyse woorde, en hoe vervolging die gelowiges geraak het.

      Donderdag 8 Maart

      Lees Handelinge 6:1–7.

      Net die beste is goed genoeg

      “Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel” (Hand 6:3).

      “Diakens is soort van junior ouderlinge, en doen dienswerk tot hulle oud genoeg is om as ouderlinge gekies te word.” Stem jy saam met hierdie katkisant se definisie? Dit mag waar wees van sommige tradisionele kerke, maar dit is nie wat ons in die Bybel leer nie. Die eerste diakens was die heel beste lidmate wat hulle kon kry, en waarskynlik ook nie juis jonk nie.

      Die eerste gemeente het vinnig gegroei. Daar was baie lidmate wat hulp nodig gehad het, en die apostels kon nie bybly om hulle te versorg nie. Toe daar klagtes van diskriminasie ontstaan, het Petrus hulle almal bymekaargeroep en verduidelik dat hulle uit hulle eie geledere diakens moet kies. Nie sommer enige jongman nie, maar manne wat bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees en wysheid is. Die Heilige Gees moes hulle lei in hulle besluitneming, en hulle sou baie wysheid nodig hê om die regte manier van hulp te kan identifiseer. Die apostels wou hulleself toelê op gebed en die prediking (Hand 6:4).

      In Suid-Afrika is daar soveel werkloosheid dat elkeen wat produktief is, vir ten minste vier ander moet sorg, volgens een van ons ministers. En met die baie bedelaars wat by ons deure kom klop, weet ons ook nie altyd wat die waarheid is nie, en wat die regte manier is om hulle te help nie. Elkeen van ons het die leiding van die Heilige Gees en wysheid nodig.

      GEBED: “Here, ons bid vir elke diaken, en vir ons, vir die nodige wysheid en die leiding van die Heilige Gees.”

      Lees vanaand in Handelinge 6:8–15 hoe een van die diakens valslik aangekla en voor die hof gesleep is.

      Vrydag 9 Maart

      Lees Handelinge 7:1–8.

      God se vreemde roeping

      “Trek uit jou vaderland uit, weg van jou familie af, en gaan na die land toe wat Ek vir jou sal wys” (Hand 7:3).

      “Klink dit nie vir jou ook na ’n sendingroeping nie?” vra my Amerikaanse vriend David Bliss na aanleiding van hierdie gedeelte (Gen 12:1–30). Baie Suid-Afrikaners het ’n soortgelyke roeping gekry om die evangelie uit te dra na mense in ander lande wat nog nooit van Jesus gehoor het nie. God het mos ’n doel met elkeen van ons. Sommige moet na ander lande toe gaan en ander moet hier bly om hulle te ondersteun. Watter soort is jy?

      Die diaken Stefanus is gevange geneem op grond van valse getuienis, maar kry die kans om hom te verdedig. En hy begin met ’n geskiedenisles wat aan sy hoorders oorbekend is. Die slim mense sê sy aanhalings kom uit die Septuagint – die Griekse Ou Testament – en dit wys dat Stefanus ’n Griekssprekende Jood was. Hy was vol van die Heilige Gees (Hand 6:5) en het soos ’n engel gelyk (Hand 6:15). Hy het nie ’n nuwe profetiese uitspraak gemaak nie, maar die hoorders eenvoudig gewys dat dit wat nou aan die gebeur was, maar net die vervulling van die beloftes in die Ou Testament was. Dit was niks vreemds nie. Dit was nog dieselfde God wat aan die werk was, en die Israeliete was nog steeds net so ongehoorsaam soos in die verlede. Die gebeure was die vrug van God se verbond (Hand 7:7).

      Galasiërs 3:29 verduidelik dat elke ware gelowige – ook ek en jy – nakomelinge van Abraham is, en daarom erfgename van die beloftes wat God gemaak het. Dit is dus baie sinvol om noukeurig te kyk wat die Here vir ons in die Ou Testament sê, want dit sal ons help om te verstaan wat Hy vandag in en deur ons wil doen.

      GEBED: “Dankie vir u roeping vir my, Here. Help my om dit te gehoorsaam.”

      Lees vanaand in Handelinge 7:9–16 hoe God Josef se swaarkry gebruik het om vir sy familielede te voorsien.

      Saterdag 10 Maart

      Lees Handelinge 7:17–22.

      Toegerus

      Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en hy het uitgeblink in woord en daad (Hand 7:22).

      “God berei groot manne voor vir groot take deur groot beproewings,” het JK Gressett geskryf. Die groot prediker Peter Marshall het daarby gevoeg: “God sal nie toelaat dat ons beproef word nie, tensy Hy ’n groot plan het sodat daar groot seën uit die probleme kan kom.” Dit sien ons in die geskiedenis van Moses wat Stefanus hier vertel.

      Stefanus is aangekla dat hy vir Moses en sy wet verwerp (Hand 6:13). In sy verdediging wys hy nou dat hy net die hoogste respek vir Moses het, en dat hy ten volle op die hoogte was van Moses se sterk punte en swakhede. Hy vertel dus van die gevare wat die klein babaseuntjie bedreig het, en hoe die Here sy lewe СКАЧАТЬ