Название: Uit die Beek 2012
Автор: Attie van Wijk
Издательство: Ingram
Жанр: Религия: прочее
Серия: Uit die Beek
isbn: 9780796315663
isbn:
GEBED: “O Heilige Gees, kom verander ons land tog weer!”
Lees vanaand in Handelinge 2:22–28 hoe God in beheer was toe Jesus aan die kruis gesterf het en ook toe Hy weer opgestaan het.
Dinsdag 28 Februarie
Lees Handelinge 2:29–36.
Jesus is die Here!
“Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” (Hand 2:36).
“Wat sou die gemeentelede doen as die dominee reguit oor hulle sondes begin praat?” kom die vraag nou die aand in ’n kleingroep op. “Hulle sal kwaad word en uitstap,” merk die eerste groeplid op. Ons is mos nie meer gewoond daaraan dat sonde by die naam genoem word nie. Ons verkies liewer dat mense in vrede hel toe gaan, of hoe?
Petrus se lewe het radikaal verander. ’n Paar dae tevore was hy nog so bang vir sy lewe dat hy onder eed verklaar het dat hy glad nie vir Jesus ken nie! Hy was doodbang. En nou, ná die Heilige Gees sy lewe oorgeneem het, is hy absoluut vreesloos. Hy staan hier voor baie van die mense wat ’n paar weke tevore uitgeroep het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” en beskuldig hulle daarvan dat hulle Jesus onskuldig laat doodmaak het, sonder om te besef wie Hy werklik was. Hy was die Christus, die verwagte Messias. Dit was die Here van Israel vir wie hulle daardie dag verwerp het. En die Heilige Gees oortuig hulle, sodat hulle dadelik begin hulp soek.
Die evangelie gaan nie oor ’n klomp reëls wat ons moet onderhou nie. Dit gaan nie daaroor dat ons sekere sondes moet vermy en so probeer om onsself te red nie. Dit gaan oor ’n Persoon: Jesus van Nasaret. Wie was Hy? Wie is Hy? Mense spot maklik in hulle onkunde met Hom, maar as die Heilige Gees jou begin oortuig van wie Hy werklik is, dan kan jy net een ding doen: op jou knieë val en om genade roep.
GEBED: “Here Jesus, vergewe my dat ek so maklik vergeet wie U regtig is, en wat U vir my gedoen het.”
Lees vanaand in Handelinge 2:37–42 hoe drie duisend mense ná hierdie eerste preek vir Christus aangeneem het.
Woensdag 29 Februarie
Lees Handelinge 2:43–47.
Gemeentegroei
En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is (Hand 2:47).
“In watter maand van die jaar eet ’n mens die minste?” Die antwoord is natuurlik Februarie, want dit is die kortste maand, selfs al is dit ’n skrikkeljaar soos vanjaar. Die antwoord is egter nie waar vir almal nie. Mense wat bestaansboerdery beoefen, beleef soms tye wanneer hulle net een maal per dag kan eet, en sommige dae selfs niks nie. ’n Vriend vertel dat hy in Angola ’n meisie van 16 ontmoet het wat vir 16 weeskinders moes sorg. Soms eet hulle net blare met grond gemeng om darem iets in die magies te kry.
Hoe anders as hierdie eerste gemeente! Hulle was lief vir mekaar en het in mekaar belang gestel. Daarom het hulle alles gedeel en saam geëet (v 45-46). Hulle geloof het hulle hele lewe verander. Hulle was nie meer selfsugtig nie. Hulle was deel van een groot familie – die gelowiges – en daarom het hulle so vinnig gegroei.
Vandag sal min mense vir jou sê as hulle ’n geldtekort het – ons is mos te trots daarvoor. Ons sien neer op die bedelaars wat dit wel doen. Maar daar is baie mense wat swaar kry. Sakemanne weet nie waar hulle die geld moet kry om die rekenings te betaal nie. Boere kan nie hulle arbeiders betaal nie, en hele gesinne ly daaronder. Mense verloor hulle werk en kan nêrens weer werk kry nie. Die broodwinner word siek, of daar is ’n staking, en die hele gesin ly daaronder. Daarom moet ons in mekaar belangstel. Ons moet mooi oplet wat by ons bure aan die gang is. Ons moet uitreik met Jesus se liefde na elkeen in nood. Hy sal ons daarmee help.
GEBED: “Here, help my om met u oog na ander te kyk, en wys my waar en hoe ek kan help.”
Lees vanaand in Handelinge 3:1–10 hoe Petrus en Johannes ’n lam man gehelp het deur hom in Jesus se Naam te genees.
Donderdag 1 Maart
Lees Handelinge 3:11–16.
Glo in die lewende Jesus
“Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal” (Hand 3:16).
“Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys” (Ps 115:1). Dit is die gesindheid wat ons ook hier by Petrus kry. Net soos Paulus en Barnabas later by Listra gedoen het (Hand 14:14–15), weier Petrus om enige eer vir homself toe te eien. Dit is nie sy eie krag of vroomheid wat die wonderwerk laat gebeur het nie. Dit was geloof (vertroue) wat die lewende Here Jesus alleen kan gee. Petrus wys dus weg van homself af na Jesus toe.
Dit is interessant om op te let dat in die 23 toesprake wat in die boek Handelinge opgeteken is, die onderwerp feitlik sonder uitsondering Jesus se werklike opstanding uit die dood is (Hand 3:15). Dit is die verklaring vir die krag wat daar in die Naam van Jesus opgesluit is: Hy lewe! Hy is nie bloot ’n goeie mens wat ongelukkig doodgemaak is nie. Hy het nie net in die dissipels se gedagtes of verbeelding gelewe nie. Hy leef werklik! En Hy is God. Daarom is niks vir Hom onmoontlik nie.
Daar is deesdae baie mense wat twyfel oor die feit dat Jesus opgestaan het. Hulle kan dit nie wetenskaplik verklaar nie, en glo ook nie meer die getuienis van die ooggetuies soos ons dit in die Bybel opgeteken kry nie. Dit is vir hulle moeilik om die geloofstap te neem “omdat die Bybel so sê”. Maar elkeen wat dit in die geloof gewaag het, se veranderde lewe getuig saam dat Jesus lewe!
GEBED: “Here Jesus, dankie dat U lewe en dat U vandag nog mense se lewens totaal verander.”
Lees vanaand in Handelinge 3:17–26 hoekom verbondsmense hulle moet bekeer, sodat hulle vir alle volke tot seën kan wees.
Vrydag 2 Maart
Lees Handelinge 4:1–10.
Goed doen is gevaarlik
“Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” (Hand 4:7).
“Hoe is dit moontlik dat jy gearresteer kan word en die nag in die tronk moet slaap, nie omdat jy iets verkeerds gedoen het nie, maar omdat jy iemand gehelp het?” wonder jy seker ook. Ja-nee, Christen-wees is nie vir sissies nie, en sodra jy voluit vir Christus begin lewe, sal jy vervolg word (2 Tim 3:12). Petrus en Johannes gee vir ons die toon aan, en stel vir ons die voorbeeld van hoe gelowiges in sulke omstandighede moet optree.
Dit is tragies dat die grootste weerstand juis van die kerkleiers van daardie tyd kom. Hulle wou Jesus nie erken as die ware Messias nie, en daarom moes hulle wal gooi teen enige bewys dat hulle verkeerd is. En kyk net hoe dapper antwoord Petrus hulle. Pinkster het regtig hierdie visserman se lewe verander. En sy moedige getuienis laat die kerk dramaties groei, tot vyf duisend binne ’n paar dae (Hand 4:4). En weer eens getuig Petrus dat Jesus regtig lewe (v 10). Dit is wat Jesus so anders maak as enige ander godsdienstige leier. Al die ander is dood en begrawe. Net een se graf is leeg: Jesus s’n. Daarom kan Petrus met groot vrymoedigheid bevestig dat daar geen ander Naam is waardeur ons gered kan word nie: СКАЧАТЬ