Vir die voëls. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vir die voëls - François Bloemhof страница 6

Название: Vir die voëls

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624080473

isbn:

СКАЧАТЬ gekom,” sê die meisie met die netjiese vlegsels.

      “Ek weet nie hoe lank dit gaan wees nie. Ons het al baie getrek.”

      “Hoekom?” vra Marieda.

      Toe nie Marita nie.

      “Verskillende goed,” antwoord Irma en haar maatjie – snaaks dat sy reeds soos een voel – vra nie verder uit nie.

      Dis een van die goed wat ’n mens in ’n maat soek: dat sy weet wanneer om nie vrae te vra nie.

      Hulle is by die skool en dis eerste pouse. Van die ander kinders hardloop rond, maar Irma het geweet Marieda is nie die rondhol-tipe nie. Die sement is heerlik warm gebak en dis nie sleg om net te sit nie.

      Buitendien, as jy speel met mense wat jy nie ken nie, is dit baie meer wen of verloor as gewoonlik, en dis nie waaroor speel gaan nie.

      Trek genoeg rond, dan leer jy sulke dinge.

      Twee uur of wat gelede moes sy ’n derde keer binne ’n jaar en ’n half voor ’n klas vol vreemde kinders staan en vir hulle vertel wie sy is. Die eerste keer was nie so moeilik nie, want aan die begin van verlede jaar was dit hulle almal se eerste dag in sub A. Die tweede keer was ’n paar maande gelede toe net sy nuut was, en dit was moeilik!

      En toe vandag.

      “My naam is Irma Humpel en ons het Vrydag hier aangekom.”

      Met oefening raak jy beter. Sy was skaam, maar dink nie hulle het dit agtergekom nie. En as hulle nie agterkom nie, hoekom dan skaam wees?

      Sy en Marieda deel ’n bank. Marieda het klaar gesê sy sal haar help met die werk waarmee sy agter is.

      De Klerk. Dis hulle van.

      En sy is baie trots op haar broer; sy het dit nie reguit gesê nie, maar dit was duidelik toe sy vertel dat hy een van die beste rugbyspelers in die skool is. Net een jaar ouer as hulle, in standerd een, maar hy kan wraggies al party van die standerdvyfs ’n paar dinge op die veld leer.

      “Jy moet kom kyk, hulle speel die meeste Saterdae.”

      “Weet nie.”

      “Ek dag jy hou van rugby.”

      “Ja. Enige sport.”

      “Nou maar?”

      “Ek sal kyk. Dalk.”

      Kan mos nie sê sy haat Marieda se broer nie.

      Irma onthou hoe haar ma haar lankal vertel het jy mag nie haat nie. Toe’t sy nog gewonder hoe haar ma dit partykeer regkry om nie vir hóm …

      Hy drink darem nie altyd nie. Daar is baie tye dat hy gaaf is. Dis net dat dit partykeer moeilik is om daai tye te onthou.

      En sy weet hy’s lief vir haar. Op sy manier. Maar dan is dit weer sulke tyd. Dan slinger hy in die huis rond en raas en skel, want alles is dan verkeerd. Dis ook op sulke tye dat hy sal hink, dat hy dit nie regkry om te loop asof daar niks fout is met sy been nie.

      Sy was baie jonk toe hy dit op ’n trein seergemaak het, so sy weet niks daarvan nie.

      Was ook ’n goeie rugbyspeler op skool. Só het haar ma op ’n slag gesê voor hy dit weggepraat het.

      En hier kom die een wat nóú goed speel. Irma onderdruk ’n kreun toe sy sien Sampie is nie van plan om verby te hou nie.

      “Hallo daar.” Dis nie ’n groet nie, dit klink soos spot.

      “Haai, Sampie,” kom dit van Marieda wat fronsend na hom kyk.

      Daar is twee outjies by die skepsel, albei maerder en ’n paar sentimeter korter, die een links en die een regs van hom, net-net agter hom. Hy kyk na hulle, waai dan in haar rigting.

      “Ek stel aan julle bekend, die sumpel Irma Humpel.”

      Nie “simpel” nie, hy laat dit rym. Hy moet dink dis briljant.

      Sy twee agterryers skater. Lag seker vir alles wat hulle held kwytraak.

      Sy laat haar nie beledig nie, veral nie op die eerste dag in die nuwe skool nie, dan hoor almal daarvan en dink sy laat enigiemand oor haar loop.

      “En jy is Sampie …” begin sy.

      “Bly jy weet dit.”

      “En jou gesig is ’n klein rampie.”

      Sy sien hoe daai gesig rooi raak en weet sy het die teiken getref. Hy is nie heeltemal so seker van homself as wat hy voorgee nie. O ja, hy kry dalk aandag omdat hy ’n talent het, maar almal – nog ’n les wat sy geleer het – het dinge wat hulle laat twyfel.

      Sy gesig is nie rêrig ’n ramp nie, maar hy sal glo sy dink so.

      “Ek het ten minste nie rooi hare nie!” snou hy haar toe.

      “Jy sal ook nie hê nie,” kap sy terug met al die minagting wat sy op haar gesig en in haar stem kan kry. “Net spesiale mense het.”

      “Spesiale mense?” lag hy, vuiste in die sye.

      Sy agterryers lag ook. Hy het na hulle gekyk en dit was tyd vir hulle om te lag. Nou wag hulle vir wat volgende moet kom, hoe Sampie die meisiekind nou gaan platsit.

      “Jy sal nie weet wat ’n spesiale mens is nie, Sampietjie.” Irma is verbaas hoe kalm sy klink, want dit voel of daar iets taais in haar keel sit.

      “En hoe sal jy weet!”

      “Hoekom,” stel sy voor, “gaan speel jy nie ’n bietjie nie? Skop ’n bal.” Nou weet sy hy’s nie so goed met woorde soos sy nie. Hy kan haar tog nie slaan nie en dit beteken elke keer as hulle stry, kan sy wen. Met baie meer selfvertroue as waarmee sy die stryd begin het, lewer sy die uitklophou, of wat sy vertrou die uitklophou gaan wees: “Skop die bal, dan kom niemand dalk agter hoe stupid jy is nie.”

      Marieda trek haar asem in. Irma wonder of sy gaan opstaan en loop.

      Sampie se wange lyk soos spoorweghuis-baksteen. “Het jou mos klaar gesê ek speel nie met meisiekinders nie.”

      “Jý’s ’n meisietjie, man!”

      Sy is bang hy kom slaan haar. Hy lyk sterk. Maar sy sal staan by wat sy sê, want hier het sy niemand kwaad gedoen nie en hy loop al die pad van daar anderkant af om haar te kom treiter.

      “Kom, ouens,” begin Sampie wegdraai. “Ek hou my nie op met vroumense nie.”

      “Ja, loop voor die pad vol duwweltjies raak!”

      “Jy …” draai hy terug.

      “Ek dag jy’s op pad. Toedeloe,” wikkel sy haar vingers.

      Hy stap weg, die ander twee saam met hom.

      Nou voel dit of haar vel vol haartjies is aan die binnekant.

      Marieda blaas СКАЧАТЬ