Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo страница 6

СКАЧАТЬ bos opklink.

      Wanneer dit dan klink asof die hele bos van die pyn bewe, maak nie saak of dit nag of dag is nie, loop Hlaulu bos toe met die kleipot op haar kop. Die kleipot waarin sy die blare van die sekelbos het om die bosdier, Kwobu Khuni, se seer tand te dokter.

      Nou neem Hlaulu ook elke keer die kortpad deur die bos na die ou vrou wat aan die ander kant van die bos woon. As Kwobu Khuni haar sien, pluk hy vir haar vrugte in die hoogste takke van die bome. Vrugte wat sy vir die ou tante neem wat aan die ander kant van die bos woon.

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Wat is die bosdier se naam?
2.Waarmee maak Hlaulu die bosdier gesond?
3.Wat is die ooreenkoms tussen die storie wat die ou vrou vir Hlaulu vertel en dit wat Hlaulu doen? Skryf twee sinne.
4.Bestaan die blouduiker in die werklike lewe of is dit ’n towerdier? Hoekom sê jy so? Raadpleeg ’n woordeboek as jy nie seker is nie.
5.Kan sekelbos regtig help vir pyn of is dit een van die “onmoontlike” dinge wat in volksverhale voorkom? Gebruik die internet om ’n antwoord te vind. Sleutelwoorde: sekelbos / Dichrostachys cinerea.
6.Skryf die lewensles neer wat ons in hierdie verhaal leer.
7.Skryf die sin neer waarin Hlaulu die bosdier soos ’n kind behandel.
8.Beskryf in jou eie woorde hoe lyk die bosdier.
9.In watter land speel hierdie verhaal af en hoekom sê jy so?
10.Lees weer in die inleiding oor volksverhale die paragraaf waarin verduidelik word daar bestaan verskillende weergawes van dieselfde storie en mens herken ’n storie aan die basiese storielyn daarvan. Lys die basiese storielyn in hierdie verhaal puntsgewys.

      Postaktiwiteit (verryking)

      Vertel ’n ander weergawe van hierdie verhaal waarin jy die basiese storielyn behou. Verander dus name, diere, omgewing, selfs voorwerpe, maar onthou, die basiese storielyn moet so herkenbaar bly dat ons nog weet dit is net ’n ander weergawe van dieselfde verhaal. Jou verhaal moet nie langer as drie (3) bladsye wees nie.

      Ganekwane en die groen draak

      Corlia Fourie

ganekwane-en-die-groen-draak.jpg

      Prelees – groepbespreking

       Mense noem vandag soms diere wat miljoene jare gelede uitgesterf het ook drake. Dit is natuurlik nie korrek nie want dit is dinosourusse. Is die draak in die illustrasie ’n dinosourus of ’n draak in ’n fiktiewe verhaal? Hoekom sê jy so?

       ’n Sangoma en ’n moetiedokter (ook gespel muthi/muti) is nie dieselfde nie. Die sangoma (gewoonlik 'n vrou) is ’n gerespekteerde, tradisionele geneser en iemand wat allerlei dinge kan sien wat ander mense nie kan sien nie. Sy kan ook die toekoms voorspel. Die moetiedokter is ’n kruiedokter. Hy ken die veldmedisyne goed en hy sal nooit iemand toor nie. Dikwels is hy/sy ook die een wat baie volksverhale ken en dit vir die kinders oorvertel.

      Die verhaal

      Eendag het mense hulle dorp hoog teen die berg op gebou sodat hulle hul vyande van ver af kon sien aankom. Vyande soos mense van ander stamme, en wilde diere soos leeus en luiperds, olifante en renosters.

      Maar toe klim ’n groen draak van die ander kant af oor die berg en gaan woon in ’n grot hoër op teen dieselfde berg. Die groen draak blaas rook en vuur en die mense raak bang.

      Toe stuur die hoofman ’n boodskapper met koperarmbande na die groen draak toe. Die boodskapper sê: “Ons weet jy is nie rêrig wreed nie, liewe draak. Ons weet jy het eintlik ’n baie sagte hartjie wat jy onder jou groen skubbe wegsteek. Ons weet as ons net laag voor jou neerbuig, sal jy ons niks doen nie, liewe, goeie ou draak.”

      Die draak kyk na die man met die koperarmbande en hy luister ook na hom. Toe hy klaar gekyk en geluister het, sluk hy die man saam met die koperarmbande in.

      Die dag daarna stuur die hoofman nog ’n boodskapper na die draak. Die boodskapper neem ’n leeuvel vir die draak. Die boodskapper kniel voor die draak

       en sê: “O, magtige monster, o, grootste ondier, o, draak van drake …”

      En terwyl hy nog so praat, sluk die draak hom saam met die leeuvel in.

      Die derde dag stuur die hoofman nog ’n boodskapper na die draak. Die boodskapper val op die grond voor die draak neer. Toe lig hy sy kop so ’n bietjie. Net ’n bietjie, sodat die draak darem kan hoor wat hy sê.

      “O, prins van drake, jy is sowaar wild, o, koning van drake, ons kan nie teen jou veg nie, want ons is nie drake nie. Ons is net arme ou mensekindertjies ...”

      “En dis hoekom julle so lekker is!” brul die draak en sluk ook die derde boodskapper in.

      Toe weet die hoofman nie meer wat om te doen nie. Hy vra raad by die stam se sangoma. Die sangoma moet ’n toorwoord sê om die draak weg te toor.

      Maar die sangoma skud net sy kop. Toe sê hy: “Ek kan ’n jong man op ’n meisie verlief maak, maar ek kan nie drake wegtoor nie.”

      “Dóén iets,” sê die hoofman kwaai.

      Die sangoma gooi sy sakkie vol bene op die grond uit en kyk mooi hoe dit geval het. Hy kyk lank en toe sê hy: “Die bene praat. Die bene vertel die groot storie. Die bene sê die storie-ouma moet hierheen kom.”

      Die hoofman stuur dadelik iemand om die storie-ouma te gaan haal en toe sy daar aankom, sê die toornaar: “Die bene sê die storie-ouma moet na die groen draak gaan. Die storie-ouma moet vir die groen draak stories vertel. Mooi stories. Baie stories. Dan sal die groen draak van ons vergeet.”

      Maar die storie-ouma lag met haar dun stem soos ’n hen wat kekkel. Haar gesig trek inmekaar soos ’n keiappel wat te lank in die son gelê het en haar twee geelwit botande steek by haar mond uit.

      Sy sê: “Ek is te oud en te lelik. Die groen draak sal nie na my wil luister nie. Maar my kleinkind Ganekwane is jonk en mooi en sy ken al my stories.”

      Toe sê die hoofman, die sangoma en al die mense: “Ja, Ganekwane moet na die groen draak gaan. Sy is die mooiste meisie in ons dorpie. Die groen draak sal haar nie opvreet nie.”

      Haar ouma en die ander vroue help Ganekwane mooi aantrek. Hulle gee vir haar ’n kort rokkie van luiperdvel, ivoor- en koperarmbande en toe sy dit aanhet, vleg hulle haar hare in baie klein vlegseltjies.

      Daarna gee haar ouma vir haar ’n blaar van die stinkhoutboom om onder haar tong te sit. Die blaar sal haar tong die regte woorde help vind. Toe is Ganekwane reg om na die monster se grot toe op te klim.

      Die mense van die dorpie klim saam met haar totdat hulle die draak bo in die grot hoor blaas. Toe draai hulle om en hardloop teen die berg af, verby die dorp, die veld in.

      Net Ganekwane bly oor. Net Ganekwane klim verder. Net Ganekwane klim tot by die grot waar die groen draak woon.

      “Wie’s jy?” vra die groen draak. “En hoekom bly jy staan? Hoekom val jy nie ook op die grond neer soos die ander mense nie?”

      “Ek is Ganekwane.”

      “Jy is baie mooi, Ganekwane. Jy sal seker baie lekker smaak ook.” Die groen draak steek sy tong uit en lek oor СКАЧАТЬ