Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo страница 3

СКАЧАТЬ is ’n penseel?6.Skryf net die regte antwoord neer. Die ou man dra sy hare in ’n lang vlegsel omdat: hy van moderne haarstyle vir mans hou / dit ’n ou gebruik onder Sjinese mans is / hy hou van vroulike haarstyle.7.Beskryf met een sin hoe die keiser in die volgende sin voel: “Hy vryf sy hande en stoot sy kroon op sy kop reg.”8.Hoe voer Ma-Liang die ou man se opdrag uit?9.Die verhaal sê die keiser is inhalig. Hoe sien ons dit in die keiser se optrede? Skryf drie sinne in jou eie woorde.10.Noem drie kenmerke van volksverhale in hierdie verhaal.11.Meen jy geregtigheid het geskied in hierdie verhaal? Skryf twee sinne om te verduidelik hoekom jy so sê.

      Postaktiwiteit (verryking)

      Skryf 8 tot 10 sinne oor wat jy sou teken as jy ’n towerpenseel soos Ma-Liang kry. Dit hoef nie tien voorwerpe te wees nie, dit kan ook net een wees. In jou sinne moet jy verduidelik wat gebeur wanneer die tekening ’n ware voorwerp word en hoe die omgewing lyk.

      So lief soos vir sout

      Linda Rode

lief-soos-vir-sout.jpg

      Die verhaal

      Jare gelede was daar in Indië ’n koning met sewe dogters. Prinsesse met juwele in hulle blinkswart hare, en lang syrokke wat hulle sari’s noem.

      Eendag sit die koning sy sewe dogters so en kyk en hy kry ’n glimlag om sy mond. “My dogters,” sê hy, “ek wil graag weet hoe lief julle vir my is.”

      Nou, die koning was baie lief vir soetigheid. Hy het altyd ’n silwer bakkie vol Indiese soetgoed langs sy troon gehad.

      Die eerste ses dogters sê almal: “Pappa, so lief soos vir die soetste suiker.” En die ou koning se oë blink.

      Toe is dit die beurt van die sewende dogter. Haar naam was Sjameli. “En jy, Sjameli, hoe lief is jy vir my?” vra die koning.

      Die jongste prinses sê: “Pappa, ek is vir jou so lief soos vir sout.”

      Wat! dink die koning. Sy weet tog ek is so lief vir soetgoed. En toe dink die koning sowaar sy jongste dogter is nie lief vir hom nie. En hy sê sy moet vir haar ander woonplek soek as sy dan nie lief is vir hom nie.

      Die jongste prinses stap die grote wêreld in. Sy dool oral rond. Mense is goed vir haar, maar niemand weet sy is ’n prinses nie. Eindelik kom sy by ’n paleis met ’n leliedam vol bont visse wat daarin ronddartel. Sy verlang so na haar pa se paleis dat sy sommer daar by die leliedam onder ’n tamarindeboom gaan sit en huil.

      “Kan ek miskien help?” vra ’n sagte manstem agter haar. Sy kyk verskrik om. Dis die prins van die paleis.

      “My naam is Sjameli,” sê sy, “en ek soek werk.”

      Só word Sjameli toe een van die vrouens wat in die paleis werk. Maar die prins sorg dat sy haar eie kamertjie kry, en in die aande stuur hy vir haar lekkernye, want iets sê vir hom sy is nie ’n sommerso-meisie nie.

      Net voor die prins op ’n lang reis gaan, vra hy vir Sjameli wat hy vir haar kan saambring. En sy sê: “In die Nimmer-Immer-Bos is daar ’n sonkissie onder die oudste boom in die bos begrawe. Daardie sonkissie wil ek graag hê. Maar waar die bos is, weet ek nie.”

      Die prins soek die wêreld vol na die Nimmer-Immer-Bos. Hy soek ’n hele jaar. En toe ontmoet hy ’n wyse ou man in ’n berggrot. Met bewerige vingers teken die ou man die pad na die Nimmer-Immer-Bos.

      Ná baie dae vind die prins die Nimmer-Immer-Bos. ’n Vaal voëltjie kom draai bokant sy kop en fluit: “Een tree links, een tree regs, draai vinnig om, daar’s die oudste boom.”

      En sowaar, onder die wortels van daardie boom kry die prins ’n kissie van silwer en ivoor. ’n Sonkissie.

      Toe die prins uiteindelik weer by die paleis kom, laat roep hy Sjameli dadelik en gee die sonkissie vir haar. Sy druk dit teen haar bors.

      Dieselfde nag neem Sjameli die kissie na ’n bos naby die paleis. Daar in die maanlig maak sy dit oop. Sy haal sewe poppies en ’n silwerfluit uit. Toe Sjameli op die fluit blaas, begin die poppies dans. Sierlik en fyntjies, met knikkekoppies. Maar die eensame fluit in die maanlignag maak Sjameli so treurig dat sy begin huil.

      “Hoekom huil jy?” vra die sewe knikkekoppies. En Sjameli vertel hulle sy is eintlik ’n prinses en sy is baie, baie lief vir haar pa, maar die ou koning het haar verkeerd verstaan.

      Wat Sjameli nie geweet het nie, was dat ’n houtkapper daar verby gestap en alles gehoor het. Hy vertel dit toe vir die prins.

      “Ek het gewéét sy is dalk ’n prinses,” sê die prins.

      Nou ja, nie te lank nie of die prins vra Sjameli om met hom te trou. Met ’n goue pen skryf Sjameli die uitnodigings na die troue. Haar pa en ses susters word ook genooi. ’n Boodskapper te perd ry dae lank om die uitnodiging af te lewer.

      Op die troudag huil die ou koning, so bly is hy om Sjameli te sien. Sy soen hom, maar sê verder niks nie. Die fees duur dae lank. Al die gaste kry heerlike soet en suur en sout kosse, maar voor die ou koning staan elke dag by elke maaltyd net ’n bord met soetigheid. Ná drie dae is hy siek en sê: “Ek kan nie meer iets soets in my mond kry nie. Ag, hoekom kry ek niks souts om te eet nie?”

      Toe sê Sjameli: “Pappa, nou verstaan jy seker hoekom ek gesê het ek is vir jou so lief soos vir sout. Sonder sout smaak niks later lekker nie.”

      “My kind,” sê die koning, “vergewe my dat ek so dom was! Nou weet ek hoe lief jy vir my is.”

      Woordverklarings

      berggrot – ’n grot in ’n berg

      dartel – vinnig en lig rondbeweeg

      dool – dwaal, doelloos rondloop

      knikkekoppies (nuutskepping) – met koppies wat knik

      kortsigtig – nie mooi nadink voor jy optree nie

      soetigheid – enige voedselsoort of lekkerny wat soet is

      sommerso-meisie (skrywer se nuutskepping) – nie ’n gewone meisie nie, ’n spesiale meisie

      sowaar – verbasend maar waar

      tamarindeboom – dadelboom uit tropiese Afrika en die Ooste

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Van watse materiaal word sari’s gemaak?
2.Hoe weet ons Sjameli is ’n Oosterse meisie?
3.Was die koning verkeerd toe hy Sjameli weggejaag het? Skryf een sin om jou antwoord te verduidelik.
4.Skryf in jou eie woorde ’n sin om te verduidelik die prins het gedink Sjameli is nie ’n sommerso-meisie nie.
5.Bestaan daar in die werklike lewe ’n plek soos die Nimmer-Immer-Bos? Hoekom sê jy so?
6.“Sonkissie” is ’n nuutskepping, ’n woord wat die oorverteller geskep en wat ons nie in ’n woordeboek sal kry nie. Wat word met hierdie woord bedoel? Leidraad: lig, glans.
7.Hier onder verskyn twee kenmerke van volksverhale. Gee een voorbeeld СКАЧАТЬ