Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo страница 4

СКАЧАТЬ nie in die werklike lewe moontlik is nie.b)Dit bevat ’n lewensles.8.“Iemand is die sout van die aarde” beteken iemand wat dalk nie so briljant of aantreklik of magtig is nie, is nietemin waardevol en goed. Skryf een sin om te verduidelik hoekom dié spreekwoord op hierdie volksverhaal van toepassing is.9.Wie het vir die prins beduie onder watter boom die sonkissie begrawe is?10.“Geluk word ongeluk.” Hoekom is die teenoorgestelde van dié spreekwoord van toepassing op hierdie volksverhaal? Skryf een sin in jou eie woorde.

      Postaktiwiteit (verryking)

      Skryf ’n paragraaf (120 tot 140 woorde) om iemand vir wie jy baie lief is dinge toe te wens wat vir hom/haar baie werd sal wees. Dit moenie iets wees wat baie duur is of moeilik is om in die hande te kry nie.

      Die skoenmaker se kitaar

      Linda Rode

skoenmaker-se-ghitaar.jpg

      Prelees – groepbespreking

      Kyk na die illustrasie. Die kitaar lyk nie soos dié wat jy waarskynlik gewoond is nie. Dit is omdat hierdie verhaal uit die Portugese kultuur kom en dit is ’n tradisionele Portugese kitaar.

      Die Portugese het ’n baie lang verbintenis met hierdie musiekinstrument, ongeveer van die vroeë 1800’s af. ’n Kitaar in die gesin word as ’n erfstuk beskou. Vir enige Portugese gesin sal dit hoogs ongewoon wees om só ’n familiekitaar te verkoop.

      Die Portugese gebruik ook hierdie kitaar om iemand te begelei wat fado sing. Fado is ’n soort lied eie aan die Portugese. Dit is weemoedige liedere oor die see, armoede en die mens se lot. Jy kan op YouTube na heelwat fado’s luister.

       Hou jy van kitaarmusiek? Hoekom? / Hoekom nie?

       Watter emosie (gevoel) wek kitaarmusiek by jou?

      Die verhaal

      Eenmaal was daar ’n skoenmaker met ’n kitaar waarop hy elke aand ná ete gespeel het. Op ’n stoel voor sy huisie, terwyl sy kinders in die nou, skemer straatjie dans en sing en sy vrou in die voorkamer by lamplig sit en lap en borduur en saggies saamneurie. Die skoenmaker was arm, die kinders se klere oud en skif gedra, maar hulle was almal gelukkig.

      Skuins oorkant die skoenmaker was ’n ryk man se huis. Skatryk, maar ongelukkig. Aand ná aand sit hy voor sy venster wanneer die skemer val en kyk verlangend na die vrolikheid by die skoenmaker se huisie. A, dink die ryk man, dit moet die kitaar wees. As ek ’n kitaar kan hê, sal my lewe ook vrolik wees. En die ryk man loop na die skoenmaker en bied hom ’n sak vol goue munte aan vir sy kitaar.

      Die skoenmaker streel oor sy kitaar se gladde geel hout. Sy oë word klam, maar hy dink aan die baie dinge wat hy met die goue munte sal kan koop, en hy sê ja.

      Nog dieselfde aand sit die skoenmaker en sy vrou en tel die goue geldstukke, oor en oor. Hulle stry later met mekaar, want dan kry die een honderd en twee, dan kry die ander honderd en drie.

      Moedeloos hou hulle later op tel en begin dink wat hulle met al die geld sal maak.

      “Kantgordyne vir die huis en klere vir die kinders en fyn oorbelle van silwerdraad vir my en ... en ...” sê die vrou.

      “Nee,” keer die man, “volstrek nie. Ek wil nuwe teëls koop, en ’n melkkoei en ’n paar bale leer om nuwe skoene van te maak en … en …” So stry hulle tot al twee rooi in die gesig is, en woedend vir mekaar, en liefde en vrede soos verskrikte voëls by die deur uitvlieg.

      Die kinders kom met lang gesigte van buite af ingedrentel. “Dis niks meer lekker nie,” kla hulle. “Sonder die kitaar wil niemand dans en sing nie.” En hulle gaan sit vies op ’n ry. Hulle donker hare hang in hul oë en hulle lyk kompleet soos weggooikinders.

      Só gaan dit aand vir aand.

      Toe sê die vrou vir die skoenmaker: “Dis die geld. Ons moet dit teruggee. Dit bring vir ons geen geluk nie.”

      Die kinders sê niks nie, maar die skoenmaker voel hul oë op hom. Toe knik hy en neem die swaar sak goue munte. Hy stap daarmee uit in die someraand en toe hy voor die ryk man se venster verbyloop, sien hy hom treurig sit met die glimmende geel kitaar stil langs hom.

      “My vriend,” sê die ryk man vir hom, “dis goed so. Neem jou kitaar terug. Dit het my geen vrolikheid gebring nie, want ek kan nie daarop speel soos jy nie. Speel weer saans soos vroeër en wees vrolik.”

      Daardie aand pluk die man sy kitaar se snare soos nog nooit tevore nie. Plieng-plieng-plieng, klink dit in die skemer straat. En dan slaan hy die akkoorde dat dit dreun. Die kinders storm uit buitentoe en dans en sing saam met hul maats. In die voorkamer sit die skoenmaker se vrou by lamplig en lap en borduur, en sy neurie saggies saam. Almal is vry en gelukkig soos vroeër, en liefde en vrede woon weer onder hulle dak.

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Herlees die eerste paragraaf en die inligting in “prelees”. Waaroor dink jy het die skoenmaker gesing? Hoekom sê jy so?
2.Wat wou die skoenmaker se vrou met die goue muntstukke koop?
3.Kry mens in die omgewing waarin hierdie verhaal afspeel spogwoonbuurte? Waarom sê jy so?
4.Wat is weggooikinders?
5.Is die kinders in hierdie verhaal weggooikinders? Waarom sê jy so?
6.Waarom het die kitaar nie vir die ryk man geluk gebring nie?
7.Die arm man verkoop nie net sy kitaar nie maar ook iets wat nie verkoop kan word nie. Verduidelik dit in drie sinne.
8.Dink die kinders ook geld kan geluk bring? Waarom sê jy so?
9.Beskryf die lewensles in hierdie verhaal in jou eie woorde, twee tot drie sinne.
10.Noem een ander kenmerk van die volksverhaal in hierdie verhaal, buiten dat dit ’n lewensles bevat.

      Postaktiwiteit (verryking)

      Skryf ’n paragraaf (120 tot 140 woorde) waarin jy vertel van iets wat vir jou so kosbaar is dat jy dit nooit sal verkoop nie. Sê hoekom dit vir jou kosbaar is.

      Hlaulu en die bosdier

      Corlia Fourie

Hlaulu-en-die-bosdier.jpg

      Prelees – groepbespreking

       Kan julle nog die verhaal van “Rooikappie en die wolf” onthou? Vertel kortliks in julle eie woorde waaroor die sprokie gaan. Stem julle weergawes ooreen?

       Dink julle nie die storie maak klein kindertjies bang nie? Hoekom sê julle so?

      Die verhaal

      Eendag was daar ’n meisie met die naam Rooikrale Hlaulu, want sy het graag rooi krale om haar nek, haar middel en haar enkels gedra.

      Elke oggend gee Hlaulu se ma vir haar ’n potjie pap om vir ’n siek ou vrou te neem. Die ou vrou woon aan die ander kant van die bos.

      Hlaulu se ma sê nooit vir haar om nie die kortpad deur die bos te neem nie, want sy weet Hlaulu sal nie deur die bos stap nie. Niemand in die dorpie stap deur die bos nie. Nie die groot sterk manne nie, nog СКАЧАТЬ