Название: Plesierengel
Автор: Leon van Nierop
Издательство: Ingram
Жанр: Контркультура
isbn: 9780624064725
isbn:
Hy snoei die stoppels effens sodat die korrekte hoeveelheid baard deurskemer – iewers tussen vyfuur-skadu en laatoggend-stoppels.
Hy kies die presiese regte onderbroek wat sy rondings beklemtoon, trek ’n T-hemp aan wat styf om sy maag en boarms span en trek dan Boss-jeans aan. Hy trek ook ’n leerbaadjie aan, staan weer voor die spieël, jel sy hare sekuur en skakel dan die taxi wat hom gewoonlik karwei.
“Neem my na Matthew Mansions 31, Melrose Arch,” sê hy.
Hierna skakel hy ’n nommer in sy swart boekie.
“Annabelle?” vra hy.
“Ja?”
“Dis Tristan. Ek is oor ’n halfuur by jou.”
“Ek sien uit daarna.”
“Ek merk dat die geld nog nie in my rekening betaal is nie.”
“Ek het dit pas gedoen. Tienduisend rand. Kyk op jou selfoon.”
“Ek sal.”
“Vir daardie bedrag sien ek jou seker vir die res van die dag?”
“Natuurlik.”
“Ek kan nie wag nie.”
“Ek ook nie.”
“Ek hoop jy is so goed soos my vriendinne sê jy is.”
“Dalk beter.”
“Sien jou oor ’n halfuur, Tris.”
“Sien jou, Annabelle.”
Hy soek op sy selfoon en sien dan dat die bedrag pas inbetaal is. Die gonser onder by die sekuriteitsdeur in Commissionerstraat lui. Sy gereelde taxibestuurder moes dus iewers in die omgewing rondgekruie het.
Hy kyk vir oulaas in die spieël en neem sy selfoon. Die skildery in sy sitkamer trek weer sy aandag. Lance se meisie, Sheila, het hierdie groot skildery gemaak kort na Tristan se twintigste verjaarsdag. Dit is ’n presiese gelykenis van hom en selfs Tristan moes erken dat hy goed lyk op hierdie skildery.
Suid-Afrika se eie Dorian Gray, het die meisie op die kaartjie geskryf wat sy onderaan die skildery geplaas het. Hy het Oscar Wilde se roman gelees. Mooi van buite, verrot van binne, tot alles eendag inmekaarstort.
Hy wonder of Sheila iets probeer sê het.
Weer die gonser vanaf die straat.
Dit behoort hom net twintig minute tot by Melrose Arch te neem.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.