Moord in die beloofde land. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Moord in die beloofde land - François Bloemhof страница 7

Название: Moord in die beloofde land

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798158718

isbn:

СКАЧАТЬ handle a dangerous weapon.”

      9

      Die rooikop moes vandag wéér laat werk. Die strate in die omgewing van haar woonstel is ook reeds weer stil.

      Dis net mooi hier waar sy gisteraand …

      Moenie daaraan dink nie.

      Gisteraand was sy ook bang en niks het toe gebeur nie.

      Nie meer so ver na die woonstel toe nie. Dan kan sy lag oor haar simpelheid.

      Weer so ’n winderigheid, nes gisteraand.

      En weer die gedagte, dieselfde lawwe gedagte: dat iemand haar ten spyte van die wind al lankal kon hoor aankom.

      Geen motors wat ry nie. Geen, geen geluide behalwe haar voetstappe nie.

      Haar nekhare spring orent en sy gaan staan.

      Sy kan sweer sy het ’n voetstap gehoor, nie haar eie nie. ’n Ander soort skoen. Sy kyk om. Daar is so min lamppale en dié wat daar is, brand nie almal nie. Jy sou dink dat in ’n straat met dokterskantore, ’n haarkapsalon, ’n poskantoor …

      Sy gee weer ’n paar treë. Gaan staan. Die eggo van haar voetstappe sterf weg.

      En daar is ’n ander eggo. Iemand wat loop wanneer sy loop en gaan staan wanneer sy gaan staan.

      Haar mond is droog. Kalm bly. Moenie verspot wees nie. Dis dalk iemand wat dink sy is ’n prostituut. Of anders kinders wat haar wil skrikmaak. Nee, dis net een mens. ’n Man. Dit het geklink na ’n plat skoen.

      Sy kyk om. Sy kan nie mooi sien nie, die poskantoor se vensters is donker.

      Voetstappe. Dan tree ’n figuur – ja, dis ’n man – uit die skemerte.

      Sy besef sy moet hardloop, en dit is wat sy doen. Eers kan sy voetstappe hoor, syne, want hy het ook begin hardloop, hy is agter haar. Dan hoor sy net haar eie gehyg. Sy hardloop oor die straat, sy kyk nie om nie.

      Hy vóél naby.

      Geparkeerde motors teen die sypaadjie, leeg, onpartydig.

      Die volgende oomblik, ’n pyn in haar rug. Sy steier maar bly op haar voete, sy durf nie met hom probeer baklei nie, dis ’n man en hy het ’n mes.

      Tog, sy swaai om en kap na hom, en tref hom teen die kop en hulle val albei. Sy’s weer op haar voete, sy weet nie hoe sy dit so vinnig reggekry het nie, koes by ’n stegie in, dis tussen twee geboue naby haar woonstel.

      Donker hier. Maar as sy hom nie kan sien nie, kan hy ook nie vir haar nie. Sy probeer stilweg beweeg.

      Is hy reeds op pad? Sy weet hy is.

      Op regterhand is ’n kantoorgebou, seker net die helfte van die kantore word gebruik, sy het dit vantevore skaars opgemerk. Daar is ’n metaaldeur en sy draai die handvatsel en kan byna nie glo dat die deur oopgaan nie.

      Donkerder nog hier binne, niemand te siene of hore nie, die laaste werkers moet al lankal huis toe wees.

      ’n Stel trappe, sy gewaar dit in die bietjie maanlig voordat die deur agter haar toegaan en sy niks meer kan sien nie. Sy kry koers, sit haar regtervoet versigtig neer, voel-voel daarmee, trap hoog, vind vastigheid, begin die trappe klim, gryp die reling vas, trek haarself boontoe.

      Dalk het hy nie …

      Sy hoor die geluid agter haar. Handvatsel wat gedraai word.

      Die deur swaai saggies oop en ’n flenter maanlig val na binne. Sy wil vries, sy wil begin skree, maar sy is by die draai van die trap, sy is óm dit, dalk het hy haar nie hier bo gesien nie.

      ’n Lig bokant haar kop flikker aan. Ondertoe, boontoe seker ook. Hy moes hulle by die deur aangeskakel het.

      Maar sy’s buite sig om die draai en beweeg so saggies as wat sy kan boontoe, trappie vir trappie. Hy het die ligte maar net aangeskakel om te kyk of hy haar sien, dink sy. Dis ’n hoë gebou, tien verdiepings of meer, en hy sal nie al die trappe klim tensy hy doodseker is sy is hier op nie. Hy gaan besluit sy’t aanhou hardloop, sy trek al ’n blok hiervandaan.

      Toe skok haar asem weg. Agter haar, seker tot onder, met al die trappe ondertoe, glinster die vet rooi spatsels.

      10

      Ek hoor eerste haar stem. Ek is in die stad, in ’n Spur, en moet oor ’n ruk by die Naspersgebou wees; my werkdag begin wanneer die meeste mense s’n eindig en hulle óf pret kan hê óf rustig kan raak.

      “Ek is moeg vir jou beloftes.”

      Onmiskenbaar. Dis drie jaar sedert ek laas haar stem gehoor het, boonop in sulke rare omstandighede dat ek al byna gewonder het of dit ooit gebeur het, en tóé was dit agt jaar sedert ek van Wellington af weg is, maar dis sy.

      ’n Man se stem volg, hoog de bliksem in: “Maar dis dan al wat julle vroumense wil hê – beloftes!”

      “Nee, wat ons wil hê, is dat julle jul beloftes moet nakom.”

      Daar is net twee tafels tussen ons en sy sit met haar rug na my, sien ek toe ek omkyk, en absoluut, daar is die goue hare, langer as wat dit in die Cape Sun was. Hoe is dit dat ek haar en die ou nie sien inkom het nie? Of was hulle voor my hier en praat eers hard noudat hulle stry gekry het?

      Dis ’n behoorlike stryery, want: “Fok jou,” sê die ou, ’n tipe waarvoor ek juis min tyd het met sy vel wat half verbrand lyk, kortgeskeerde ligte hare en ’n deegbol van ’n neus in die middel van sy gesig.

      Sy skrik nie. “Is dít nou ’n manier om te praat? Die mense …”

      Hy gee ’n snuif. “Fok die mense.”

      “Fok jou dan ook. Dit gaan vir jou net dáároor.”

      “En vir julle vroumense glád nie. Vir wat moet ’n man altyd soebat?”

      “Soebat?” ontplof sy byna. “Wat weet jy van soebat af? Julle wil net vát!”

      “Vat omdat ons nooit krý nie!”

      “Dink jy regtig die Spur is die beste plek om hierdie gesprek te hê?”

      “Jy’t mos nou klaar ’n ete uit my uit gekry.”

      “Ek sal vir myself betaal.”

      “Sal ’n fokken eerste wees.”

      Teen hierdie tyd het ek opgestaan en hy sien my aankom, maar dink seker ek gaan verbystap en die frons op sy gesig is vir haar, nie vir my nie. Voor elk van hulle is ’n burger en tjips, maar dis net syne wat byna op is.

      Ek gaan staan. “Iets fout hier?”

      Sy kyk op. “Samuel!”

      “Wie de fok is hy?” vra die ou.

      As hy nie dít gevra het nie, het ek dalk nie so ver gegaan nie.

      “Lyk СКАЧАТЬ