Moord in die beloofde land. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Moord in die beloofde land - François Bloemhof страница 4

Название: Moord in die beloofde land

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798158718

isbn:

СКАЧАТЬ vir die matriek-eindeksamen. En hy is goed met rugby en tennis, terwyl ek nie daarvan hou om agter ’n bal aan te hardloop nie. Atletiek ook. Dis vervelig om al sy prestasies op te noem.

      As ek nie probeer nie, sal ek nie ’n verloorder wees nie.

      Dis drie dae voor die skool sluit en Erik is haastig om by die huis te kom. My ma het ons nie kom haal nie. Sy moes gaan om haar hare te laat doen. Ons het ons rapporte gekry. As ek nie ’n broer gehad het wat die game sou weggee nie, het ek gesê ons kry dit eers die laaste dag. Dis diep kak, soos André sou sê, dat die goed altyd moet kom voor dit lang vakansie kan wees.

      “Ma!” storm my simpel broer voor my by die voordeur in. “Ek het my rapport gekry!”

      “Nou maar bring!” Ek het gehoop sy is nog by die haarsalon, maar hier is sy met haar donker hare hoog en rond om haar kop. “Mooi,” sê sy, “dis mooi,” terwyl sy kyk na die simbole en wat Erik se onderwysers bygeskryf het.

      Eendag sal hy nog leer alles gaan nie oor leer nie. Of oor om vinnig te hardloop en ’n drie te druk nie.

      “En joune, Samuel?” My ma se stem sê sy hoop vir die beste.

      Ek dink nie dis slegte punte nie – vir iemand wat byna niks geleer het nie. Vir iemand wat net sy boeke oop gehad het as hy haar hoor aankom het nie.

      Sy frons. “Net sestien uit dertig vir Geskiedenis?”

      “Ja, Ma.” Ek dink dis heel orraait vir ’n vak waarvan ek niks hou nie. Vir wat moet ek goed doen daarin?

      “En sewentien uit dertig vir Elementêre Natuurwetenskap?”

      “Ja.” Ek gaan ook nie ’n wetenskaplike word nie.

      (Wat gáán ek word?)

      “Ek weet nie wat van jou gaan word nie.” Sy sug en sit die rapport op ’n rak neer, baie harder as wat sy Erik s’n neergesit het.

      Dan loop sy uit. Vir ’n sekonde kan ek verstaan dat my pa haar slaan.

      • • •

      Laaste dag van skool! Al het dit soos ’n lang jaar gevoel, voel dit nou of dit baie vinnig verbygegaan het.

      Volgende jaar in Augustus word ek twaalf. Daarna is dit hoërskool … en dan seker universiteit, of eers army. En dan moet ek begin werk. En trou. En kinders kry.

      Ons stap huis toe, ek en Erik. Ek het dit nie so beplan nie, hy het my langs die pad ingehardloop. My ma het ons nie kom oplaai nie, want ons het nie geweet hoe laat die skool vandag uitkom nie.

      “Pa se kar,” sê Erik.

      Ja. Ons is twee blokke van die huis af en hier kom Pa aan. Hy is seker haastig om terug by die spreekkamer te kom, want hy jaag verby ons sonder om te waai of te toet, al het hy ons gesien. Sy bril is donker, maar ek weet hy het.

      “Hy groet nie,” sê Erik.

      “Korrek, Einstein.”

      “Dis vakansie!” skree hy toe hy by die trappies op hardloop. Die voordeur sal nie gesluit wees nie, ons sluit dit nooit in die dag nie.

      Hy steek vas en ek ook. Dis of ek iets aanvoel.

      Ons huis sit op ’n bult en ek kyk terug dorp se kant toe. Ek sien nie van hier af die kerkgebou nie, nog minder Andrew Murray op sy preekstoel voor die kerk, net die toring wat soos ’n vinger hemel toe wys asof dit waarsku: Onthou, Hy kyk! Die skool is agter geboue en bome, en ek is bly daaroor want ek wil nou vir vyf of ses weke vergeet dat daar so ’n plek bestaan. Dis warm en die lug stink, want net buite die dorp, ook daardie kant toe, is die Western Tanning Company. Op dae soos vandag as die wind van daar af kom, ruik dit nes poep.

      My ma sê dis “die een ding wat hierdie pragtige Bolandse dorp ontsier”.

      Dis stil.

      Té stil. My ma kom altyd dadelik vorentoe om ons te groet.

      “Ma?” roep ek.

      Dis ’n groot huis met dik mure, geluide raak weg hier.

      “Johanna!” roep Erik.

      ’n Geluid van ver af. Hulle is dalk buite, of dit het meer geklink asof dit van diep uit die huis kom, dalk by my pa en ma se slaapkamer.

      Erik hardloop voor my in die breë gang af, dan steek hy in die kamerdeur vas. Ek sien aan sy stywe nek iets is verkeerd, dan is ek by hom en kyk oor sy skouer.

      My ma sit op die bed en Johanna hou haar vas. Dis die eerste keer dat ek hulle aan mekaar sien raak, dink ek. My ma huil en Johanna hou haar vas soos ’n babatjie en vat oor haar hare. Die bed is deurmekaar.

      Erik se stem bewe: “Wat is dit, Ma?”

      Sy kyk net na ons met nat oë en druk haar gesig in Johanna se skouer.

      Hoe kan Erik nog vra? Dít is dan wat my pa hier kom maak het. Met haar kop so weggedraai, sien ek die merke aan haar nek. Hy het haar gewurg. Die merke was nog nooit so erg nie, of sy het dit ander kere met iets toegesmeer.

      Erik draai om, beur verby my en hardloop weg.

      “Ma …” Ek wil na haar toe gaan, maar Johanna lig haar hand. Dis asof sy ’n ray gun het wat ’n energiestraal uitskiet, want ek steek net daar vas.

      “Nie nou nie, Samuel.”

      “Maar …”

      “Gaan buitentoe.”

      “Is sy orraait?”

      “Gaan uit en speel!”

      My ma hou nie op huil nie. Sy het haar liggroen broekpak aan. Die broek is nie heeltemal opgezip nie en ek kan haar panty sien uitsteek. Daar is …

      “Sy bloei, Johanna!”

      “Gaan uit!”

      Ek hardloop in die gang af, agterdeur toe. Ek kan klaar hoor hoe Erik ’n bal teen die muur gooi en gooi.

      • • •

      Johanna Plaatjies het saam met ons van Victoria-Wes na Wellington toe gekom. Sy was op ’n tyd getroud; haar man is dood; ons weet nie hoe of waarvan nie. Sy het nooit kinders gehad nie. Sy is baie ordentlik, “nog van die ou soort” soos my ma vir my pa gesê het toe hy laatmiddag by die huis kom en sy vertel dat sy ’n nuwe bediende gekry het. Sy rook nou wel, het sy vir tannie Olivia gesê, maar wat kan jy nou doen, sy drink ten minste nie.

      My pa is “Master”, my ma is “Mêrrem” en ek “Kleinbaas Samuel”. Erik is “Kleinbasie”.

      Johanna het haar eie kamer aan die agterkant van die huis – dit is deel van die huis, maar die studeerkamer se deur wat soontoe lei, is permanent toe. Dis nie regtig meer ’n studeerkamer nie, dis waar ek en Erik nou ons speelgoed hou: soldaatjies en ketties en pistole wat caps skiet. Johanna se kamer het ook ’n groot wit bad en dis nie iets wat alle bediendes kan sê nie. Sê my ma. Partykeer in die aand kan jy hoor sy’s besig om te bad. Ek en Erik het al aan dié kant van die deur СКАЧАТЬ