Moord in die beloofde land. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Moord in die beloofde land - François Bloemhof страница 5

Название: Moord in die beloofde land

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798158718

isbn:

СКАЧАТЬ van haar vriendinne vir haar kuier nadat sy klaar vir ons aandete gemaak het. Hulle raas nooit nie.

      Die res van die tyd is dit maar Johanna daar in haar kamer. Sy is ver van haar mense af, haar susterskind Mieta en die res op Hopetown. Ek het al gewonder of sy partykeer alleen voel.

      Maar sy het mos vir ons.

      • • •

      My ma kom sê hallo en haar oë is rooi maar droog. My pa kom soos gewoonlik laat die middag van sy spreekkamer af en Johanna maak soos gewoonlik vir ons aandete.

      Steak en gebakte eier en tjips.

      Ons praat ’n bietjie, of eintlik praat ons nie, ons luister radio en praat dáároor, en gaan slaap, ek en Erik elkeen in ons eie kamer en my pa en ma soos altyd in hulle s’n, en Johanna is by die agterdeur uit na háár kamer, en só word dit een dag later.

      Ek word wakker en dis die eerste dag van die Desember-vakansie en oor ’n week gaan ons Strand toe. In Kay’s Karavaanpark is almal so naby mekaar, met netjiese rye bome tussen die staanplekke, dat my pa nooit iets verkeerd doen nie omdat iemand sou hoor. Ons het ’n Jurgens-karavaan met ’n lekker groot, groen tent. Daar is dan selfs tye dat ek so half en half van my pa wil begin hou. Noudat hy weer uitgehaak het, beteken dit buitendien hy’s weer orraait vir ’n ruk.

      Ek dink ek is so mal oor vakansie omdat dit nie rêrig is nie. Om dae lank, weke lank niks te doen nie, om niks te hoef te leer nie, om net rond te loop en nie môre die een of ander prys daarvoor te hoef te betaal nie, dis mos nie werklikheid nie. Werklikheid is nie goed vir jou nie. Kyk net hoe lyk die meeste grootmense, hulle het seker te veel daarvan gehad.

      Ek sien uit na die lê en lees in die karavaan, of om kleinplaatjies te speel op die rooi pickup wat ek nou laas vir my verjaardag gekry het. My gunsteling is nog altyd Alan Garrity se “I need someone”, al is dit twee jaar oud. Ek speel ook elke dag John Edmond se “Toy train” en Maria se “Clap your hands and stamp your feet”, hulle gaan beslis saam. En ek is lus vir elke dag see toe loop saam met Erik, om rooi te brand, te kyk hoe die kinders op hulle Choppers ry …

      Ek wou laat bly lê het, maar ek ruik bacon uit die kombuis uit, Johanna sal al ontbyt reg hê, en ek dink ek hoor Erik rondbeweeg. Ek staan op, trek my kamerjas en pantoffels aan en slof kombuis toe.

      “Jy weet die bacon is vir vanaand,” hoor ek my ma voor ek by die deur kom.

      “Maar, Mêrrem,” keer Johanna, “Master het gesê hy wil vanaand worsies hê, toe dink ek …”

      “Dis ék wat sê wat jy hier doen! Jy weet ons eet Saterdagoggende worsies!”

      “Mêrrem, ek het net gedink …”

      “Jy word nie betaal om te dink nie!”

      “Dis nou klaar gaar …”

      “En wie se skuld is dít?”

      My ma kom by die kombuis uit en loop my byna onderstebo. Sy is so kwaad dat sy nie môre sê nie. “Voor-op-die-wa-meid,” brom sy, “om vir my in my eie blerrie huis te kom voorskryf!”

      7

      As ’n mens die koerante en hofgetuienis van die tyd moet glo, is die volgende wat gebeur het:

      Op 4 November 1974 word mevrou Susanna Magdalena van der Linde, toe ses-en-veertig jaar oud en ’n moeder van drie, met ’n skêr doodgesteek in die gesin se huis in Boston, ’n uitbreiding van Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad.

      Eers, egter:

      Haar man, Christiaan, was nog in ’n verhouding met Marlene Lehnberg, maar die minnaars moes versigtiger wees toe mense hulle begin dophou. En mevrou Van der Linde het anonieme telefoonoproepe ontvang.

      Dit het Julie geraak en Lehnberg was swanger. Sy het al hoe ongelukkiger geraak oor die situasie, al hoe meer van die Valiums gedrink wat Van der Linde voorsien het en vroeg in September sy vrou gebel om vir haar te vertel hulle het mekaar lief en bring die aande saam deur. Mevrou Van der Linde het die telefoon in haar oor neergesit. ’n Paar weke later het Lehnberg weer gebel en ’n afspraak gemaak om met haar te gaan gesels.

      Die ontmoeting het nie afgeloop soos Lehnberg gehoop het nie. Mevrou Van der Linde het gesê dat sy nie omgee om tweede viool te speel nie, solank die meisie bereid is om dieselfde te doen. Sy sou nie skei nie.

      Marthinus Charles Choegoe, ’n werklose drie-en-dertig-jarige man – en bruin – het in dié stadium aangekom by die ortopediese afdeling waar Lehnberg gewerk het. Daar moes vir hom ’n kunsledemaat gemaak word nadat hy ’n been in ’n motorongeluk verloor het. Hy is deur ander mense ervaar as verwaarloos en met ’n swak selfbeeld.

      Lehnberg het vir Choegoe ’n brief gestuur na sy naaste kafee, Solly’s Trading Store. Sy het gevra dat hy haar by die werkwinkel moet kom sien, en bygevoeg:

      Marthinus, if you are clever you can still earn good money.

      By die werkwinkel het sy vir hom een rand gegee en hom gevra om haar dié aand sewe-uur by die Rondebosch-stadsaal te ontmoet. Daar het sy vir hom ’n bottel jenewer gegee en gesê sy wil hê hy moet ’n vrou vir haar doodmaak.

      Volgens hom het hy geantwoord: “But, Miss Marlene, I can’t do a thing like that. It will send me to the gallows.”

      “Were you ever involved in a court case, Marthinus?”

      “Yes, I was charged with carrying a dangerous weapon.”

      “Good, because that’s the sort of person I’m looking for. Someone who can handle a dangerous weapon.”

      Choegoe het uiteindelik tot Lehnberg se versoek ingestem en ’n paar dae later na die adres in Boston gegaan – volgens hom met die idee om mevrou Van der Linde te waarsku dat haar lewe in gevaar is. By Gladstonestraat 66 gekom, het hy haar egter slegs vir kleingeld gevra.

      Wat hy nie gekry het nie.

      ’n Week later het Lehnberg en Choegoe weer in Rondebosch ontmoet, waar hy erken het dat hy te bang was om die plan deur te voer. Lehnberg het gesê hulle sou sy prostese verbeter by die hospitaal indien hy die moord pleeg. Sy het ook vir hom ’n radio gegee wat sy by ’n medeloseerder gesteel het.

      Choegoe is weer na Boston, maar het hierdie keer slegs verby die huis geloop en glad nie voordeur toe gegaan nie.

      Kort daarna het Lehnberg weer vir hom ’n brief gestuur:

      Use a knife if you have to, but make sure the job is done.

      In ’n volgende boodskap het sy gevra dat hy haar by die werk moet bel. In dié gesprek het sy weer daarop aangedring dat hy die moord moes pleeg, en vir hom ’n motor belowe.

      Asook dat sy na afloop van die moord met hom seks sou hê.

      Dít sou later, toe hierdie private onderhandelings openbare kennis word, vir baie mense die skokkendste aspek van die gebeure wees. Wit meisie. Bruin man. In ’n land wat veel meer as die meeste ander deur sy grense bepaal word, sou sy só ver gaan, of so ’n belofte maak. In vergelyking met ontug is moord in die Suid-Afrika van die sewentigs ’n mak taboe – baie mense pleeg moord, wittes ook, maar elke ding het nog sy plek en elke persoon sy soort.

СКАЧАТЬ