Die afreis van Abel Lotz. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die afreis van Abel Lotz - Chris Karsten страница 19

Название: Die afreis van Abel Lotz

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798156417

isbn:

СКАЧАТЬ Hy is uit meer as ses duisend MBA-applikante van regoor die wêreld gekeur vir dié prestigekursus, een van die gelukkige nege honderd. Maar sy visumaansoek is afgekeur; sy paspoort het stempels in dat hy Pakistan besoek het. In daardie tyd het Osama bin Laden te midde van hewige Amerikaanse bomaanvalle uit die berggrotte van Tora Bora in Oos-Afganistan gevlug en vermoedelik skuiling gekry in die onregeerbare en onherbergsame FATA-stamgebiede van Pakistan – Suid-Waziristan een van hulle. Ook Taliban-vegters van molla Omar, Bin Laden se Afgaanse beskermheer, het met die Amerikaanse inval hulle toevlug in FATA gaan soek en gekry. Daar was hulle veilig, want die stamgebiede is kwalik vir Pakistan se eie veiligheidsmagte toeganklik.

      Majid het berus en Wits toe gegaan. Met sy MBA het hy die baie lonende Cash & Carry-besigheid oorgeneem wat molla Burki begin het nadat 14de Straat se basaar gesluit is. Die inwoners en handelaars van Pageview is ontwortel en na Lenasia en die nuwe Oosterse Plaza in Fordsburg gestuur – terwyl die wittes van Vrededorp in hulle huise kon agterbly, geskei deur 11de Straat, Fietas se eie Berlynse muur.

      “Majid,” sê molla Burki die aand in sy huis in Lenasia, groot soos ’n boetiekhotel, genoeg slaapkamers vir drie familiegeslagte, “vertel my waar ons staan.”

      Hier praat hulle steeds Pashto. Majid weet sy oom bedoel nie die winkelryk nie. Met die besigheid gaan dit goed, béter as goed. Die winste van die EasySave-groep is soos om jou eie geld te druk, want almal moet eet, internasionale resessie ofte nie.

      Sy oom is voorsitter van die EasySave-direksie, maar as hy vra waar hulle staan, bedoel hy iets anders. En Majid is vlug van begrip.

      “Ek’t alles gekry,” sê hy. “Veilig in my kluis toegesluit, al die dokumente is gereed en in orde. Ons wag net vir Sajida en haar ma.”

      “Wanneer kom hulle? Ek’t nou vergeet, die geheue raak kort.” Molla Burki krap met ’n voorvinger in sy lang, grys baard, die lig van die staanlamp flikkerend op sy brillense.

      “Oor ’n week, volgende Woensdag. Ek sal hulle persoonlik by die lughawe gaan ontmoet.”

      “En die geld, is dit oorgeplaas?”

      “Dis oorgeplaas, soos elke maand.”

      “Hoeveel is daar nou?”

      “Ons trust het nou honderd en sestig bakkerye oor die hele Pakistan, van Karatsji in die suide tot Mingora in die noorde, van Quetta in die weste tot Lahore in die ooste. In Islamabad en Peshawar is ons nuwe koringmeulens in produksie. Drie honderd nuwe Singers is gekoop vir ons klerefabrieke in Jacobabad en Faisalabad en Gujranwala. In Dara Adamkhel is die nuwe madressa betrek, in Makin is die skade aan die moskee herstel, in . . .”

      “Ja, ja,” sê molla Burki, haak die draadrame van sy bril agter sy ore uit en vryf oor sy oë.

      Majid merk vir ’n oomblik ’n toon van ongeduld in die sagte stem. Hy weet waarheen die gesprek nou mik, maar hy vat sy tyd. Sy oom wil nie met detail belas wees nie, stel nie belang in die mikrobestuur van hulle kruideniersryk in Suid-Afrika nie. Hy wil die groter prent sien, die panorama, stel meer belang in die besonderhede van hulle humanitêre hulp in Pakistan, veral in Kanigoram. Dís die detail wat die molla vanaand interesseer: Kanigoram, plek van die Burki’s.

      Molla Burki wil weet van hulle stam en hulle familie, die broers en ooms wat agtergebly het, en hulle vroue en kinders, Majid se neefs en niggies, en almal wat gesterf het toe Hakimullah se Taliban en Yuldashev se Oezbeeks daar gaan wegkruip het en die bomme en dood gelok het na daardie mooi, vrugbare vallei. Die Pakistanse leër het hulle daar gaan soek op aanstigting van die Amerikaners, en wanneer die Pakistanse soldate traag is, stuur die CIA sy onbemande robotvliegtuie in.

      “Is die geld daar? Vir Reema, my broer Hassan se weduwee?”

      “Dit het daar aangekom, ek het die advies van ons trust gekry,” sê Majid.

      “En vir die ander weduwees en die kinders wie se mans en pa’s gesterf het?” Die slagoffers toe die Predator laatmiddag die groep by die begraafplaas met sy Hellfires getref het, Sajida se pa en twee broers onder hulle.

      “Dit word uitbetaal,” sê Majid.

      Molla Burki het die trust in Pakistan gestig en as welsynsorganisasie geregistreer vir humanitêre hulp aan Moslemvlugtelinge. Ook aan gewonde moedjahedien, aan die weduwees en wese van Moslemmartelare, aan die naasbestaandes van Moslemprisoniers wat onwettig in Westerse tronke aangehou word, en om skole, hospitale en moskees te herbou wat deur die Westerse besetters verwoes word in hulle wêreldwye poging om Moslems tot onderdanigheid te dwing.

      “Het jy al meer besonderhede oor die aanval gekry?” vra molla Burki. “Die redes?”

      Majid knik. “Ons kry verslae dat hulle vir Nasir Raza gesoek het.”

      “Kry tee.” Sy oom wuif met sy hand na die skinkbord.

      Majid vat ’n koppie. Hy sluk en loer oor die rand na sy oom.

      “Is Nasir dan terug?” vra die molla. “Ek dog hy’s saam met die Oezbeeks weg.”

      “Dis wat hulle sê: niemand het hom gesien nie. Die Amerikaners het gedink hulle is terug, Nasir en die Oezbeeks, en die drone gestuur.”

      Molla Burki vat ’n sluk van sy tee. “Nasir stel ’n voorbeeld, ons moet hom nie vergeet nie. Sy naam en sy dade raak bekend, dit spoor ander jong manne en vroue aan.”

      “Hulle soek hom al sedert die Chapman-insident.”

      “By Khost, dan nie?” sê die molla.

      Majid weet goed, en hy weet die molla weet ook goed, van daardie insident. Die dapper fedayeen Humam al-Balawi het met plofstof om sy lyf sewe van die CIA-moordenaars hel toe gestuur toe hy by hulle basis ingelaat is sonder dat hy deursoek is. Die Amerikaners was so gerus, het gedink Humam is húlle informant.

      “Dis van Chapman wat die CIA hulle opdragte gee vir die drone-aanvalle in ons stamgebiede,” sê Majid.

      Die arrogante Amerikaners het nooit eens die vaagste vermoede gehad dat Humam ’n dubbele agent kon wees nie, en hy het met sy martelaarskap gewys waar sy diepste lojaliteit lê. Nasir Raza was deel van daardie beplanning en van die video-opname, van die wasiyeh waarop Humam aan die wêreld verklaar het waarom hy bereid is om sy eie lewe te offer om die bloed te wreek van sy leier, Baitullah Mehsud.

      Dit was molla Burki se opdrag om Sajida en haar ma uit Pakistan te kry, om by hulle familie in Johannesburg te kom rus ná die skok en trauma. Maar wanneer haar ma teruggaan na haar familie in Kanigoram, bly Sajida agter; hier in die molla se huis is haar kamer reeds ingerig. En nou is haar dokumente ook in orde, in Majid se kluis: ’n Suid-Afrikaanse ID en paspoort, want hy en die molla het groot planne met haar.

      Sy oom sit sy bril terug. “Wat van die amptenaar wat haar dokumente uitgereik het?”

      “Dis onder beheer.”

      Voor sy geestesoog sien Majid meneer Heilbron van binnelandse sake met sy spoggerige kar en duur skoene. Hy het tagtig duisend rand gevra om Sajida se dokumente onder die tafel te verskaf. Gesê dis ’n delikate prosedure, hy moet eers ’n geboortesertifikaat ook fabriseer, dis nie sommer net vir druk hier ’n knoppie, druk daar ’n knoppie nie.

      “Geen spore na ons toe nie?”

      “Niks.”

      Die СКАЧАТЬ