Die afreis van Abel Lotz. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die afreis van Abel Lotz - Chris Karsten страница 18

Название: Die afreis van Abel Lotz

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798156417

isbn:

СКАЧАТЬ Karmelietbier en mossels en paling wil gaan trakteer.

      “Wat’s fout, Pa?”

      “Niks is fout nie. Mag ’n pa sy dogter nie bel sonder dat iets fout is nie?”

      “Is dit weer die rug? Dis van al die gebuk oor ou boeke dat die rug dit nie kan hou nie.”

      “Die rug makeer niks nie, Sofie. Wanneer los jy die hotel? Ek’t jou hier nodig.”

      “Pa, ek hou van my werk, ek hou van mense om my.”

      “Boeke is vol mense.”

      “Ek hou van régte mense, mense met wie ek kan praat en lag.”

      Hy dink aan Hugues en sê: “In boeke praat mense.”

      “Praat hulle met Pa? Wat sê hulle?”

      “Hulle vertel stories . . .”

      “Boeke is vol stof, en stof gee my hooikoors. Pa weet mos, ek nies van boeke.”

      Hy verswyg boekluise. “Niks ruik so lekker as die leer en velyn van my boeke nie.”

      “My neus is bedoel vir goeie wyn.”

      “’n Ryk gas by die Kempinski gaan jou nog wegvat, ek sien dit kom.”

      “Ryk of arm, ek soek nie ’n man nie. Nog nie.”

      “En as hy jou vat, bly ek alleen oor. Luister, Sofie, ek’t jou vertel van my vriend Abel uit Suid-Afrika. Ek wil hom uitvat vir ete, gedink dit sal gaaf wees as jy kan saamkom, hom ook ontmoet, help om hom tuis te laat voel.”

      “Dis reg, Pa, ons kan so maak. Wat van Pa se medisyne, drink Pa dit gereeld? Moet ons weer ’n afspraak maak by dokter Smeden?”

      “Nee, g’n afspraak nie, ek drink my medisyne. Ek bel jou oor ’n datum vir die ete.”

      Hy sit die foon neer. Voel skuldig, want hy drink nie gereeld sy medisyne nie. En hy kan dit agterkom. Hy voel soms snags weer die angstigheid.

      Maar hy vermy dokter Smeden, wat hom vir sy senuwees en neerslagtigheid behandel het ná Jute se dood. Hy was al drie keer in die Sint Raphael-inrigting in Antwerpen, en het besluit: nooit weer nie.

      11

      In sy kantoor by die Rekord lees Jake die artikel “Counter Corruption and Security” op binnelandse sake se webwerf. Daarna bel hy die Johannesburgse streekkantoor en vra om met meneer Heilbron te praat. Stel hom nie voor as joernalis nie, oortree omtrent al die Persombudsman se gedragskodes.

      “Meneer Heilbron, ’n vriend het my jou naam gegee. Gesê jy’t hom gehelp, hy’s seker jy kan my ook help. Hy’t gesê as ek ooit in die nood is, bel daardie gawe meneer Heilbron by binnelandse sake.”

      “Ja?”

      Jake skakel die digitale opnemer aan. “My vriend sê: moenie meneer Heilbron verkeerd opvryf nie, niks onwettigs nie, hy is ’n etiese man, volg die reëls soos die evangelie. Maar jy weet van die toue, staan heeldag in ’n tou en as jy voor by die toonbank kom, sê die klerk: ‘Waar’s jou vingerafdrukke?’ En jy sê: ‘Niemand het iets genoem van vingerafdrukke nie?’ En sy sê: ‘Gaan vat eers jou vingerafdrukke, val weer agter in.’ En jy wag in die tou om jou vingerafdrukke te vat . . .”

      “Wat’s jou punt, meneer . . .?”

      “Diamond,” sê Jake sy regte van voor hy kan dink. “Al daardie rompslomp en toue en drie maande later kry Piet de Wet sy ID-boek met ’n foto van Bhekuyise Ninela, en Bhekuyise kry sy ID met ’n foto van Gert van der Merwe, en so aan, weet wat ek bedoel? My vriend sê meneer Heilbron kan help . . .”

      “Wie’s jou vriend, het hy ’n naam?”

      Jake het dit verwag, gedink aan ’n paar name. Hy’t nie Pakistani-vriende nie, weet nie hoe ’n Pakistanse van klink nie, maar onthou Khan, Imran Khan, krieketkaptein van Pakistan. In 1992 se eindstryd teen Engeland die wêreldbeker gewen, Ian Botham uit vir ’n nulletjie, geboul deur Wasim Akram.

      “My vriend? O, Wasim Khan, onthou jy hom?” Hy hoop die naam laat ’n klokkie lui, nie té hard nie, net genoeg om meneer Heilbron se geheue te terg.

      “Ek help honderde klante, kan nie elkeen onthou nie. Khan?”

      “Khan, ja. My vriend Wasim sê: ‘As meneer Heilbron jou help, wys jou dankbaarheid, moenie inhalig wees.’ Hy noem dit ‘largesse’, vir al meneer Heilbron se moeite. Dis wat Wasim sê, nie ek nie. Ek’s in die nood, meneer Heilbron, kan jy my help? Kan ons daaroor gesels, miskien môre oor ’n lekker middagete? Aangesien dit Vrydag is, sal niemand ons mos jaag nie. Hoe lyk jou dagboek, is daar plek oop vir ’n ete, vir ’n stewige largesse as jy my kan help?”

      12

      Majid kry die boodskap van sy persoonlike assistent in sy mezzaninekantoor. Hy het deur ’n glasmuur ’n panoramiese uitsig op die uitgestrekte binneruim van sy superwinkel. ’n Staal-en-sink-konstruksie soos ’n vliegtuigloods, oop volume van drie verdiepings, kan inderdaad byna ’n Boeing én ’n Airbus huisves. Rakke vol gepak met groothandelkruideniersware vir Soweto se kettingwinkels en spazas en straatsmouse. Onder hom, as hy byna vertikaal afkyk, die nimmereindigende toue kopers met volgelaaide trollies by die ry betaalpunte – veertien kassiere, alles kontant.

      Majid lees weer die boodskap wat sy PA op sy lessenaar kom neersit het. Dis van sy oom wat hom kon gebel het, maar respek betoon en ’n boodskap by sy PA los: Molla Burki sê as jy tyd het, sal hy vanaand ’n besoek waardeer, ná Isha’a.

      As jy tyd het. Molla Burki is die patriarg van die familie; as hy ’n boodskap los vir ’n besoek, dan máák jy tyd. En natuurlik eers ná Isha’a, die vyfde en laaste gebed van die dag.

      Majid is deeglik onder die indruk van die las en verantwoordelikhede op sy eie jong skouers. Hy is die gesalfde, die kroonprins van Johannesburg se welgestelde Burki-familie. Op dertig al besturende direkteur van die EasySave Cash & Carry-ryk, reeds elf groothandelaars landwyd.

      Majid, met ’n MBA van Wits, wou eintlik een van Harvard gehad het.

      Hy was reeds gekeur toe die Amerikaanse konsulaat in Johannesburg destyds sy aansoek vir ’n studievisum afgekeur het – sonder om redes te verstrek. Hy en sy gegriefde familie vermoed die redes het alles te doen met ras, geloof en herkoms.

      Majid is in Lenasia, Johannesburg, gebore, maar sy ouers het eens in Pageview gewoon. Daar het sy pa ’n materiaalwinkel in Fietas se 14de Straat bedryf en vyf keer op ’n dag in die groen-en-wit moskee in 22ste Straat gaan bid, naby die Braamfonteinse begraafplaas met sy afdeling vir Moslemgrafte en die mazaar met die oorskot van ’n Moslemheilige.

      Op die visumaansoek moes Majid onder meer sy pa se plek van geboorte verstrek, en sy pa is in Pakistan gebore, nie in Suid-Afrika nie. Sy pa se geboorteplek is Kanigoram, Suid-Waziristan.

      Hy moes ook sy pa se sterfdatum invul. Nadat apartheid sy pa van sy winkel in Fietas beroof het, het hy in 1982 – die jaar van Majid se geboorte – aangekondig dat hy teruggaan Pakistan toe. Hy het gesê dis sy plig om teen die Sowjets te gaan baklei wat die oeroue grond van die Pashtun in Afganistan probeer verower. Dis ook waar sy pa dood is, en nou doen die Westerse veroweraars dieselfde ding, en dit mag СКАЧАТЬ