Liefde onder die sterre. Susan Pienaar
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Liefde onder die sterre - Susan Pienaar страница 3

Название: Liefde onder die sterre

Автор: Susan Pienaar

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624054542

isbn:

СКАЧАТЬ “Hemel, man, hoekom kan jy nie nee vir ’n antwoord vat nie?” Skielik kry sy koud so in haar nat onderklere. “Ek gaan nou neersit, jy mors my tyd.” Sy verbreek die verbinding en los die foon van die mikkie af.

      In haar snoesige handdoekstofjapon mop sy later die water van die teëls op. Sy gaan haal half skuldig haar klere van waar dit buite op die plaveisel lê. Sy wil mos so laf wees, toe word sy gestraf met daardie oproep.

      Sy gaan staan behaaglik onder die stort. Sy moet haar naels vanaand nog verf, môreoggend gaan daar nie tyd wees nie. Sy moet gereed wees wanneer die bussie haar kom oplaai, en dis vroeg.

      2

      Lisa kyk moedeloos in die aankomsaal van Kaapstad se lughawe rond en gaan sit dan die soveelste keer weer op die ongemaklike bankie langs haar tasse. Die vliegtuig het ’n uur gelede geland en steeds is daar geen teken van die Kallie-vent nie.

      Terwyl sy vir haar tas gewag het, het sy vir Tillie gebel. “Hoe sal ek dié Kallie herken?” wou sy weet.

      “Wag jy net in die aankomsaal,” het Tillie gegiggel. “Kallie sal jou maklik uitken aan al die foto’s wat hy al hier van jou gesien het.”

      Lisa trek haar rok se kort spleet reg en loer na haar modieuse skoene. O, sy weet sy het hopeloos te veel van hulle, maar sy kan mooi skoene eenvoudig nie weerstaan nie. Hierdie paar het sy juis net ’n paar dae gelede gekoop.

      Sy is dors, maar sy sal moet uithou, want trek sy haar tas saam en gaan koop water, loop sy Kallie dalk mis. Ongeduldig skiet sy weer op. Haar sitvlak is al seer gesit, sy loop liewer kort entjies heen en weer. Hy beter binnekort sy opwagting maak!

      Kallie steek in sy spore vas toe hy Lisa herken. Hy beskou haar aandagtig terwyl sy hom nog nie gesien het nie. In lewende lywe is sy nóg mooier as op enige van die foto’s op Tillie en Nico se kaggelrak.

      Haar voorkoms is baie gepoleerd. Die turkoois knielengte rok vertoon haar uurglasfiguur ten beste. Ooglopend kom dit uit een van haar luukse boetieks. Haar donker hare val blink oor haar skouers, en hy merk weereens op hoe volmaak gevorm haar lippe is.

      Tillie kan mos nie uitgepraat raak oor dié wonderlike vriendin van haar nie. Lisa is ’n geoktrooieerde rekenmeester, so weet Kallie, maar vir hom lyk haar loop en staan eerder soos dié van ’n model. En dit laat hom eensklaps aan Christa dink. Dadelik voel hy geïrriteerd en op sy hoede vir Lisa.

      Maar nee, hy moet seker probeer regverdig wees, die vrou ’n kans gee. Hy onthou sy vooroordeel teen Tillie – in die eerste maande het hy gedink sy het Nico listig op Boer soek ’n vrou gevang. Stadig maar seker het hy van gedagte verander en kon hy insien hoe ’n liewe mens sy is.

      Laat hy liewer die vrou gaan kry dat hulle kan vlieg. Al hierdie nonsensgedagtes …

      “Lisa Jordaan? Kallie Duvenhage, aangename kennis.” Hy steek sy hand uit en voel hare klein en koel in syne. Noudat sy direk na hom kyk, sien hy haar amandelvormige oë is nie ’n gewone bruin nie, maar eerder die kleur van warm heuning. Haar vel is melkwit, haar neusie smal. Haar donker wenkbroue boog net effens. Hel, hy staar die vrou soos ’n skoolseun aan, hy moet uitskei! Netnou kry sy die verkeerde idee.

      Lisa is skoon van stryk gebring. Kallie is dan ’n beeld van ’n man! Sy het ’n onaansienlike en veel ouer man verwag.

      “Aangenaam, meneer Duvenhage.” Sy trek haar hand uit Kallie se groot, ietwat eelterige een, en is verbaas oor sy grysblou oë wat so koel in hare kyk. Is hy nou vies omdat hy haar moes kom haal?

      Hy kam met sy vingers deur gitswart hare. “Noem my Kallie.” Hy tel haar tas en skootrekenaarsak op asof dit niks is nie. “Jammer ek’s laat. Sal ons gaan?”

      Sy knik en rek haar treë om te probeer byhou – Kallie is veel langer as sy. Sy skouers span breed onder sy blou-en-wit strepieshemp, en sy bene onder die donkerblou kniebroek is gespierd en sonbruin. Nie ’n gram oortollige vet aan die man nie. Hy is gebou soos ’n tennisspeler.

      Kallie kyk vlugtig na haar toe sy met moeite langs hom loop. “Wil jy dalk iets kry om te drink voor ons vlieg?”

      “Ja, ek is nogal dors.”

      Hy sit haar bagasie langs ’n buitetafel van ’n koffiewinkel neer. “Wat kan ek vir jou kry?”

      “Water, en koffie ook, asseblief.” Sy rits haar handsak oop en gaan sit ’n geldnoot voor Kallie neer waar hy by die toonbank staan. Toe tel sy ook ’n tydskrif op, gee dit vir hom aan en gaan waak oor haar bagasie.

      Kallie kom met ’n skinkbord nader. Toe hy oorkant haar gaan sit, stoot hy haar geld met een vinger tot voor haar op die tafeltjie.

      “Luister,” sê hy terwyl sy oë op klein skrefies trek, “ek is nie dun van nerf nie, maar wanneer ek jou vra of jy iets wil drink, dan betaal ék.”

      Lisa staar hom sprakeloos aan. So dís wat fout is met hom – hy’s ’n volslae Neanderdalman! Sy lig haar ken.

      “As ek vooraf geweet het hoe jy oor die saak voel, sou ek kraanwater gedrink het. Maar toe het ek ook koffie gevra en ’n tydskrif gevat, so dis net reg dat ek betaal.”

      “Drink jou koffie.” Hy knik stroef na die bottel. “Die water kan jy in die vliegtuig drink.”

      Haar wange brand van ergernis. Kan ’n man so ongeskik wees! Twee vroue by ’n nabygeleë tafel kyk na hulle en Lisa besluit om liewer nou die minste te wees. Sy hou haar stem sag en kalm.

      “Op een voorwaarde. Volgende keer betaal ek.”

      Nié dat sy beplan om ooit weer iets saam met hierdie vent te drink nie! Hoekom Tillie gereël het dat so ’n lummel haar kom haal, is vir haar ’n raaisel. Sy kan nie glo hy en Nico is neefs nie. Sy moes haar instink vertrou het en self Rooiklip toe gery het.

      “Ons sal sien,” grom Kallie. Sy kan sien hy probeer hard om nie na haar te kyk nie. Sodra haar koppie leeg is, staan hy op en lig sy wenkbroue. “As jy gereed is?”

      Woordeloos kom Lisa orent, laat val die water langs die tydskrif in haar handsak en volg Kallie.

      Buite wag ’n skok op haar. Daardie dingetjie? Dís waarin sy nou moet klim? Dit lyk soos ’n speelgoedvliegtuigie! Kallie lig sonder inspanning haar bagasie op en bêre dit in die piepklein bagasieruim. Dan hou hy die vliegtuigie se deur vir haar oop.

      Nêrens sien Lisa handvatsels om aan vas te hou nie, ook geen leer om tot binne te klim nie. Boonop staan die ekskuus van ’n vliegtuigie nogal hoog. Haar nou rok perk haar in toe sy een been probeer lig – vrek, hoekom het sy tog nie jeans gedra nie? Sy gooi haar sak in en soek naarstiglik na vashouplek. Sy is pynlik bewus daarvan dat Kallie haar van agter staan en dophou.

      Skielik vou sy hande om haar middel en hy lig haar binne-in die kajuit asof sy ’n veertjie is. Doodluiters maak hy die deur toe en stap om die vliegtuig. Hoe vernederend! Sy kan nie eens self in ’n vliegtuig klim nie.

      Toe Kallie langs haar sit en aan die knoppies voor hom stel, bestudeer sy die binneruim so ongemerk moontlik. Sy het nog nooit in ’n ligte vliegtuig gevlieg nie. Sy wonder hoe veilig dit is, maar dit klink en lyk darem asof Kallie weet wat hy doen. Hy praat kort en kragtig in sy mondstuk met iemand in die beheertoring. Sy vat die oorfone wat Kallie vir haar hou, druk haar hare agter haar ore in en skuif die lomp goed oor haar kop. Haar hare gaan oes lyk hierna.

      “Ek СКАЧАТЬ