Wilna Adriaanse-omnibus 1. Wilna Adriaanse
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wilna Adriaanse-omnibus 1 - Wilna Adriaanse страница 24

Название: Wilna Adriaanse-omnibus 1

Автор: Wilna Adriaanse

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624050315

isbn:

СКАЧАТЬ van oomblikke tevore sak genadiglik weg. Sy is ’n kortkop voor André toe hulle om die hoek by die stalle galop dan moet sy haastig die leisels intrek om nie in die figuur wat voor die stalle staan te bots nie. Terwyl sy die leisels intrek, swenk sy weg en dan moet sy haastig haar balans herwin. Perd en ruiter gaan maak ’n wye draai en kom op ’n stadige draffie terug. Dan herken sy vir die eerste keer haar werkgewer. Georgina het haar nog nooit daarop geroem dat sy sy gesigsuitdrukking kan lees nie, maar sy is op hierdie oomblik redelik seker hy is ontevrede en sy voel hoe die ergernis warm onder haar kraag kom lê. Sy wens die man het ’n klokkie gedra, sodat sy kon weet as hy in aantog is, want sy haat dit om so onverwags op hom af te kom. Dit voel vir haar sy het ’n waarskuwing nodig voordat sy hom sien.

      Sy swaai haar been oor die groot perd se rug en stap die laaste treë na waar hy en André nou staan. André is duidelik baie opgewonde om sy pa te sien.

      Georgina knik in sy rigting en begin die saal losmaak. Voordat sy egter die saal kan aftel, neem twee hande dit by haar en lig dit moeiteloos af en stap daarmee na die tuiekamer. Sy gaan haal ’n roskam en begin woordeloos die blinkswart vel afborsel. André is besig om sy pa van hulle paar dae se verblyf hier te vertel, terwyl hy ook sy perd afsaal en roskam. Georgina neem haar tyd, in die hoop dat die twee van hulle sal loop, maar hulle bly staan en sy is verplig om klaar te maak en saam met hulle huis toe te stap. Sy luister afgetrokke hoe André vra waarmee sy pa gekom het. Sy gewaar ook nie die helikopter nie, maar sy wou nie vra nie. Maar hy het blykbaar gevlieg. Met wat en tot waar weet sy nie; miskien met sy eie vlerke, kan sy nie help om te dink nie, en dan glimlag sy vir haar eie gedagtes. Die glimlag sterf oomblikke later toe hy haar aan die onderpunt van die trap keer en vra of sy vir ’n paar oomblikke na sy studeerkamer sal kom.

      Sy bly voor die lessenaar staan, maar hy beduie met sy kop dat sy moet sit en sy sak huiwerig op die stoel neer.

      “Ek het Mark belowe as dit moontlik is, sal ek jou terugstuur Manhattan toe vir die naweek, maar ek is bevrees die weer is vinnig besig om te versleg. Die lughawe is gesluit net nadat ons geland het.” Sy stem is soos gewoonlik onpersoonlik, en Georgina weet nie wat om te sê nie. Sy het nie gevra om stad toe te gaan nie.

      “Dit maak nie saak nie – ek kan sommer hier in die omgewing êrens vir die naweek gaan bly.” Die man wil seker alleen met sy kinders wees en sy wil beslis nie hê hy moet dink sy wil saam met hulle Kersfees deurbring nie.

      “Die kinders wil graag hê jy moet Kersfees saam met hulle deurbring. As jy wil.” Georgina luister verbaas na die effense onsekerheid waarmee hy dit sê. Sy wil so graag vir hom vra wat hy wil hê, maar sy kan dit nie doen nie. Daarom knik sy net.

      “As dit u pas, sal ek graag bly.”

      Sy begin om op te staan, maar sy stem keer haar. “Jy is onverskillig met die perdry. Ek het Magriet belowe ek sal na jou kyk – ek gaan haar nie bel en sê jy het jou doodgeval nie!”

      Sy lag hardop voordat sy kan keer en nie eens die frons tussen sy wenkbroue kan haar laat ophou nie.

      “Ek is bly om te sien jy kan lag, maar ek sien ongelukkig nie die grap hierin nie.” Daar is ’n merkbare kil toon in die andersins niksseggende stem.

      Georgina het moeite om die lag uit haar stem te keer. “Ek is jammer. Ek is net nie juis daaraan gewoond dat ek iemand se verantwoordelikheid is nie.” Dan versober haar stem. “Phantom is ’n besonderse dier. Ek is jammer ek het sonder u toestemming op hom gery.” Sy wonder skielik of dit nie die eintlike rede agter sy vermaning is nie. Hy is dalk oor sy perd begaan.

      “Jy is welkom om op hom te ry – net nie teen so ’n spoed nie.”

      Sy knik en stap haastig deur toe.

      “Georgina, my naam is Chris.”

      Sy antwoord hom nie, gee ook nie ’n aanduiding dat sy hom gehoor het nie.

      Georgina is besig om aan te trek toe Mark bel om te hoor hoe laat hy haar kan verwag, en klink baie teleurgesteld toe sy sê die lughawe is gesluit.

      “Ek neem hom nie kwalik nie, ek sou ook al die lughawens en sommer die paaie ook laat sluit het as ek Kersfees alleen saam met jou kon deurbring!”

      “Mark!” Georgina stik byna in die woord. “Moenie simpel wees nie!”

      “Georgina Walters, ek sal graag eendag wil weet hoe op aarde jy nog kan los rondloop.” Sy stem is vir ’n oomblik ernstig, maar dan lag hy weer. “Ek is regtig jammer jy kan nie vanaand hier wees nie, maar ek sien jou volgende week in Japan!”

      Voordat Georgina hom kan uitvra, word die verbinding egter verbreek en moet sy die gehoorstuk neersit.

      Japan! Sy hoop van harte nie hulle word volgende week Japan toe gesleep nie! Vaderland, dis Kersfees, hou die man dan nooit op nie?

      13

      Jean is reeds aangetrek toe Georgina by haar in die kamer kom. Georgina het hulle aangesê om mooi aan te trek, want die tafel in die eetkamer is feestelik gedek. Sy self het ’n swart langbroek en kort oranje truitjie aan. Die dogtertjie bekyk haar onbeskaamd van bo tot onder.

      “Jy is vreeslik mooi.” Dit word met soveel eerlike oortuiging gesê, dat Georgina glimlag.

      “Baie dankie, dis ’n mooi kompliment.”

      André kom die kamer binne en sê sy pa en Bertie wag al in die studeerkamer. En ook sy blik gaan waarderend oor Georgina voordat hy skugter wegkyk.

      In die studeerkamer laat Bertie egter luidkeels hoor hoe mooi sy vir hom lyk en dan kyk hy na sy pa en wil weet of sy pa met hom saamstem.

      Die donker kop knik en Georgina is seker daar is geamuseerdheid in die grys oë. Sy kyk haastig weg.

      “Waar is al die geskenke, Georgie? Ek sien nêrens iets nie!” Bertie trippel rusteloos rond.

      “Gee my net ’n minuut, maar julle moet hier in die studeerkamer bly.” Met dié woorde loop Georgina haastig deur die portaal en sluit die groot deure na die sitkamer oop. Sy skakel twee muurlampe en die feëliggies aan die Kersboom aan. Die liggies weerkaats met ligstrale in die glas en kristalversierings. Sy steek ook die kerse aan wat oral in kershouers staan, en dan maak sy die dubbeldeure na die groot eetkamer oop, waar die mooi versierde tafel staan, en skakel ook daar twee ligte aan en steek die kerse op die tafel aan.

      Sy draai om en kan die afwagting op die kinders se gesigte sien toe sy hulle roep.

      Hulle steek woordeloos in die deur vas en sy is skielik bly sy het dit gedoen. Elke kind verdien mooi herinneringe. En dit maak nie meer saak wat die groot man langs haar dink nie. Sy glimlag by haarself toe die drie selfversekerde kinders huiwerig die vertrek binnestap, asof hulle heilige grond betree.

      En dan neem die kinderlike nuuskierigheid oor en buk Bertie by die pakkies, maar sy pa keer hom. “Ons gaan eers eet. Mevrou Connely het heerlike kos gemaak.” En daarmee beduie hy na die ruim eetkamer waar die lang tafel met ryk wit linne, silwer en kristal bedek is.

      Op ’n sytafel staan groot silwer-opskepbakke met klein kersbrandertjies onderin om die kos warm te hou.

      Terwyl die kinders druiwesap drink, skink Chris vir hulle twee saam met elke gereg ’n ander wyn. Georgina kan voel hoe die senuknop in haar begin los raak en sy minder gespanne aan die gesprekke kan deelneem.

      Uiteindelik is die heerlike ete verby en СКАЧАТЬ