Название: Wilna Adriaanse-omnibus 1
Автор: Wilna Adriaanse
Издательство: Ingram
Жанр: Короткие любовные романы
isbn: 9780624050315
isbn:
“Kom ons praat oor ’n interessanter onderwerp. Ek is beslis nie lus om my onverwagse rusdag te versuur met praatjies oor Sy Hoogheid nie.”
“Dis vriendelik van hom om jou die dag af te gee.”
“Die werk maak my nie meer moeg nie. Ek het eintlik baie geheg aan die kinders geraak. Dis die pa wat my moeg maak! As hy praat, spring almal rondom hom op aandag – man en muis. Niemand vra waarom nie, almal spring net. Jy het nog nooit so iets gesien nie! Wat mense darem ook nie vir geld sal doen nie!”
Sy donker wenkbroue lig vraend. “Dink jy dis net die geld?”
“Wat anders? Wie by sy volle verstand sal so ’n lewe wil lei? Nie ek nie!”
“En tog sê jy sy personeel is almal al jare by hom. Sê dit nie vir jou iets nie?”
Georgina se oë draai groot en onskuldig na hom. “Dat hulle miskien almal masochiste is, of van lotjie getik …”
Sy skouers ruk en hy vryf sy lang vingers deur haar hare.
“Ek soek ’n guns,” gaan sy ongestoord verder en toe hy haar net vraend aankyk, vervolg sy huiwerig: “Ek soek twee kaartjies vir die balletuitvoering in die operahuis.”
“Lyk ek vir jou soos die goeie towertante? Daardie kaartjies is maande gelede al uitverkoop! As ek mag vra, vir wie soek jy die kaartjies?”
“Ek wil vir Jean neem. Ek het ’n vermoede dis haar groot passie.”
“Waarom vra jy nie jou baas nie? Ek is seker hy het ’n privaatlosie.”
“Ek gaan hom nie vra nie. Ek is seker as jy net wil, kan jy vir my kaartjies kry. Tussen al jou kontakte moet daar iemand wees wat kaartjies sal hê – miskien ’n ou meisie of twee. Probeer asseblief net. Ek sal jou ewig dankbaar wees!”
“Hoe dankbaar?” Sy donker oë vonkel ondeund.
“Nie heeltemal só dankbaar nie, maar baie dankbaar!” Sy kyk op haar horlosie. “Ek moet gaan. Dankie vir middagete. En probeer asseblief jou bes!”
Hy stap saam met haar voordeur toe en wag vir ’n huurmotor om te stop. Dan soen sy hom vlugtig op die wang en spring vinnig in die wagtende geel motor.
“Waar was jy so lank?” Bertie staan ontevrede in die portaal toe sy uit die hysbak stap.
“By Etiénne gekuier. Hy stuur vir julle groete.” Sy tel die ontevrede seuntjie op.
“Is hy jou kêrel?”
Georgina skud haar kop. “Nee, hy is nie my kêrel nie.”
“Nou wie is jou kêrel?” Jean het uit die kombuis gekom en neem die ondervraging by Bertie oor.
“Ek het nie ’n kêrel nie.”
“Maar jy hou van Etiénne!”
Georgina knik. “Ja, ek hou baie van hom.”
“Gaan jy met hom trou?” Jean sit nou op een van die regop antieke stoele wat in die portaal staan. Haar kop is effens skuins gedraai, en Georgina gaan sit op die ander stoel, met Bertie op haar skoot.
“Sjoe, julle is darem nuuskierig. Nee, ek gaan nie met hom trou nie, ook nie met iemand anders nie.”
“Waarom wil jy nie trou nie? Wil jy nie ’n babatjie hê nie?” Jean se gesig is die ene konsentrasie en Bertie draai homself op haar skoot om, om nog beter te kan hoor.
Sy oorweeg dit om vir die dogtertjie te sê in vandag se tye is dit nie eens meer nodig om te trou om ’n babatjie te kry nie, maar sy bedink haar. “Alle vrouens wil nie trou nie.” En dan verstil haar stem toe ’n groot gestalte in die studeerkamer se deur verskyn, arms losweg gevou. Alhoewel hy niks laat blyk nie, is sy seker hy het elke woord van die vreemde gesprek gehoor. Hy kon nie anders nie – hulle sit reg voor die studeerkamer en praat.
“Sal dit reg wees as julle Sondagoggend vertrek?”
Georgina kyk vraend na die man in die deur. Sy het nie ’n idee waarheen hulle moet vertrek nie.
“Plaas toe … Ons gesprek van die ander aand?” Daar is ’n effense spotklank in sy stem.
“Ja, dit sal goed wees. Ek sal inpak.”
“Ek hoop nie jy wil ’n week lank inpak nie, want dan het ons ’n vragmotor nodig om julle te neem.” En daarmee draai hy om en verdwyn weer in sy werkplek.
Georgina beduie vir die kinders om haar te volg en sy gaan sit met hulle in die vertrek verste weg van die studeerkamer wat sy kan kry. Sy wens sy kan net een keer vir hom sê wat sy van hom dink.
Miskien net voor sy weggaan. As sy hom groet! Miskien as sy met haar een voet op die vliegtuigtrappie staan …
9
Etiénne bel die Dinsdagoggend. “As ek drie kaartjies kry, kan ek saamgaan?”
“Natuurlik! Maar ek dog hulle is so skaars soos hoendertande.”
“Dit wys jou net wat ek vir jou sal doen. Julle moet aantrek – dis vanaand.”
Georgina gee ’n uitroep van blydskap. “Ek glo dit nie! Jy is ’n skat! Wat skuld ek jou?”
“Wil jy rêrig weet?” Sy kan hoor hy glimlag.
“Jy het so ’n groot mond! Ek is seker jy skrik jou boeglam as ek eendag een van hierdie uitnodigings van jou aanvaar!”
Die diep lag laat haar ook onwillekeurig glimlag. “Georgie, my skat, waarom toets jy dan nie jou vermoede nie!”
“Hoe laat moet ons jou daar kry?” ignoreer sy die opmerking.
“Jy gaan my tog seker toelaat om julle te kom haal? Wanneer dink jy gaan ek weer die kans kry om in daardie huis te kom?”
“Nou goed, kom tot hier, dan gaan ons saam.”
Toe sy die telefoon neersit, tel sy dit weer op en skakel die kantoornommer. Sy vra om met Mark te praat.
“Georgie! Jis, dis lekker dat jy my bel. Ek verlang na jou ook!”
“Mark, ek wil graag vanaand vir Jean ballet toe neem. Wil jy nie asseblief vir jou baas vra of dit reg is nie? Dan bel jy my terug.”
“Waarom praat jy nie sommer self met hom nie? Ek sit hier by hom in die kantoor.” Sy hoor hoe hy aan die ander kant met iemand praat en voor sy kan keer, klink daar ’n ander bekende stem in haar oor op.
“Is iets verkeerd?” Sy hoor die bekommernis.
“Nee … nee, niks is verkeerd nie. Ek wil net weet of ek miskien vanaand vir Jean na die ballet in die operahuis kan neem. Betsy sal na die seuns kyk.” Sy staan op en loop met die koordlose foon tot by die venster. Haar ander hand is in ’n vuis gebal.
“Hoor СКАЧАТЬ