Wilna Adriaanse-omnibus 1. Wilna Adriaanse
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wilna Adriaanse-omnibus 1 - Wilna Adriaanse страница 15

Название: Wilna Adriaanse-omnibus 1

Автор: Wilna Adriaanse

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624050315

isbn:

СКАЧАТЬ stel van swart ebbehout en ivoor terug.

      Jean tel weer haar boek op en die enigste ander geluid, naas die televisie se sagte gedreun, is die koerantbladsye wat kort-kort kraak.

      Georgina vind dit moeilik om te konsentreer, maar André is ’n baie goeie opponent en sy dwing haar gedagtes na die bord voor haar. En gelukkig maak haar verskerpte konsentrasie dat sy na ’n uur die gaping sien en dan kyk sy selfvoldaan na André wat fronsend sy magtelose koning bekyk.

      “Jy speel goed. Dis nie almal wat my fout sou agtergekom het nie.” Die kompliment is so eerlik dat sy haar kop laag buig.

      “Dankie. As ek geweet het hoe goed jy speel, het ek waarskynlik nooit ingewillig nie. My brein wil nie meer so konsentreer nie.” Dan kyk sy op haar horlosie. “Nou is dit gelukkig eers slaaptyd.”

      Die twee staan traag op en groet hulle pa wat agter die koerant uitloer. Toe Georgina seker is hulle is in hulle kamers, draai sy terug en sluk moeisaam aan die knop in haar keel. Dis nou of nooit.

      “Doktor Parker?” Sy wag totdat die koerant op sy skoot sak. “Ek is jammer oor my ongevraagde opinie van nou die aand. Ek het geen reg gehad om u kinders se opvoeding te kritiseer nie. Hulle is oulike kinders.”

      “Ondanks die omstandighede waarin hulle grootword?” Die grys oë kyk stip na haar.

      “Dis nie wat ek gesê het nie.” Sy begin weer warm word.

      “Maar dis wat jy dink.” Nou is daar openlike spot in die donker oë.

      Sy keer haarself voordat sy die aas gryp. Dis nie in die middel van die nag nie. Haar brein funksioneer nog helder. Sy gaan nie weer in so ’n gesprek betrokke raak nie. Daarom trek sy net haar skouers op. “Dit maak nie saak wat ek dink nie.”

      “Nou die aand was dit vir jou belangrik genoeg om jou mening sonder ’n omhaal van woorde te gee.”

      “En ek hét om verskoning gevra.”

      “Maar dis steeds jou mening.” Sy blik daag haar om die stelling te ontken en sy vee ergerlik met haar vingers deur haar hare.

      “As u my sal verskoon, gaan ek ook nou slaap.” Sy voeg die daad by die woord en draai om.

      “Jy het my nog nie geantwoord nie!” Sy stem keer haar by die deur.

      “U het ’n stelling gemaak, nie ’n vraag gevra nie. Goeienag.” Sy probeer om met soveel waardigheid as moontlik die vertrek te verlaat.

      “Ek het nog altyd respek vir mense gehad wat by hulle standpunt bly, hoe moeilik die teenstand ook al.”

      Georgina draai weer in die deur om. “Doktor Parker, ek het nie van standpunt verander nie, ek is net nie weer bereid om dit te bespreek nie.” En dan sien sy die oorwinning agterin die grys oë en sy draai haastig om. Hy soek wragtig ’n argument met haar! Sy kan dit nie glo nie!

      New York is ook koud en grys toe hulle tien dae later daar afklim, maar die feestelike Kersversierings en miljoene liggies gee ’n gevoel van warmte, al is dit dan ook kunsmatig.

      Na hulle verblyf in Londen het daar ’n gemoedelike skietstilstand tussen haar en Jean ontstaan. Tussen haar en André is ’n versigtige vriendskap besig om te ontwikkel. Hulle speel dikwels skaak en as die ander twee al in die bed is, speel hulle twee ’n rekenaarspeletjie of hy help haar om vir Leon en Magriet e-posboodskappe te stuur. Of soms kyk hulle net saam televisie. Hy vra nie sulke blatante vrae soos die jonger twee nie, maar hy is ook nie so ’n vrywillige bron van inligting soos hulle nie. Die grys oë neem soos sy pa s’n alles waar, maar dis nie altyd moontlik om te sien wat hulle dink nie.

      “André, waar bring julle gewoonlik Kersfees deur?” vra sy een aand, terwyl sy monsters op die rekenaarskerm jaag.

      “As my pa tyd het, gaan ons huis toe, maar hy is vanjaar baie besig, so miskien sal ons net hier bly.”

      Georgina kyk vraend na hom. “Wat bedoel jy met huis toe? Ek dog hierdie is julle huis.”

      Die donker kop knik. “Ons het ’n ander huis ook, so drie uur se ry uit die stad uit. Dis amper soos ’n plasie. Ons het daar gewoon toe ek klein was, maar my ma …” Hy huiwer ’n oomblik voor hy verder gaan: “… het nie daarvan gehou nie, toe kom woon ons hier. Sy het ook hier in die stad gewerk.” Die laaste woorde klink soos ’n verskoning. Asof hy haar besluit moet verdedig.

      Georgina knik stil.

      “Dis vreeslik mooi daar. Ons het perde en daar is ’n dam en groot grasperke. Dit lyk soos die park hier oorkant. As ek my pa vra, sal jy saam met ons gaan? Miskien kan ons al volgende week gaan?”

      “Ek weet nie wat jou pa se reëlings is nie. Miskien moet ek eers met Mark praat.”

      Sy oë draai na haar. “Waarom vra jy nie net my pa nie?”

      Georgina konsentreer op die rekenaarskerm. “Hy is baie besig. Ek wil hom nie pla nie.”

      Maar die volgende oggend word sy voor ontbyt studeerkamer toe ontbied.

      “Ek hoor jy en die kinders wil plaas toe gaan vir Kersfees.” Hulle twee het die kuns vervolmaak om met kopknikke te groet en dan die besigheid so vinnig as moontlik af te handel.

      Georgina luister verbaas. Dis nie soos sy haar en André se gesprek onthou nie, maar sy is ook nie lus vir ’n lang verduideliking nie. Hy gaan haar in elk geval nie tyd daarvoor gee nie.

      “As dit u pas, sal ek saam met hulle gaan.” Sy wil eers byvoeg dat dit die kinders goed sal doen om uit die stad te kom, maar sy bedink haar betyds.

      “Waar het jy beplan om Kersfees deur te bring? Ek sal nie voor Oukersmiddag daar kan wees nie.” Die grys oë is saaklik.

      “Ek het geen planne gemaak nie.”

      Sy oë vernou vir ’n oomblik. “Dan moet jy miskien maar nie ander planne maak nie.” Hy tel sy aktetas op en sy draai om, maar sy stem keer haar. “Herinner asseblief die kinders dat ek nog hulle lysies vir geskenke moet kry.”

      Georgina draai om. “Koop u self hulle geskenke?”

      Tot haar verbasing bly die donker oë saaklik en afgetrokke. “Ann sorg gewoonlik dat die goed by die kantoor afgelaai en toegedraai word.” Die saaklikheid verander na ’n stille uitdaging om kritiek te lewer.

      “Sal u omgee as ek hulle geskenke koop? Dit sal vir my lekker wees,” voeg sy haastig by.

      “Weet jy wat hulle wil hê?”

      “Ek het ’n idee …”

      Hy knik en daarmee is die gesprek afgehandel.

      “Wat gaan maak jy op ’n plaas vir Kersfees? Ek het klaar vir jou plek aan die tafel gemaak!” Etiénne pruil teleurgesteld.

      “Ek weet self nie wat ek veronderstel is om daar te doen nie, miskien sy beeste gaan oppas!”

      Sy oë rek. “Hét hy beeste?”

      Georgina skud laggend haar kop. “Hoe sal ek weet? Miskien moet ek die varke voer. Al wat ek weet, is dat hy beslis nie gesê het ‘Juffrou СКАЧАТЬ