Ena Murray Omnibus 22. Ena Murray
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ena Murray Omnibus 22 - Ena Murray страница 8

Название: Ena Murray Omnibus 22

Автор: Ena Murray

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624050278

isbn:

СКАЧАТЬ sy vrou aan wie hy nie meer as net ’n blote bestaan kan gee nie. “Miskien sou dit anders gewees het as ons kinders gehad het. Dan sou jou geleerdheid nie so verlore gegaan het nie. Jy sou hulle kon leer, jou kennis met hulle kon deel. Maar soos dit nou is, dien al jou geleerdery vóór ons troue geen doel nie, beteken jou lewe hier eintlik niks nie.”

      Rosalie draai haar kop weg van haar man, haar gesig so wit soos die kussingsloop onder haar kop en binne-in haar verdiep die leed wat sy al so lank swyend dra, tot iets wat haar wil verteer. Eindelik verbreek sy weer die stilte, sê gesmoord: “Miskien het jy reg, Jan. Maar met Salome sal dit anders wees.”

      Salome slaap daardie nag nie. Haar jong hart bloei vir haar skoonsuster wat soveel vertroue in haar stel. Sy neem ’n eed dat sy, as sy wel eendag ’n sangeres van faam word, Rosalie sal vergoed en haar grenslose vertroue nooit sal skok nie.

      Maar Salome is nog jonk, baie jonk. Sy sal nog leer dat ’n mens se toekoms nie in jou eie hande lê nie en dat jy nie so maklik moet sweer oor dinge wat nog in die verborge toekoms wag nie.

      Vir die eerste keer in haar lewe maak sy kennis met die wreedheid van ’n man. Dit skok haar dat die stil broer vir wie sy nog altyd so lief was so venynig kan wees. Sy leer dat selfs die sagste, stilste man baie wrede dinge kan sê.

      Sy loop haar broer die volgende oggend by die beeskraal raak en kyk na hom met nuwe oë. Hierdie geliefde broer van haar is dieselfde man wat verlede nag sy vrou die wreedste van wrede houe geslaan het. Kan daar iets wreder wees as om ’n onvrugbare vrou haar kinderloosheid te verwyt!

      Jan voel selfbewus onder die reguit aanstaring. Dis lankal dat hy nie meer op sy gemak in haar teenwoordigheid voel nie, lankal dat hy besef dat Salome grootgeword het en dat sy dinge in haar omdra wat bokant sy begrip en aanvoeling is. Salome het reeds van hom en sy ma begin wegbeweeg, besef hy vanmôre opnuut.

      “Jan …”

      “Ja?”

      “Ek wil met jou praat …”

      “As dit oor die singery is, moet ek jou net weer sê dat ons nie die geld het nie, Salome. ’n Mens kan nie bloed uit ’n klip tap nie. Ons hét dit nie. Uit en gedaan. As jy meer geld nodig het as wat die beurs beskikbaar stel, is dit tot daarnatoe.”

      Salome knik en daardie gevoel van magteloosheid teen die werklikheid van die lewe wat sy van kindsbeen af ervaar het, veral teen die werklikheid van armoede, wil haar weer verswelg. Party het te veel. Ander te min. Hoekom? Sy ruk haar reg. Teen hierdie tyd weet sy dat dit futiel is om daardie vraag te vra. Daar is geen antwoord nie.

      “Maar ás ek daarin kan slaag om te gaan, sal jy en Ma my laat gaan?”

      Jan sug, beduie met sy hand en tel die emmer stomende skuimmelk op. “Ek het geen besware nie. Ek sal hoor wat Ma sê. Dit kan nie kwaad doen om te vra nie.”

      Skielik is sy driftig. “Nee, jy het reg, Jan. Daar kan nie juis veel meer kwaad gedoen word nie, kan daar?”

      Hy kyk haar verward aan, onseker oor die rede vir hierdie onverwagse aanval. Salome kyk terug, nog te jonk om die regte woorde te vind om haar broer te vertel hoe sy kwetsende woorde die teer siel van sy vrou verwond het. Wat sy op hierdie oomblik voel, lê alles in die groenbruin oë gekonsentreer – hartseer, ontnugtering en selfs veragting en ’n tikkie haat – maar Jan is maar net ’n doodgewone man wat nooit werklik die broosheid en weerloosheid van ’n fyn vrouesiel sal kan begryp nie.

      “Wat bedoel jy?”

      Salome begin wegstap. “Laat staan maar. Jy sal tog nie verstaan nie.”

      Hy kyk haar fronsend agterna tot sy by die kombuisdeur in verdwyn, trek dan sy skouers op. Hy weet nie dat sy woorde van die vorige nag in die verre toekoms nog ’n baie ingrypende nasleep sal hê nie. Toe Rosalie een middag van die dorp af kom, loop sy Salome glimlaggend tegemoet. “Ons probleme is opgelos. Jy kan nou gerus slaap. Daar sal genoeg geld wees om verder te gaan studeer.”

      Salome se oë val byna uit haar kop. “Waar sal die geld vandaan kom?”

      Rosalie glimlag. “Ek begin oor twee maande weer in die poskantoor werk.”

      Die vreugde demp in die groenbruin oë. “Maar dis jóú geld. Ek wil nie …”

      “Reg. Dis mý geld en ék besluit wat daarmee gedoen word.”

      Salome skud haar kop. “Rosalie, dis dierbaar van jou, maar Jan sal nooit toestem dat jy op die dorp gaan werk nie.”

      “Jan gaan nie ’n sê hê nie. Ek het klaar besluit.”

      Rosalie se stem het nog nooit só vasberade geklink nie en Salome voel die onrus in haar roer. Sy kyk haar skoonsuster bekommerd aan. “Ek wil nie moeilikheid maak tussen jou en Jan nie, Rosalie.”

      “Moenie verspot wees nie, Salome. Daar sal geen moeilikheid wees nie.”

      Soos Salome voorspel het, is Jan duidelik nie ingenome met Rosalie se voorneme nie, maar dit is ’n vreemde, vasberade Rosalie teen wie hy hom vasloop.

      “Dit spyt my, Jan, maar ek gaan in die poskantoor werk. Soos jy self gesê het, beteken ek nie juis iets hier op die plaas nie. Jy was natuurlik heeltemal reg. Die hanslammers kan ek nog altyd kom versorg wanneer ek middae van die werk af kom. As ek in die poskantoor gaan werk, sal ek darem effens van nut wees, want dan kan Salome die opleiding kry wat sy verdien.”

      Jan se mond gaan oop, maar sy spring hom weer voor. “Ek weet wat jy wil sê, maar daardie probleem is ook reeds opgelos. Ek gaan maak soos Salome die afgelope jaar en ’n half gemaak het. Ek sal soggens saam met jou dorp toe ry wanneer jy die room en eiers wegneem en ná werk stap ek terug plaas toe. Ek sal vir my ’n fles koffie en toebroodjies saamneem om middae sommer daar in die kantoor te eet. My werkery sal jou nie ’n sent kos nie.”

      Jan frons diep. “Dis deesdae net Salome voor en Salome agter. Wat gaan met jou aan, vrou? Dis of jy vyandig is teenoor my. Ek kan nie help …”

      “Jan.” Sy sluit haar oë, dink by haarself: Ek is nie vyandig nie, ek is net diep seergemaak. Dis al. Tyd sal dit weer regmaak.

      Sy sê dit egter nie hardop nie. Toe sy praat, is die effense harde toon uit haar stem, sien Jan weer die vrou voor hom wat hy altyd geken het. “Dis die enigste manier waarop ek Salome kan help. Ek doen dit vir jóú suster, Jan. Gun jy haar nie ’n beter toekoms as wat sy hier kan hê nie?”

      Jan sug. “Natuurlik, maar … Nou goed dan. Maak soos jy wil. Jy sal self later besef dat jy te veel wil opoffer, veral as die wintermaande eers kom en jy hierdie ent pad deur wind en kapok en hael moet afloop.”

      Rosalie antwoord nie daarop nie, maar vra stil: “Sal jy dan met Ma praat?”

      Hy knik net, swyg liewer verder. Rosalie sal nog haar fout agterkom, vertel hy homself. Sy sal nog sien dat dit nie betaal om ’n mens so af te sloof vir ’n ander nie. Te dikwels al het hy in sy lewe gesien ondank is wêreldsloon. Maar Rosalie, sy stil, beskeie vrou, sal nie nou na hom luister nie. Sy, en so Salome, moet maar hul koppe stamp.

      Bessie Truter het nie veel te sê toe sy van haar dogter se toekomsplanne verwittig word nie. As sy dan wil gaan sing, moet sy maar gaan sing. Dis in elk geval die eerste keer in haar lewe dat sy hoor ’n mens gaan leer om te sing en dan kos dit nog so ’n klomp geld. Maar solank dit ander mense se geld is wat hulle so wil uitmors, het sy niks te sê nie. En as haar СКАЧАТЬ