Rooiborslaksman. Marinda van Zyl
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rooiborslaksman - Marinda van Zyl страница 7

Название: Rooiborslaksman

Автор: Marinda van Zyl

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780624089551

isbn:

СКАЧАТЬ kraai van plesier toe hy sy arm om haar sit en op ’n stywe galop wegtrek sonder om ag te slaan op wat Koekoes agterna skree. Maar die vrolikheid duur nie lank nie, want Drieka kla sy moet bossies toe. Skaars weer op dreef, toe is sy dors en die waterbottel is leeg. Die keel wat sy opsit, oortuig hom kind oppas is nie vir hom nie en hy draai terug werf toe. ’n Entjie van Koekoes se matjieshuis laai hy Drieka af. Hy moet opskud, want Robert Duncan sou verlede week al teruggekom het met ’n vrag handelsware. Ná die bloutjie wat hy vanoggend geloop het, is sy hoop nou op Duncan gevestig vir genoeg skietgoed om sy plan in werking te stel. Duncan is met ’n Witbooi getroud, daarom vertrou hy hom ten volle. Die enigste goeie ding wat kaptein Amraal ooit gedoen het, was om Eendoorn vir Duncan te gee.

      Drieka se geskreeu laat hom sy perd ompluk. Sy sit op die grond met een voet in die lug en kerm. Slangpik, is Frederik se eerste skrikgedagte. Hy jaag nader, maar dis ’n duiwelsklou wat aan haar voet vassit. “Waar kom dié gemors vandaan?” trap hy Koekoes uit. “Dit groei mos nie hier langs die rivier nie.”

      “Gister in die sandveld loop optel om aftreksel vir Ma se bene te maak.” Koekoes gryp Drieka se hand om te keer dat sy die saad lostrek. “Nee, hoe meer jy sukkel om dit los te kry, hoe dieper sny die doringhakies. Maak jou ogies toe, dan vertel ek ’n storie terwyl jou pappa die kloue een vir een met sy skerp mes afsny en saggies uittrek.”

      Dit laat Drieka nog harder huil.

      Verleë om te erken hy het sy mes vir Liesbet weggegee, reageer Frederik bars: “Ons Vlermuise is taai mense. Ek pluk die ding sommer met een ruk uit.”

      “Het Pa al gesien hoe lyk ’n dier se bek van ’n gespartel om uit daardie kloue te kom?”

      “Natuurlik, ek maak maar net ’n grappie om haar aandag af te trek.” Frederik voel in sy sakke. “Ek moes my mes verloor het. Kry jy gou vir ons een.”

      Koekoes kom terug met ’n mes en ’n beker. “Drink die suikerwatertjies,” kry sy vir Drieka stil. Nie lank nie of Drieka se koppie knik en Koekoes laat haar op die sand omkantel. “Nou kan Pa maar begin, sy sal niks voel nie.”

      “Wat het jy vir haar ingegee?”

      “Een van my heksebrousels.”

      Met die laaste doringhakie van die duiwelsklou uitgetrek, is daar net enkele bloedmerkies op Drieka se voet. “Ek sal dit ’n paar keer met aalwynsap was en oor ’n dag of twee sal sy weer lekker kan rondhol. Sy sal vannag hier by ons moet slaap.”

      “Dan maak ons maar so.” Frederik weet wanneer hy ’n skermutseling verloor het en die pad moet vat.

      5

      Desember 1864

      Liesbet skrik wakker. Haar hare sit soos Absalom s’n aan die doringbos vas. Sy klap vies na Fritzie se hand; dis al weer hy wat haar hare trek. Die son skyn reeds by die kamervenster in. Ná drie weke is sy nog nie gewoond om op ’n koedoevel op die vloer te slaap nie en het vanmôre verslaap. Die eerste aand was sy te verskrik om mevrou Weber reg te help toe sy sê: “Julle slaap mos nie op beddens nie. Jy kan hier tussen die twee bedjies op die sagte vel lê, dan sal jy dadelik wakker word as Fritzie wil rondloop, want hy pla ons snags.”

      Haastig trek sy vir Fritzie aan en kam sy hare.

      Pennina is alleen in die kombuis. “Mevrou is langsaan toe om te help met baas Schmidt, want sy rug is glo weer erg seer.”

      Liesbet sug moedeloos. Solank die oom siek bly, sal die seun seker nie buite kom speel nie. Syself het ook nie tyd om rond te loop nie. Soggens moet sy nou skool toe en smiddags vir Fritzie oppas. Vir Catharina sien sy net Sondae. Andries het al ’n paar keer kom gesels wanneer sy met Fritzie in die koelte van die doringboom speel. Hy was baie bly om te hoor die Schmidts kom op Gobabis bly. Oom Frederik was ook eenkeer hier terwyl die sendeling na sy veepos toe was. Hy wil hê sy moet vir hom ’n sakdoek van meneer Krapohl in die hande kry. Gelukkig het hy nie sy mes teruggevra nie. Nog nie. Hy gaan seker baie kwaad wees as hy uitvind sy het dit verloor.

      Liesbet smeer solank vir haar en Fritzie brood. Dis nie die askoek waaraan sy gewoond is nie, want mevrou Weber bak dit in ’n pan in ’n ysteroond.

      Mevrou Weber pluk speels aan Liesbet se vlegsel voor sy by die tafel aansit: “Jy is werklikwaar ’n staatmaker. Wil jy vandag by die huis bly en my help Kerskoekies bak?”

      “Baie graag, Mevrou,” stem sy dadelik in al weet sy nie wat Kerskoekies is nie, want skoolgaan is nie vir haar lekker nie. Al die goed wat meneer Weber vir hulle leer, het sy klaar by haar ma geleer en hy slaan die seuns as hulle nie reg antwoord nie of te lelik skryf.

      “Hierdie jaar is ons genoeg mense bymekaar om ’n egte Duitse Kersfees te hou,” gesels Mevrou terwyl sy die bestanddele op die witgeskropte kombuistafel uitpak. “As meneer Schmidt nie kan loop nie, dra ons hom met bed en al hierheen. Dan kan jy en Otto maats maak. Ek dink julle is omtrent ewe oud.”

      “Maar ek kan nie Duits praat nie,” kla Liesbet hardop; sy besef nou sy weet nie hoe om haar mes terug te vra nie.

      “Dan is dit tyd dat ek jou leer. Wat is die eerste woord wat jy wil weet?”

      “Mes.”

      Daar is ’n keep tussen mevrou Weber se wenkbroue. “Hoekom juis dit; daar is tog baie ander belangriker woorde?”

      Liesbet voel soos ’n voëltjie wat deur ’n slang vasgekeer is, want die kwaai oë pen haar vas. Toe Fritzie die laaste krummeltjies van sy sny brood met die vinger van sy bordjie af oppik, weet sy wat om te sê.

      “Ek wou vir Fritzie gevra het om die mes aan te gee toe ek die brood moes smeer.”

      “Natuurlik,” glimlag Mevrou weer. “Jy wil praktiese woorde leer om jou huistake te vergemaklik. Jy moet sê: ‘Geben Sie mir das Messer, Bitte.’ Herhaal dit.”

      Ná ’n paar keer se oorsê, is Mevrou tevrede.

      Die koekbakkery is vir Liesbet groot pret. Mevrou maak die deeg aan en rol dit plat uit. Daarna is dit haar werk om boompies en mannetjies uit te druk en vir die mannetjies oë en monde te gee met neute en blink balletjies voor Mevrou dit in ’n pan pak en in die oond druk.

      Tussendeur prop Mevrou haar kop vol met vreemde woorde. Teen die aand is die sinnetjie al vergete, maar “Messer” bly darem vassteek.

      Sy gaan slaap omhul van die geur van kaneel en gemmer en voel vir die eerste keer tuis by die Webers.

      Die dag voor Kersfees word Timo veld toe gestuur om ’n soetdoringtak af te kap en in ’n balie te plant. Dis lekker om die boompie met kerse en sterre van blinkpapier te versier. Liesbet kan nie wag dat dit aand moet word nie.

      Vroegaand bad sy vir Fritzie en trek vir hom sy wit broek en hemp met ’n rooi strikdassie aan. Mevrou het vir haar ook ’n spierwit rok, rooi haarlinte en sakdoekies present gegee. Hulle moet in die kamer bly tot die gaste hier is, het Mevrou gesê, want hulle moet netjies wees en ’n goeie indruk maak.

      Liesbet versteen toe sy met Fritzie aan die hand die voorhuis ingaan en die vrou opspring, iets skree en met die vinger na haar wys, terwyl sy aanmekaar praat.

      Mevrou Weber kom kniel by Liesbet. “Hoekom het jy ons nooit vertel dis jy wat hulle gehelp het nie?”

      Voor sy kan antwoord, sê meneer Krapohl: “Ons sal vir СКАЧАТЬ