Rooiborslaksman. Marinda van Zyl
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rooiborslaksman - Marinda van Zyl страница 15

Название: Rooiborslaksman

Автор: Marinda van Zyl

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780624089551

isbn:

СКАЧАТЬ “Dan kan Katrien gedoop word.”

      “Dis die plan, mits jy saamgaan om Catharina te help.”

      Teleurstelling spoel deur Liesbet. Haar droom om die skool te heropen gaan seker net dit bly.

      Daardie aand kry sy steun uit ’n onverwagte oord toe oom Jan kom vra of tant Berta mag saamgaan. Sy vertrou hom nie met haar aankope nie.

      Andries stem dadelik in. “Tant Berta sal mos nie omgee om Catharina by te staan nie. Dan kan Liesbet dadelik die skool aan die gang kry.”

      Liesbet vee trane van blydskap af. “Oom Jan moet net Sondag die mense aansê om hulle kinders skool toe te stuur. En vir my kladboeke en ink saambring. Daar is genoeg penne.”

      “Jy kan nie vingeralleen hier bly nie,” maak Catharina beswaar.

      “Thiri kan hier kom slaap,” beslis Andries.

      Dinsdagoggend is die waens skaars weg toe oom Frederik op Gobabis aankom en die sleutel van die raadsaal vra. “Andries het gesê ek moet ’n oog hier hou terwyl hy weg is.”

      Al weet Liesbet hy jok, want Jonas hou die leisels wanneer die kaptein en onderkaptein saam weggaan, gee sy die sleutel. Pa en seun moet dit maar uitbaklei.

      Met net agt kinders in die skool, is sy gretig om die Vlermuis-kinders te werf. “Wil Oom nie vir Drieka skool toe bring nie, terwyl Oom nou elke dag hierheen gaan kom?”

      Hy stem in, mits Koekoes nie beswaar daarteen het nie. Liesbet kry tot in haar tone lekker oor ’n vroumens die gevreesde Frederik Vlermuis kan hiet en gebied.

      Die volgende dag bring Koekoes self vir Drieka. Maar die middag kom haal oom Frederik haar en stap ongenooid saam met Liesbet huis toe, terwyl Drieka met ’n maatjie klip-klip in die sand speel. Terwyl Thiri koffie skink, vra oom Frederik om die binnekant van die huis te sien.

      Binne knik hy sy kop goedkeurend. “Andries het goeie werk gedoen. Die vroumense kerm mos deesdae almal vir kliphuise. Miskien moet Andries liewer bouer word en die kapteinswerk vir grootmense los.”

      Liesbet is te verbaas oor sy astrantheid om aan ’n antwoord te dink.

      Daarna bring hy elke môre vir Drieka lank voor skooltyd en nooi homself vir koffie. Ná ’n week se gekuier waarsku Thiri: “Jy moet oppas, die ou man soek vrou en hy is nie ’n mak man nie. Hy’s ’n wolf wat lag, terwyl hy sy prooi verskeur.”

      Liesbet gooi haar kop agteroor en skaterlag. “Moenie verspot wees nie, oom Frederik is seker vier keer ouer as ek. Hy’s agter Andries se kapteinskap aan en probeer vis waar sy swak plekke is. Solank hy hier op Gobabis rondkuier, kan hy ten minste nie moeilikheid maak vir die handelaars en die Herero’s nie.”

      Thiri is nie oortuig nie. “Hy’s soos ’n ram agter ’n ooi aan, al snuiwende in die lug.”

      “Ek wonder hoe lank Andries-hulle gaan weg wees,” stuur Liesbet die gesprek in ’n ander rigting.

      “Baie lank,” sê Thiri. “Toe my pa vir meneer Krapohl bees aangeja het Walvisbaai toe, was dit drie keer volmaan voor hulle teruggekom het.”

      Liesbet kyk verlangend na die murasie van meneer Krapohl se winkel. “Dit was lekker dae toe mens winkel toe kon hardloop as jy iets nodig kry. Ek kan nou nog nie verstaan hoekom die Herero’s vir meneer Krapohl hier weggejaag het nie.”

      “Dis oor hy hulle bees gesteel en die hond doodgemaak het,” fluister Thiri agter haar hand terwyl sy rondkyk of iemand nie dalk afluister nie.

      Liesbet gaap haar geskok aan. “Hy sou nooit so iets doen nie!”

      Thiri se mond word dun van beslistheid. “Is so. Sy sakdoek was onder die dooie hond.”

      ’n Onsigbare hand druk Liesbet se keel toe.

      Thiri skud haar aan die skouer. “Wat is dit? Dit lyk of jy ’n spook gesien het.”

      “Oom Frederik!” spoeg Liesbet die naam uit. “Ek het vir hom een van meneer Krapohl se sakdoeke gegee.”

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Rp/RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAhAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAk4dpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIDIxLjIgKE1hY2ludG9zaCkAMjAyMDowNzoyOSAw OToxMzozOQAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAZRQAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/AO7DZMAIrWEGCNfB Q2BwLS0OBBlp4OnCxOl5F9GJmdDtttOTRWbsS97ibThZFb8iq/1HOdY+zCtbk4Hq/wCkrxf9IiWY mnowwjQiD5ojWeS57pHVnYnROjh9Yt9bF6cbn+oTaX5rq8R11jNlm39M/wBX1Mi39a/Tel/Mqzd1 i6+q424IOLjdQqw3ObkOa82DKxaKbmMrqb+i/T+vZU+3/A/Zv0tNvqoLTJ2wxPtWJf8AWn7LW7Jy 8XZi15OZjPeyze/9Tqycz1m1Gutu26nBt/R+p+jt/wBIgv6hm09ablZFTKnP6dWTR659IF+TXX7n ens9aptv+Cq9XJ/mav8ABoFbb0BCg4KridRvzen35NGNOTTZkUsx3P2B9mO+yho9V7P0TMj0/wA+ r9EgV9aOTj4uTj1VmjMbUWOfYQ4WWMsufjiltT7LbKG1N3sr/S+/9JXX6FiYbSC3nBCLT2ErIP1n tfiDKpwgWnpn7VLX27SA0/pMT21P9+3+au/7crrV7q1uDTg/bswPdjY22/02Tue5w9Oij02lvrW2 2XNrpo+h9o9NRmxV9WQSCSwOHIhVrAYmND3VDH+0dKoqyeotAu6jkV/bm+p+jwmW/oMKmipoNbse m708TIub/O5d9mVZa+tPjvtt6xkOe30w/CxrBWHFzdbs1rLPcGbbLKWVep7P5CV0vBBbCSnt1STu NPC//9DvzWyxjq3iWOBa8SRoRqNzS1zUqOmdNFQpZjsDGU/ZWxO4UfS+yttn1fQ/4P1FFtEOaW8c O7GPkrVLHiY9oLp7TCFnsyypAzoHR/T2DEYGbK6gJdGyh3qYv53/AGlf/RX/AE8f/A7EU9I6aara fQHpX3DKtaC4B1wc20Xu930/UrZZ/XYjbCXlgJIA5cJHlxtRNzhpt0HmlbGWq3pHTWkbaGiLn5I1 dHrWhzL7o3fStZZYx/8Axln+kVUdM6DG37PtNNbaGz6m5ldb25NLKn7tzGUXVMtxvT/mNn6BagM6 /cpJpJSK6j8Wnjs6fiNsOOwUtusNtm1rgDY6N74/ef8ATdt+m/8ASITsfpI2M9IN9K12XWWteItt 9R91u9nu3W+td6/8i307FoyVHVRyvukGPY/b/wCguQ3pXQm1mtmMxtT6X4u2HhvoPLrLcYNn2UOf v/R/98RLMbp+ZXRXZT6jcRzbaGvDga3sBqrsa6f52vd7H71ouJVTqOdidPwrs7NtFONQ3dZY7WPz Who/Oe93srr/AD3qImV1a8GPb8Wjl9LosZbWyuuMvZVmut32F+O3f+hZvc/3/pHel/gq/Vtt/nFN +NR9pfl7AMixgrfZJksaS9lcTs2sc9/5q4y7/GqDY409KIxmSS627bYW/vbKqrGMd/I3WrpOj/Wb o/WqqziXBmRY0u+yW+20AfSLGu/nq/8AhKkZQyRFyGi+E4E6btzb7klONUk3iZqf/9H0ZjQrDGjl ArCsMSZJNenPbZoaL2Ogkh1bo0n2742u+il9vaWOc2i8lrd201OaSZDWs9w+lucrFoe+tza7DW86 B4AdGv7r/agmnMIs/WS0kjbDWmABt7t+la73v/8AA0mNic9rXNBov2uaHbhU4xP5haG7muTHqDWj 3UZG4NDobU530hv2hzRt3fvKQxrwKm/aX7Kwze2B7y07nudYf0v6 СКАЧАТЬ