Rooiborslaksman. Marinda van Zyl
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rooiborslaksman - Marinda van Zyl страница 6

Название: Rooiborslaksman

Автор: Marinda van Zyl

Издательство: Ingram

Жанр: Историческая литература

Серия:

isbn: 9780624089551

isbn:

СКАЧАТЬ aan ’n boom vasgemaak is. Die dubbelknoop is te styf vasgetrek. Die mes wat sy uithaal, laat die seun se rooigehuilde oë rek van vrees. Vinnig druk sy die stokkielekker, wat sy in haar voorskootsak bêre om net af en toe spaarsamig aan te suig, in sy mond. “Sjuut,” beduie sy met haar vinger op die lippe. “Ek gaan jou losmaak.” Verder weg drom mense om ’n wa saam en sy wil nie hier betrap word nie. Die oomblik wat die seun se arms los is, gryp hy die mes uit haar hand en hol tot by ’n ander boom. Nou eers sien sy die vrou wat daar vasgemaak is. Dié ruk haar kop heen en weer, maar die stuk lap in haar mond verhoed dat sy ’n geluid uitkry. Toe sy los is, hardloop ma en seun die bosse in sonder om haar mes terug te gee.

      Liesbet se aandag word afgetrek deur Andries wat skree: “Hou dadelik op!” Hy kom te perd deur die droë rivier gejaag dat die kalkklippe spat. “Wat de duiwel gaan hier aan, oom Frederik?”

      “Hou jou hier uit, kortgat!” skree oom Frederik terug. “Vra liewer vir Krapohl met watse konkelry hý besig is.”

      Koes-koes agter bosse gaan Liesbet nader. Oopgebreekte kiste staan langs die wa. Klere en ander goed lê die wêreld vol. Onder die wa soebat ’n man om hulp, want sy arms is aan die as vasgemaak.

      “Ag nee, magtig, oom Frederik,” raas Andries. “Maak dadelik die man los en laai al die goed terug op die wa. Julle kla aanmekaar oor handelaars skelm in die nag verby Gobabis trek op pad Ngamimeer toe en nou behandel julle die een wat hier kom so sleg.”

      “Jy sal ’n ander deuntjie sing as jy weet wie dié mense is en hoe Krapohl agter jou rug knoei. Gaan aan met die aflaaiery,” beveel oom Frederik die mans wat nog op die wa is en hulle gehoorsaam dadelik.

      Liesbet se keel trek toe oor Andries wat sy geweer uithaal. Die oomblik wat die geweerskoot weergalm, smyt van die mans neer wat in hulle hande is en laat spaander.

      “Wat de moer dink jy doen jy om op ons te skiet?” tier oom Frederik wat self ’n paar treë teruggestaan het.

      “Die eerste skoot was in die lug,” waarsku Andries. “Die tweede een is vir wie ook al weer iets van die wa aflaai, want só het my pa en my oupa my nie grootgemaak nie. Jonas, jy as magistraat sal toesien dat die mense en die wa veilig by meneer Krapohl se huis kom. Daarna kan hy en die handelaar hulle saak voor die Raad kom stel.”

      Oom Frederik slaan die vooros met die rysweep terwyl Andries nog praat. Die span osse stu vorentoe. Die man onder die wa skreeu, want hy word saamgesleep.

      Jonas gryp die vooros aan die horing. “Hokaai, hokaai!” Toe die osse stilstaan, waag hy sowaar om met oom Frederik te raas: “Pa moet liewer padgee voor hier vandag lelike moeilikheid kom. As magistraat kan ek nie vir Pa kant kies as Pa sulke dinge doen nie.”

      Eers lyk dit of oom Frederik vir Jonas ook met die sweep wil bykom, maar toe spoeg hy op die grond en gluur vir sy seun. “Verraaier, jy en daai kortgat gaan hierdie dag nog berou. En ek soek jou nie langer op my werf nie.” Toe klim hy op sy perd en gee die arme dier ’n hou dat hy op sy agterpote steier en hom amper afsmyt.

      Die gille van die man onder die wa het die vrou en kind te voorskyn laat kom. Albei huil nou jammerlik. Andries kruip self onder die wa in om die rieme los te maak.

      Liesbet waag dit nader om haar mes terug te kry, maar Andries gewaar haar die oomblik wat hy onder die wa uitkom en roep haar. O gonna, nou is sy in die moeilikheid.

      Maar Andries glimlag en vryf oor haar hare. “Dit was slim van jou om Timo te stuur om my te roep. Oupa sou trots wees op jou. Stap saam met my huis toe, want ek wil jou ’n groot guns vra.”

      Liesbet stap gedwee saam, want sy weet wat hy wil vra. Sy sal maar instem om by die Webers te gaan bly, want dis al manier om naby genoeg aan daardie seun te kom dat sy haar mes kan terugkry.

      4

      November 1864

      Frederik sluk sy woede toe die perd hom byna afsmyt. Niemand sal ’n kaptein volg wat nie eens ’n perd kan beheer nie. Die dag wat ’n groot triomf moes wees en die Gobabissers oortuig sy kapteinskap gaan vir hulle welvaart bring, het in ’n nagmerrie ontaard. In plaas van ’n wa gelaai met skietgoed en negosieware wat hy onder sy volgelinge sou uitdeel, kry hy huisraad, grawe, pikke, ’n ploeg, aartappelmoere en druiwestokke. Dis familie van Krapohl wat hier kom boer. En Andries is te dom om te weet wat reg onder sy neus aan die gang is; dan vat Jonas wragtigwaar nog sy kant. As een familie toegelaat word om hier te vestig gaan ander volg en binnekort is Gobabis net ’n dorp vir wit mense soos Otjimbingwe, waar die Herero’s nie meer welkom op hulle voorvaders se grond is nie. Dis nou in sý hande om te sorg dit gebeur nie op Gobabis nie.

      Sy woede bedaar terwyl hy sy werf nader en sy jongste aangehardloop kom. Toe sy drie jaar gelede gebore is, het hy nie gedink ’n meisiekind sal so in sy hart kan kruip nie. Vandag is hy dankbaar oor Mina se besluit om weg te doen met die Bybelse name en die kind na hom te vernoem.

      Daardie dag moes hy sy oor teen haar mond hou om te hoor wat Mina sê: “Ek sien reeds die poorte van die hemel. Belowe my jy sal nie die meisietjie waarvoor ek so lank gebid het aan die genade van ander oorlaat nie.”

      Hy kon nie anders as om plegtig te belowe nie. Toe sê sy: “Ons doop haar Frederika, sodat jy nie jou belofte sal vergeet nie.” Mina is toe nie dood nie, maar het ook nooit volkome herstel nie, daarom was hy genoodsaak om meer aandag aan Drieka as aan sy seuns te gee.

      Frederik spring van die perd af, raap vir Drieka op en gooi haar in die lug dat sy kraai van plesier. “Waar’s Mamma?” vra hy nadat hy haar veilig op die grond neergesit het en hy nie vir Mina by die kookskerm gewaar nie. Toe Drieka na die matjieshuis wys, buk hy by die deur in. Mina se bene is tot dubbel hulle grootte geswel. Sy kreun in haar slaap terwyl hy saggies oor haar bene streel, maar word nie wakker nie. Miskien moet hy soos die sendeling en die Lamberts vir Mina ook ’n Bergdamaravrou kry om haar las ligter te maak. Mina was sy ma se keuse vir hom as vrou. Ná een-en-twintig jaar is hy sy ma steeds dankbaar daarvoor. Mina se bruin duikeroë en wulpse lyf het sy bloed met die eerste oogopslag laat bruis, maar dis haar sagtheid wat sy hart gesteel het. Hy kan hom nie ’n lewe indink sonder Mina nie.

      Buite gekom, sien hy Drieka sit rustig en speel. Hy tel haar in die saal, wat haar opgewonde laat hande klap, voor hy die perd na Jonas se matjieshuis lei. Dit was vir hom en Mina ’n groot skok toe hulle ses maande gelede uitgevind het Jonas het getrou terwyl hulle nie hier was nie.

      Koekoes kom uit die kookskerm toe hy haar naam roep.

      “Dag, Pa.” Sy hou haar arms na Drieka uit. “Kom, jy moenie vir Pa pla as hy werk nie.”

      Frederik haal sy argwaan teenoor Jonas op Koekoes uit: “Los haar, sy pla my nie. Ek het jou kom sê om solank te pak, want vanaand moet jy en Jonas van my werf af wees.”

      Sy antwoord nie. Kyk net na hom met daardie oë wat voel asof sy dwarsdeur hom kyk. Wat het Jonas tog besiel om met ’n halfbloed-Boesman te trou? Hy wonder of sy pa, die heilige hoofouderling, geweet het van die brousels wat Koekoes gedurig aan die maak is, want dit was glo hy wat die sendeling oortuig het om Jonas en Koekoes te trou. “Hoor jy my? As julle môre nog op my werf is, gaan my sambok die praatwerk doen.”

      Koekoes glimlag. “Dit sal lekker wees om op Gobabis te bly, dan kan ons elke Sondag kerk toe gaan, maar ek sal vir Drieka moet saamvat. Ma se bene is nou so erg geswel, sy kan skaars tussen die huis en die kookskerm loop.”

      Vir ’n paar oomblikke is Frederik spraakloos. Om so uitoorlê te word het hy nie voorsien nie. “Ek sal self na Drieka kyk tot ek vir Ma hulp kan kry.” Met СКАЧАТЬ