Название: Selma en Louise
Автор: Susan Coetzer
Издательство: Ingram
Жанр: Контркультура
isbn: 9780798176576
isbn:
Wat as die man ’n kroek is? Of erger nog – ’n psigopaat wat hom voordoen as ’n weldoener? Sy sal nie nóg ’n aanslag van geestelike terreur oorleef nie.
“Okay, you’re booked. Check the times. Leaving from Oliver Tambo the afternoon of 15th January 2017, arriving in Mumbai early the next morning, 16th January 2017. That gives you ten days to get your visa approved. It normally takes less than a week – you can do it online. Just go to Travelstart Blog,” sê Adesha met ’n breë glimlag.
“In ten days? No, I need more time . . .” sê Selma. Dit voel of die budjie enige oomblik uit haar borskas gaan ontsnap en die twee kraaie op die klawerbord se vere gaan uitpik.
“To do what?” Adesha kyk verontwaardig op. “Mohamed might not be available if you wait too long. He is in big demand.”
“I just need to gather my thoughts . . . to think about all that happened to me to bring me to this specific point in my life.”
“But that is exactly what you will be doing in India,” sê Adesha vies. “You will gather your thoughts and get a new perspective as you journey with Mohamed.”
“You are right,” sê Selma. Sy stoot haar kredietkaart met ’n bewende vinger oor die tafel. “Let’s do it.”
Adesha tel die kaart behendig op en voltooi die Mozart-concerto met nuwe uitbundigheid.
Selma stap verdwaas terug na haar motor. Haar hele lyf bewe asof dit winter is. Sy krap haar selfoon uit haar handsak. My enkelkaartjie na Mumbai is geboek. Ek vertrek 15 Januarie.
Hierdie keer antwoord Louise glad nie.
Hoofstuk 2
Man’s creative struggle, his search for wisdom
and truth, is a love story.
– Iris Murdoch
’N JAAR GELEDE: 12 JANUARIE 2016
Selma bekyk haar gesig in die badkamerspieël. Hoe het sy hier beland – op die rand van die lewe waar sy desperaat met haar French tips aan ’n klein sprietjie lewe vasklou om nie oor die afgrond te stort nie?
Haar vel bly die kleur van pannekoekdeeg ná Zander se verlies. Hoe lank is dit nou al? ’n Volle vyf jaar? Als is nog so vars in haar geheue – ’n olieverfskildery waarvan die verf nog nat is.
Dis al weer die begin van ’n splinternuwe jaar en sy voel steeds gedisoriënteerd soos ’n kar wat sonder brandstof op ’n verlate pad gaan staan het.
Is dit omdat sy oor haar skouer bly kyk dat sy soos Lot se vrou versteen het? Sy wens sy kon Shell toe ry en die joggie vra om haar tenk vol te maak met 93 unleaded, en sommer haar water, bande en olie ook na te gaan, sodat haar lewe weer op koers kan kom.
Sy was die afgelope vyf jaar by verskeie dokters en talle terapeute. Die chaotiese tuimeldroërgevoel binne haar is egter nie weg nie. Daar is steeds dag en nag duisende nuwe vlermuise wat haar gedagtes binnedring en haar denke vaskoek. Sy sukkel om saans tot rus te kom. En om soggens op te staan. Sy bly moeg, asof sy baie ver gehardloop het sonder om te stop vir ’n lemoenkwart of ’n slukkie water.
Is sy oorwerk? Uitgebrand? Of steeds depressief? Moet sy net meer spinasie versap en meer magnesium inneem om die huppel weer terug te sit in haar stap?
Of ly sy (steeds) vyf jaar later aan posttraumatiese stressindroom? Hoe lank kan een vrou se lewe in die lug hang oor iets wat so lank terug gebeur het? Hoe lank duur die impak van ’n onverwagse kishou in jou wind? Is dit soos die Hiroshima-bom – die omvang van die skade begin eintlik eers later inskop en hou dekades daarna steeds aan om jou te misvorm?
Sy moet eenvoudig, soos haar vriende aanbeveel, ’n wilsbesluit neem om te herstel. Sy moet weer terugklim in die saal. Dit wat verby is, agter haar plaas en haar balans herwin. Sy was nog nooit ’n smartvraat nie, sy was van kleins af ’n superballetjie wat onmiddellik terugbons ná ’n nederlaag. Maar ná Zander se verlies voel sy onherroeplik beskadig – ’n opblaasbal met ’n reuse-skeur in.
Sy kyk weer na die beige pannekoekdeeg in die spieël. Vir die res van die samelewing gaan die lewe aan teen sy gewone pas. Sy sal moet opstaan uit die as, of sy gaan vir altyd agterbly.
Haar eerste instink toe sy wakker word, was om alle afsprake te kanselleer en terug te klim in die bed saam met Boelie en Bella. Sy sal haarself egter uitsleep en wel opdaag vir die blind date wat Lana met soveel moeite vir haar gereël het, besluit sy.
Selma verf sagte roosblos op haar wangbene en wend dan ’n effens dieper wynpienk lipstiffie aan – die tipe wat tien uur lank aanbly volgens die lugwaardin-model op die TV-advertensie. Nie dat sy die onbekende Ronald met wie sy ’n koffie-afspraak het, wil beïndruk nie. Sy het bloot ingestem omdat Lana haar dag en nag verpes.
Sy kyk weer in die spieël. Haar oë kort gelukkig nie veel nie – die vals wimpers waarvoor Lana die vorige week ten duurste betaal het, skep die indruk van glans. Selfs die illusie van lewenslus.
Sy swiep haar kastaiingbruin hare met moeë arms op. Die haarstyl herinner haar aan ’n skewe doughnut in ’n bakkery. Sy probeer dit platter druk en beter posisioneer.
Die enkele strepie om elke oog is meer as genoeg grimering vir ’n man wat sy nog nie ontmoet het nie, besluit sy. Dit aksentueer die amandelvorm van haar grys oë. Hy verdien nie meer as ’n strepie nie. Dis nie asof sy beplan om in sy oë te staar nie. Sy het beter dinge om te doen, al weet sy nie presies wát nie.
Selma staan terug en bestudeer haar ontwerpersjeans en wit linnebloes. Sy’t op ’n subtiele uitrusting besluit – een wat nie pleit om aandag nie, maar wat haar ook nie onmiddellik as ’n non klassifiseer nie. Sy wonder of dit haar ma se goedkeuring sou weggedra het as sy nog geleef het. Seker nie.
Haar ma het haar opvoeding op ’n verskeidenheid etiketboeke vir dames en die Bybel geskoei. Sy is van kleins af afgerig om ordentlik te wees: om met skuins, toe beentjies te sit, haar eetgerei van buite na binne te gebruik, klein, vroulike happies te neem, toemond te kou en so min moontlik vrae te vra of uitbundig in geselskap te lag.
Selma se ma is al geruime tyd oorlede, maar haar stem leef voort in haar kop. “’n Man hou van ’n goed versorgde, kuis vrou wat kan huishou. Sorg dat jy altyd mooi netjies lyk, Selma-Suzette. Wees bedees en onderdanig. Dis die pad na ’n man se hart.”
“Die resep het nie gewerk nie, Ma,” sê Selma vir die spieël. “Ek het dit op Zander probeer, maar dit het geflop.”
Louise, haar beste vriendin sedert hulle laerskooljare op Moorreesburg, het haar arm in ’n ander rigting probeer druk. Tydens oorslaapkuiers op Louise-hulle se plaas het sy dit haar missie gemaak om Selma te leer stroomop swem. Om kaalvoet te loop, wydsbeen te sit, oopmond te kou, te fantaseer, verbode woorde te gebruik en uitheemse klere te dra.
“Jy moet leer om jý te wees, nie ’n mini-weergawe van jou ma of Betsie Verwoerd nie. Kom ek leer jou nog ’n paar nuwe vloekwoorde. Al gebruik jy dit nie, is dit goed om ’n paar te ken. Dis soos ’n geheime woordeboek agter jou rug.”
Selma wonder of haar less-is-more-uitrusting Louise se stempel van goedkeuring sou kry. Seker ook nie. Sy verlang na haar СКАЧАТЬ