Название: Selma en Louise
Автор: Susan Coetzer
Издательство: Ingram
Жанр: Контркультура
isbn: 9780798176576
isbn:
“Where is this destination?”
“India.”
“India? You want to send me to a country of chaos to restore order in my soul?”
“Yes.”
“All by myself?”
Selma sien in haar verbeelding hoe sy in die bloedige hitte haar pad probeer oopveg deur ’n veelkleurige see van mense, bokke, beeste, olifante en ape in die oorbevolkte strate van Indië sonder om ’n woord Hindi of Marathi te verstaan. Mauritius klink ewe skielik glad nie na so ’n slegte keuse nie. En dis net vier ure per vliegtuig.
“I will organise a special guide for you. My very own cousin, Mohamed Singh. Very respected man.”
“Mohamed Singh?” vra Selma. Die naam lui ’n dowwe klokkie iewers in haar geheue.
“Yes, Mohamed Singh. He takes only very small, selected groups into the heart of India. Let me speak to him and I will give you a call later.”
* * *
Selma sit geskok haar selfoon op die marmerkoffietafel neer. Sy stap op en af deur haar luuks gemeubileerde sitkamer in Saxonwold. Sy skink ’n glas pinotage en gaan sit op die sagte roomkleurige bank om tot verhaal te kom. Haar twee beagles, Boelie en Bella, kom lê by haar voete. Sy het albei se onverdeelde aandag.
“Ek dink ek het hom reeds ontmoet . . . die toergids wat Adesha aanbeveel . . . ’n jaar gelede op ’n vlug terug van Kaapstad. Kan julle glo? Ek onthou sy Hush Puppies-oë, nes julle twee s’n.”
Selma neem ’n sluk rooiwyn en voel hoe dit die koue binne-in haar effens verdryf. Is hierdie reis na Indië dalk reeds vooraf beplan deur ’n Hoër Hand? Dit kan tog sekerlik nie toeval wees nie? Sy wens sy kon die saak in diepte met iemand bespreek.
Sy besluit om haar kinders in Thailand te whatsapp.
Hoe gaan dit? Hou julle nog lekker vakansie? Ek oorweeg ’n alleenreis na Indië saam met ’n toergids. Hoe voel julle daaroor as ek nie in Johannesburg is wanneer julle van Thailand terugkeer nie?
Jacques antwoord eerste. Dis cool, Ma. Ons is mos darem al lankal uit die huis. Ons gaan anyway besig wees met ons studies.
Tania vra meer besorg uit. Is Ma okay? Ons is einde Januarie terug . . . Moet ek Mamma gou bel met ’n whatsapp call?
Selma se hart klop in haar borskas. Sy het nie die moed om hulle te bel nie. Netnou bars sy in trane uit as sy hulle stemme hoor. Beter om te whatsapp. Nee, dis glad nie nodig nie, Tania. Ek is okay dankie. En ek is nog nie eers seker of ek wel Indië toe gaan nie. Ek dink nog daaroor. Sy tik ’n
Sy het nou afstand nodig. Sy het nie die emosionele stamina om hulle in te laat in die skokkende gebeure nie. En sy wil nie hulle pret in Thailand bederf nie. Hulle is al deur genoeg.
Go for it! laat Jacques van hom hoor. Daar is ’n
Dankie. Geniet die res van julle vakansie. Hou julle op hoogte. Selma tik twee
Sy skink nog ’n glas pinotage.
“Ek wens ek kon Louise se opinie kry,” sê sy vir Boelie en Bella. Die honde sug en gaan lê terneergedruk met hul koppe op hulle pote. “Okay, ek weet die vriendskap gaan deur ’n dip . . . maar sy wás darem veertig jaar lank my beste vriendin.”
Selma besluit om Louise ook eerder nie te bel nie, maar te whatsapp. Hulle het mekaar twee weke gelede soos katwyfies oor die lyn tussen Johannesburg en Kaapstad verskreeu. Nie een kon ’n behoorlike sin inkry nie. Sy het die foon in Louise se oor neergeplak en haar foon vir dae afgesit. Sedertdien hang daar ’n swaar stilte tussen hulle.
Net gedink ek laat weet jou – ek oorweeg ’n alleentrip na Indië met die toergids Mohamed Singh wat ek ’n jaar gelede op ’n vlug van Kaapstad ontmoet het. Ek het jou van hom vertel. Indië sal my hopelik help om die afgelope ruk se ontwrigtende gebeure te verwerk.
Die pinotage-bottel is leeg toe Louise uiteindelik van haar laat hoor.
Jy is fokken mal, Selma.
5 JANUARIE 2017
Selma parkeer weer haar motor in Rosebank Mall se parkeerterrein en luister weer met toe oë na Abba wat deur haar klanksisteem weerklink. The winner takes it all . . . Haar hande bewe liggies op die stuurwiel.
Sy stap weer by dieselfde Flight Centre in Rosebank in. Hierdie keer het sy nie ’n Wimpy-servet nodig vir haar trane nie.
“Good to see you,” sê Adesha en beduie sy moet sit. “I have already looked at flights.”
Adesha se vingers dartel oor die klawerbord van haar rekenaar asof sy een van Mozart se klavierconcerto’s uitvoer.
“Don’t book my ticket . . . just yet,” sê Selma met ’n droë mond. Haar hart bons soos ’n vasgekeerde budjie rond in haar ribbekas. “I am still thinking about it.”
Adesha stop haar Mozart-uitvoering summier. Haar hande bly hang soos kraaie in vlug bo die klawerbord.
“What is there to think about?” vra sy, haar groot donker oë nog groter oopgerek. “I sent you the number of Mohamed Singh, my cousin who is a guide for small groups . . .”
“Yes.”
“And you phoned him and discovered that you two had met before.”
“Yes. On a flight back from Cape Town a year ago.”
Adesha laat rus haar twee kraaie op die klawerbord. “Do you think that was a coincidence or divine timing?” vra sy.
“I’m not sure,” antwoord Selma. “It just feels so crazy, so . . . unsafe to go to India, on my own as a female . . .”
“Don’t think too much. Just do it like you would bungy jump.”
“I wouldn’t bungy jump. I have a fear of heights,” sê Selma en vee die haartjies op haar arm plat met haar voorvinger.
“You will have a safe landing. Mohamed will be at Mumbai Airport to meet you.”
Selma voel СКАЧАТЬ