Название: Alles begin met Anna
Автор: Annemari Coetser
Издательство: Ingram
Жанр: Историческая литература
isbn: 9780798176187
isbn:
Sy help Petronel om op te ruim, die bed skoon oor te trek en die baba te was en te versorg. Toe die kindjie weer teen haar moeder se bors lê, soek die mondjie en begin sy eindelik tevrede suig.
“Daarsy, Mr Naudé,” sê Petronel, “alles is reg. As jou vrou pyn het, gee vir haar van hierdie pille. Oudokter behoort weer môre terug te wees. As Mister oor enigiets bekommerd is, kom roep vir my of vir Oudokter. En baie geluk met die dogtertjie. Dit was vannag die Here se wil dat sy moes leef.”
Hy sê nie ’n woord nie, maar die manier waarop hy Petronel se hand druk, is oorgenoeg bewys van sy dankbaarheid. Van betaling is daar skynbaar geen sprake nie.
Terwyl hulle terugstap losieshuis toe, babbel Poppie aanmekaar oor alles wat gebeur het. “Jy’s ’n goeie vroedvrou,” sê sy vir Petronel. “Ek het nie gedink die vrou gaan dit maak nie.”
Hulle bereik die voordeur en sy stoot dit oop. “Wat het van jou verkoue geword?” vra sy oor haar skouer. “Jy’t nie een keer gesnuif nie.”
’n Geskuifel agter haar laat haar omdraai, net betyds om Petronel te vang toe sy inmekaarsak.
“Lukas! Corrie! Kom help,” skree sy benoud.
Hulle is gou by, Lukas in ’n kort nagrok met ’n mus op sy kop en Corrie in ’n verkreukelde flennienagrok met ’n ewe gekreukelde gesig.
“Jy kan maar gaan,” sê Corrie vir Lukas toe hulle Petronel in die bed het. “Ek help gou vir Poppie om haar uitgetrek te kry.”
Petronel kreun en haar oë gaan oop. “Wat het gebeur?”
“Jy’t uitgepass,” sê Corrie.
Hulle trek vir Petronel skoon nagklere aan. Toe Corrie teruggaan kamer toe, voel Poppie aan Petronel se voorkop. Sy is vuurwarm. Dit was seker die verkeerdste ding om haar in die naglug uit die bed te dwing, maar as dit nie vir haar was nie, het die ma en haar baba sweerlik vannag gesterf.
Poppie gooi water in die waskom en begin haar vriendin met ’n nat waslap afspons. Sy krap in die birthing bag rond totdat sy pille kry wat gemerk is vir koors, en hou Petronel regop dat sy dit kan sluk.
Nog vir lank hou sy aan om die waslap koud te maak en op Petronel se kop te lê totdat die lap weer warm is. Sy skuif die meisie se nagrok op en spons haar lyf af, vryf met die waslap oor haar arms en help haar selfs een maal om die kamerpot te gebruik.
Geleidelik begin die koors bedaar. Oplaas trek sy vir Petronel ’n droë nagrok aan en gooi haar toe met komberse. Sy gaan haal ’n deken in haar kamer en bring die res van die nag op die stoel langs Petronel se bed deur.
Sy is wawyd wakker, want sy het lanklaas soveel emosie in so ’n kort tydjie beleef. Die bevrediging dat sy kon help om ’n nuwe mensie in die lewe te bring, die feit dat sy geweet het hoe om teenoor die pa op te tree. Om te dink dat sy nie vreesbevange weggehol het van die geboorte nie! En ook dat sy geweet het hoe om Petronel se koors af te bring.
“Baie dankie vir jou hulp,” sê Petronel die volgende oggend toe sy wakker word. “Ek voel baie beter, maar vandag bly ek in die bed. Wat van jou? Sal Mr Segal jou die dag afgee?”
“Nee wat, ek het genoeg geslaap. Ek moet net gou gaan was.”
Petronel druk Poppie se hand. “Jy het ’n natuurlike aanleg, weet jy dit? Jy het kop gehou met my, en ons het laas nag twee lewens gered.”
“My plesier.”
Poppie trek die deur agter haar toe en bly ’n oomblik in die gang staan. Sy het lus en huppel die paar treë tot by haar kamerdeur. Wanneer laas het sy so gelukkig gevoel?
Anna: Laatste se veldslae
1899–1900
Dit lyk of oorlog onafwendbaar is. Al hoe meer Britse troepe begin op die grense van die twee Boererepublieke saamtrek. Gaan die ultimatum aan Groot-Brittanje – dat hulle hul troepe binne 48 uur moet onttrek – werk?
Die burgers is reeds op pad na die westelike front; alle mans tussen die ouderdomme van sestien en sestig is krygspligtig. Ook Grootpan se mans staan op vertrek, bandelier oor die skouer, mauser op die saalboom. Die saalsakke is styf gepak met beskuit, biltong en droëwors.
Laatste se ou blouskimmel, Pronk, is in ’n goeie kondisie. Sy handperd is gelaai met die nodige kookpotte en ander benodighede. Die oggend in hulle kamer het hy Anna styf vasgehou. “Ek gaan na jou en Wimpie verlang, maar ek jeuk om te gaan Kakies skiet.”
Nou is almal gereed, ook die swart mense wat die mans se agterryers gaan wees, wat die perde sal versorg en help kook. Haar skoonsusters huil openlik, maar Anna hou haar sterk.
Vir oulaas kom omhels Laatste haar en Wimpie, dan spring hy op sy perd. Die mans gooi hulle hoede in die lug en juig. “Avontuur!” skree Carolus en kap sy hakke in sy perd se lieste.
Hoe braaf sy haar ook al voordoen, vee sy stilweg trane af. Sal Laatste ooit regkom? Hy is nie ’n man wat die veld ken nie, al het hy op ’n plaas grootgeword. En hy kan nogal poubors maak, is altyd so goed versorg. Sy baard moet netjies geknip wees en sy hande is altyd skoon.
Met die mans op kommando moet die drie jonger vroue en Moeder Hannie die boerdery aan die gang hou. Gelukkig weet outa Klaas wat op die plaas gedoen moet word, en hy leer gou sy opgeskote kleinseun, Windvoël, om te skeer en die skape te dous. Anna en Rina sit hand by om die paar koeie te melk.
“Kyk hoe lyk jou hande, my kind,” raas Moeder Hannie een aand met Anna. “Jy verniel jouself. Smeer tog gereeld kamfersalf aan. Ek is so jammer dat julle dogters nou vir al die harde werk moet instaan, maar wat kan ons doen?”
“Maar ek geniet dit, Moeder.” Anna sit die emmer melk op die skoongeskropte kombuistafel neer. “Moet asseblief nie aanstoot neem nie, maar die borduurwerk en ander treuselwerkies was vir my dikwels net iets om my hande mee besig te hou en die tyd om te kry.”
Dis nie ’n leuen nie. Sy was van kleins af harde werk gewoond. Vir die eerste keer in jare voel sy weer van nut.
Moeder Hannie is die gom wat hulle bymekaar hou. Sy weet baie van die boerdery af, want ná Vader Willem se dood het sy die leisels oorgeneem. Tog haper iets. Anna weet nie of dit die harde werk of bekommernis oor hul mans op die slagveld is nie, maar sy en die twee skoonsusters is deesdae gereeld troewelrig met mekaar. Van die vrolike samesang saans om die musiekie is daar geen sprake meer nie.
Dis laterig in Februarie 1900 toe sy eendag iemand van die pad af na die werf aangestrompel sien kom. Die mens lyk soos ’n voëlverskrikker, die ene toiings. Sy staan voor die kombuisvenster en botter was. Toe sy fyn kyk, sien sy – dis dan Laatste. Liewe Vader! Wat is fout met hom? Sy druk die werwel van die onderdeur oop en hardloop.
Hy sien haar aankom en gaan staan, maar struikel-val dan ’n paar treë vorentoe. Sy vang hom net voor hy val. Hy is doodsbleek en daar is vuil verbande om sy bobeen.
Net een harde skreeu laat Moeder Hannie ook uitkom. “My kind!” roep sy.
Laatste se susters is nou ook by. Saam dra hulle hom die huis in. Moeder Hannie beveel: “Dra hom na die agterkamer langs die kombuis, hy kan nie nou verder sukkel nie.”
Hulle СКАЧАТЬ