Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg. Lilian Paramor
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor страница 22

СКАЧАТЬ hierdie warmte en geborgenheid, saam met baie ouers se geloof dat ’n mens die baba sal bederf as jy hom te veel aanraak en vashou, kan ’n wrede skok wees vir sommige babas. Aanraking is ’n basiese menslike behoefte en hoogs terapeuties. Navorsing toon dat gereelde massering die immuunstelsel versterk, gesondheid verbeter, spanningsvlakke verlaag en pasgebore babas se groei versnel. Dit lyk dalk soos koliek, maar dalk is dit eerder ’n noodkreet uit Baba se hart uit. Die oplossing is heel eenvoudig – vertroetel jou babatjie.

      Aan die ander kant is dit nie ’n goeie idee om te veel aanraking deur vreemde­linge toe te laat nie. Onthou dat babas wat van die een belangstellende besoeker na die volgende aangegee word, dikwels baie onrustig raak sodra die aandag onttrek word en dat jy dan letterlik met die kniesende baba opgeskeep sit. Al is dit ook hoe goed bedoel, is dit dus die beste om Baba die eerste paar weke teen oormatige hantering deur vreemdelinge en te veel onbekende stemme te beskerm. Baba moet reeds by soveel nuwe dinge aanpas in dié vreemde wêreld.

      Beproef hierdie wenke:

      •Masseer elke dag voor badtyd Baba se hele lyfie met ferm, maar ligte hale – dit is nie belangrik presies hoe jy dit doen nie; ontwikkel bloot jou eie styl en doen dit gereeld.

massage.tif

      •Gebruik jou wysvingers en masseer Baba se slape met ligte sirkelbewegings voor sy aan die slaap raak.

      •Gebruik ’n bietjie amandel- of druiwepit-olie om Baba se buik regs om (met die klok) te mas­seer wanneer hy ongemaklik lyk.

      •Hou Baba regop en masseer sy laer rug as dit pynlik is om ’n stoelgang te passeer.

      •Gebruik gereeld ’n buidelsak.

      •Laat Baba saam met jou in die bed slaap of in ’n kampeerwiegie wat op dieselfde hoogte as jou matras gestel is – dit is ’n heel natuurlike, menslike ding om te doen.

      Tegnieke om klein babatjies se winde uit te vryf

Low%20Gi23155.tif

      Verskillende babas reageer goed op verskillende maniere van winde uitvryf, maar die volgende beproefde tegnieke slaag gewoonlik:

      •Hou Baba regop oor jou skouer en klop haar liggies op die rug.

      •Stap met Baba rond en skommel hom liggies om lastige lugborrels te laat ontsnap.

Low%20Gi23155.tif

      •Laat Baba op jou skoot sit met sy kakebeen in die hoek tussen jou wys­vinger en duim, terwyl jy sy linkerarm met jou ander vingers oplig en sy ruggie met die ander hand vryf of klop.

Low%20Gi23155.tif

      •Laat Baba oor jou skoot lê met haar kop hoër as haar boudjies terwyl jy haar op die rug klop.

      •Hou Baba met sy rug teen jou maag en jou arm om sy maag vas, terwyl jy liggies druk uit­oefen.

      •Masseer Baba se magie regs om (met die klok).

      •Gebruik jou duime om die middelste derde van Baba se voetbrûe te masseer.

      Melk opbring of “oorkook” by babas

      Melk opbring of oorkook ná voedings beteken nie noodwendig dat Baba aan ’n enstige toestand ly of nie genoeg melk inkry nie. Babas wat gemengde voeding (borsmelk en formule) of net formulemelk kry, is meer geneig om melk op te bring. Dit lyk gewoonlik meer as wat dit is – as Baba nie gewig verloor nie en steeds gedy, is daar nie rede tot kommer nie. As melk ná ’n paar voedings kragtig uitgebraak word (ook bekend as projektielbraking), moet jy jou dokter raadpleeg aangesien Baba aan ’n toestand bekend as maagslotvernouing kan ly. Die kringspier tussen die maag en ingewande trek kragtig saam en die verteerde melk kan nie daardeur beweeg nie. Na gelang van die erns van die toestand sal ’n operasie dalk nodig wees om die kringspier te laat ontspan.

      Hou die volgende perspektiewe en wenke in gedagte as Baba gereeld melk­klonte opbring ná voedings (ook bekend as gastriese refluks), maar nie baie kragtig nie:

      •Gee Baba dikwels klein hoeveelhede melk.

      •Hou Baba omtrent 30 minute lank ná ’n voeding regop.

      •Vryf Baba se winde omtrent 10 minute lank ná ’n voeding deeglik uit.

      •Dien homeopatiese NausiCare toe. Los 1 tablet in 5 ml afgekoelde kookwater op en gee voor elke voeding om die braakrefleks en kragtige opbring van melk as gevolg van ’n ligte spasma in die klep tussen die maag en die ingewande te help voorkom.

      •Lig die koppenent van Baba se wiegie of matras – gebruik liefs ’n kussing onder die matras as onder Baba se kop.

      •Oorweeg om na ’n spesiale refluksvoorkomende melkformule oor te slaan as die probleem voortduur en Baba nie meer geborsvoed word nie. Jy kan ook ’n verdikkingsmiddel by die melkformule voeg.

      •Verminder suiwel- en graanprodukte in jou dieet drasties indien jy borsvoed.

      •Sulke babas het omtrent altyd ’n sogenaamde “sensitiewe” maag, maar die probleem bedaar gewoonlik aansienlik teen ’n jaar.

      •Dit mag help om vroeër as op die aanbevole ses maande vaste kos te begin gee, maar nie te vroeg nie, aangesien dit in som­mige gevalle bloot die probleem kan vererger of ander probleme soos aller­gieë kan veroorsaak.

      Koliekvraelys

      Ken ’n punt van 1–3 vir elke vraag toe en tel die punte vir elke afdeling by­mekaar. Gebruik dan die sleutel om ’n geskikte geneesmiddel vir jou baba te kies.

      •Gee 1 punt indien die vraag geensins op jou baba van toepassing is nie, net in ’n geringe mate of baie selde.

      •Gee 2 punte indien Baba ongeveer die helfte van die tyd hierdie simptoom vertoon wanneer hy ongemaklik voel, of net in ’n matige graad.

      •Gee 3 punte indien jou baba hierdie simptoom duidelik vertoon.

A. WOEDENDE, INTENSE KOLIEK
•Lyk jou baba gefrustreerd en is sy gesiggie in ’n frons opgefrommel?•Word jou baba se gesig donkerrooi en bal hy sy vuiste asof hy kwaad is?•Huil jou baba hard en doelgerig?•Bring jou baba baie wind op en laat hy dikwels winde?•Spoeg jou baba melk op ná voedings?•Beleef jou baba episodes van koliek, maar voel hy goed tussen aanvalle?•Lyk dit asof jou baba ernstige pyn ervaar gedurende ’n episode?’n Telling van 1–7: Hierdie baba het nie ge­nees­middels nodig nie; volg bloot die wenke in die voorafgaande afdelings.8–14: Hierdie baba het ’n ligte graad van “woedende, intense koliek”. Gee 1 fyngemaakte ColicCare-tablet 3 maal per dag.15–21: Hierdie baba het beslis “woedende, intense koliek”. Gee 1 ColicCare-tablet voor elke voeding, verdun in 5 ml af­ge­koelde kookwater. As dit nie voldoende ver­ligting bied nie, gee 3 maal per dag 1 Nat. phos.-weefselsouttablet, fyngemaak en met ’n bietjie afgekoelde kookwater gemeng, saam met die ColicCare.
B. KNIESERIGE HUILENDE-BABA-KOLIEK
•Het СКАЧАТЬ