Название: Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg
Автор: Lilian Paramor
Издательство: Ingram
Жанр: Секс и семейная психология
isbn: 9780798159043
isbn:
Dit is ook belangrik om die aard van die mukus te ontleed om dit behoorlik te kan behandel met weefselsoutterapie – ’n hoogs koste-effektiewe, veilige en doeltreffende oplossing sonder enige nadelige newe-effekte:
•Waterige, oorvloedige, skuimerige, branderige mukus wat gewoonlik met nies gepaardgaan, vereis Nat. mur.
•Dik, gryswit, taai mukus wat die boonste lugweë verstop, reageer goed op Kali. mur.
•Geel, taai of slymerige mukus reageer goed op Kali. sulph.
•Groen/geel klonterige, slymerige mukus word deur Calc. sulph. verlig.
Sproei by babas
Orale sproei-infeksies kan deur verskeie faktore veroorsaak word. Babas wat bottel drink en fopspeen suig is meer geneig om dit op te doen. Die beste sterilisasiemetode is om alle komponente sowat 10 minute lank te kook, aangesien sekere steriliseeroplossings steeds nie die probleem oplos nie. Pasgebore babas wat in die hospitaal bottel gedrink het, ontwikkel dikwels binne die eerste twee weke by die huis sproei. Antibiotika lei ook dikwels tot sproei en ’n mens moet verkieslik tegelykertyd probiotika toedien. As Ma ’n sproei-infeksie het (vaginaal, sistemies of aan haar borste – seer tepels is dikwels ’n aanduiding hiervan), kan dit ook na die baba oorgedra word en moet albei behandel word. Wenke vir tuisbehandeling:
•Gee vir Baba 3 maal per dag 10 ml AB-jogurt wat lewende kulture bevat.
•Dien 3 maal per dag homeopatiese Calendula-tablette en die weefselsout Kali. mur. toe (maak 1 tablet fyn en los dit op in ’n bietjie afgekoelde kookwater).
•Ma’s wat borsvoed moet ook hierdie geneesmiddels gebruik en ’n bietjie gousblomroom of spesiale babaveilige salf aan hul tepels smeer.
•’n Mens kan gentiaanviolet aan Baba se tong smeer, maar dit is taamlik morsig.
•Neem Baba se melkformule in heroënskou as sproei gereeld voorkom en vermy pap in dié vroeë stadium.
Onafgesakte testikels
In die embriostadium ontwikkel ’n seuntjie se testikels in die maagholte, naby die niere. Die normale verloop van sake is dat hulle laat in die swangerskap na hul plek in die skrotum afsak. Onafgesakte testikels is wel ’n rede tot kommer, aangesien die testikels sperm by ’n temperatuur effens laer as die normale liggaamstemperatuur vervaardig. Wanneer hulle in die skrotum afsak, is die temperatuur effens laer. In die meeste gevalle bly net een testikel in die maagholte agter en sal dit nie tot algehele onvrugbaarheid lei nie, maar daar word algemeen aanvaar dat ’n operasie nodig is indien die testikel teen drie tot ses maande nog nie afgesak het nie.
Kort ná geboorte, tydens jou baba se eerste fisieke ondersoek, sal die dokter of vroedvrou voel of albei die testikels in die skrotum is. Dit is belangrik, aangesien ’n babaseuntjie se testikels soms tydelik terug in die maagholte verdwyn. Indien hulle reeds tevore afgesak het, is dit egter nie ’n permanente toestand nie. Jy kan af en toe voel of jy die ertjiegrootte testikels kan opspoor wanneer jy jou baba bad; lig jou dokter in as die skrotum leeg bly, al is dit net aan die een kant. Moet jou egter nie te veel daaroor bekommer nie, want dit is nie skadelik vir jou baba se gesondheid nie.
Naeltjiebreuk
Alle mense het ’n “naat” vertikaal oor die middellyn van die maag. Dit is bloot hoe ons ontwikkel. Ons organe ontwikkel eers buite die liggaam, waarna die maagwand dit omvou en die rande soos ’n naat sluit. Soms is die naat nog nie sterk genoeg vasgegroei by geboorte nie, veral rondom die naeltjie, waar die naelstring ’n potensieel swak plek skep. Die bekkengedeelte is ook ’n plek waar ’n breuk maklik ontstaan. Dit word ’n liesbreuk genoem.
Aanduidings van ’n naeltjiebreuk is ’n geneigdheid van die naeltjie om uit te bult, of ’n selfs nog duideliker omskrewe swakheid in die maagwand, waar die rande sigbaar onder die vel oopgaan en van die organe selfs deurpeul. Dit word gewoonlik vererger deur verhoogde druk op die maag wanneer Baba nies, huil of hoes.
Behandeling kan wissel: geringe breuksimptome waar die naeltjie net effens uitstaan, word nie behandel nie, terwyl ’n ernstige breuk ’n operasie mag nodig maak om die maagwand te heg ten einde te voorkom dat organe verwring of vasgeknyp word. ’n Verband of pleister op die gedeelte sal voorkom dat die naeltjie uitbult, maar die naat sal slegs met verloop van tyd self genees. Die weefselsoute Ferrum phos. en Calc. fluor is uitstekend om liggaamsweefsel sterker en meer elasties te maak en help skynbaar om die probleem vinniger op te los. Sou ’n operasie nodig wees, word dit gewoonlik op ongeveer ses maande gedoen, maar dit sal afhang van hoe ernstig die probleem is.
Praktiese sake
Uitset
Benewens ’n paar belangrike stukke toerusting, wat ongelukkig nogal duur is, het babas in die eerste jare nie veel meer nodig as liefde en aandag nie. Moet egter nie hierdie uitset afskeep nie. Hier volg ’n basiese lys van benodigdhede:
Sagteware (kleertjies, ens.)
30 handdoekstofdoeke as jy nie weggooidoeke gebruik nie
6 frokkies van elke grootte
5 handdoekstofrekpakkies van katoen
3 truitjies of bababaadjies
5 waterdigte broekies
6 borslappe
2 mussies
4 pare babasokkies om in die winter onder handdoekstofrekpakkies aan te trek om klein voetjies warm te hou
4–5 dun babakombersies (“receiving blankets” – dié met die prentjies!)
Paslakens vir die bababed
2–3 dikker kombersies vir ekstra hitte op koue aande
Buidelsak, slingersak of dradoek (baie nuttig om Baba teen jou bors of op jou rug te “abba”)
Hardeware
Wiegie of bababed (verf moet loodvry wees)
Tafel om doeke om te ruil
Bababad
Drabedjie (“carry cot”)
’n Kampeerwiegie is nuttig, veral wanneer julle gaan kuier
Drie-in-een-stootwaentjie (sluit soms ’n drabedjie in)
Doekemmer as jy handdoekstofdoeke gebruik
Motorstoeltjie (SABS-goedgekeur, die korrekte grootte, te alle tye)
Pas gerus hierdie lys aan na behoefte.
Bababedjie of kampeerwiegie?
’n Bababed kan help om ’n veilige, geborge omgewing vir jou baba te skep. ’n Kampeerwiegie kan help om Baba rustiger te laat slaap wanneer julle uitslaap. Dit kan ook in die huis rondgedra word en neem gewoonlik minder plek in beslag. Die ideale kampeerwiegie se matrashoogte СКАЧАТЬ