Romanse agter die skerms. Helena Hugo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Romanse agter die skerms - Helena Hugo страница 6

Название: Romanse agter die skerms

Автор: Helena Hugo

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624052074

isbn:

СКАЧАТЬ ’n stryd wat jy moet stry, maar jy is nie alleen nie,” het Vera haar verseker. “Waarom dink jy is daar so baie romanse agter die skerms en soveel egskeidings in Hollywood?” het sy gevra sonder om na haar eie seer te verwys. “Wees bly dis ’n goeie Afrikaanse sepie, anders was julle nakend tussen die lakens.”

      Colette kon nie aan iets ergers dink nie. “Wat moet ek doen?” het sy gekreun. “Ek’s nie so grootgemaak nie, maar partykeer wens ek ek’s saam met hom … jy weet, tussen die lakens.”

      “Bly koelkop,” was Vera se finale raad. “Onthou, begeerte begin in die gedagtes.”

      Daarna het Colette nie weer met Vera daaroor gepraat nie. Vera is oor die sewentig en haar gedagtes het lankal by haar hormone oorgeneem. Maar Colette kon dit nie help nie, haar hart het steeds sonder rede vinniger geklop as Emile haar nadertrek en vashou. Dis bloot fisiek, ’n normale reaksie wat volbloedmans en -vroue nie kan keer nie, het sy haarself bly troos.

      Toe bring Lizzie ’n tydskrifartikel werk toe wat impliseer dat dit wetenskaplik verklaar kan word hoe en hoekom spesifieke mans en vroue mekaar aantrek. Dit het te doene met chemiese reaksies, reuke en so aan. Colette het haar boeglam geskrik. Sy wou flou word elke keer as sy Emile se naskeermiddel ruik, sy seep, selfs sy sweet en sy asem het haar van stryk gebring.

      Sy het gemaak asof dit snert is, maar skelm die tydskrif gaan koop en die artikel deeglik bestudeer.

      “Partykeer dink ek ek raak verlief op Emile Linder,” het sy daardie Sondag oor ete en ’n bottel wyn aan haar ou universiteitsvriendin erken.

      Donna is ’n danseres. Sy het al paaldanse in ’n mansklub gedoen en sy is nie bang nie, nie vir mans nie en ook nie vir seks nie. Sy was nie verbaas oor Colette se versigtige ontboeseming nie.

      “Jy dínk nie so nie, jy ís!” het sy gesê.

      “Nee!”

      “Dis so duidelik soos daglig, vriendin, daar smeul iets tussen julle.”

      “Jy kan dit sien?”

      “Daai liefdestonele tussen Mia en Arnold is reg eg.”

      “Ons speel toneel!”

      “Hoe speel jy toneel as julle moet soen? Verbeel jy jou dis mond-tot-mond-asemhaling?”

      “Daar is tegnieke, ons het dit op dramaskool geleer.”

      “Mond-tot-mond-asemhaling?”

      “Omhelsings, hoe om te draai en hoe om vas te hou.”

      “O ja? Hoe tegnies kan jy raak as jy jou uitgehongerde lyf teen ’n ander honger lyf moet vasdruk? Vra my, ek weet. Of het jy vergeet ek dans? Buitendien, wat van hom? Mans is weerloser as vroue, jy weet. Moenie vir my sê jy’t hom nog nie uitgevang nie?”

      Colette het verbouereerd vir haar nog wyn geskink, in die proses die glas oorvol gemaak en sleg gestort.

      Donna het die skade met ’n snesie herstel. “Help nie om jou verleentheid te verdrink nie,” het sy gepaai. “Jy en Emile is in denial. Julle sal eendag moet oorgee. Maar een van julle sal die eerste stap moet neem. Gaan dit jy wees?”

      “Absoluut nie!” het sy gekeer en haar glas met een teug geledig.

      “Fluister dit.” Donna het die voorstel met suggestie gelaai. “Sag in sy oor.”

      Colette kon haar nie ’n groter verleentheid voorstel as om in Emile se oor te fluister dat sy nie toneelspeel nie en dat dit ook nie haar hormone is nie. Sy het ernstige gevoelens vir hom, sy het hom innig lief, sy wil die vrou wees wat sy huis teen die heuwel in ’n tuiste verander, familiefoto’s teen die gangmuur ophang, sy lewe deel – Emile s’n, held en hartebreker van driekwart van Suid-Afrika se vroue.

      “Doen dit, ek daag jou uit,” het Donna bly aandring.

      “Nee, ek moet koelkop bly. Ek moet vergeet dat ek Colette is en Emile, Emile. Ek is Mia Barlow en hy Arnold Penrose en ons liefde is vals en ingestel op die vermaak van ander.”

      Donna het gegiggel. “As jy so redeneer, sal julle julle kans moet waarneem, agter die skerms – as julle dit nie alreeds doen nie. Ware liefde is so ’n skaars artikel; as jy dit het, moet jy dit hou.”

      Toe weet Colette nie wat om te sê nie; sy kon Donna glad nie meer in die oë kyk nie. Sy het die wynbottel opgetel en omgekeer. Daar was niks meer oor nie, nie ’n druppel nie. Die smaak van ryp bessievrugte en bittersjokolade wat die wyn in haar mond agtergelaat het, het haar aan die kere “agter die skerms” herinner. Sy het die binnekant van Emile se mond geproe en gewonder wat haar besiel het om sy naam voor Donna te noem, om ooit in so ’n gesprek betrokke te raak. Was dit die artikel oor chemiese aantrekkingskrag, die feit dat Donna eerste begin het?

      Maar Donna is ’n kenner van menslike swakhede, veral waar dit die lyflike liefde aangaan. Sy is ook ’n goeie vriendin, wat weet wanneer om op te hou. Wat soos Vera geheime kan bewaar en wat ’n sagte hart het, bravade en al. Donna het nie daarop aangedring om Colette se gevoelens verder uit te pluis nie.

      Die CD het klaar gespeel. Sokkies, wat intussen uit was, spring op Colette se skoot en maak hom tuis. Sy streel die kat se sagte pels en luister na sy salige gespin. Sy verlang na die sagtheid wat daar eens op ’n tyd tussen haar en Wilhelm was. So maklik om dit terug te kry … Al wat sy moet doen, is vergeet en vergewe. Die feit dat sy ’n slapelose nag gehad het, beteken tog seker dat sy nog omgee?

      Sy gaap en leun terug. Sy is te moeg om op te staan en bed toe te gaan.

      3

      Colette skrik wakker toe die huisfoon lui. Verward wil sy dit eers los, maar onthou dan dat sy vir Vera ge-SMS het. Sy stoot Sokkies van haar skoot af en strompel na die telefoon wat langs die kombuis se bedienluik aan die muur hang.

      “Hallo?”

      “Miss Tredoux, Mister Linder at the gate.”

      Al weer! Die wag is nuut, sy is lus en sê sy ken nie so ’n mens nie.

      “Miss?”

      Die wag hoor haar huiwering. Wat soek Emile?

      “Can I let Mister Linder through?”

      Colette kyk op haar horlosie. Kwart oor agt. Sy en Sokkies was nie lank in droomland nie, ’n kwartier op die meeste, maar sy voel oes. Sy is nie lus vir kuiergaste nie. Aan die ander kant: sy het Emile vandag al so sleg behandel, sy kan gerus bietjie skietgee.

      “Okay, it’s okay, you can let him in,” sê sy gelate. Sy plak die gehoorbuis neer en loop vinnig badkamer toe om tande te borsel en hare te kam. Sy het net tyd om die vuil bord en leë wynglas in die opwasbak te sit toe sy Emile se viertrek in die oprit hoor. Sy loop maar solank en maak die voordeur oop. Hoe gouer hy inkom, hoe gouer kan hy weer die pad vat.

      Emile glimlag vir haar. Sy glimlag terug. Hy maak haar so kwaad, maar ter wille van die werk probeer sy om nie kwaad te bly nie. Hy buk af en kry iets langs hom op die passasiersitplek. Sy hoop nie dis ’n pizza en ’n bottel wyn nie. Sy het geëet en sy is nie lus om te kuier nie. Tot haar verbasing bring hy ’n ruiker blomme te voorskyn. Dit lyk soos een van daardie bont mengsels wat jy by enige supermark kan koop, maar toe hy naderkom, СКАЧАТЬ