Die versoeking van Thomas Maas. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die versoeking van Thomas Maas - Chris Karsten страница 15

Название: Die versoeking van Thomas Maas

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798181174

isbn:

СКАЧАТЬ Kombi in sy sitplek in te skuif. Hy weier dat enigiemand hom met hierdie roetine help.

      “Ek vat Pa vroeg ortopeed toe, en ons het daarna ook weer ’n afspraak by sy dokter, ek wil weet wat aangaan met die pille.”

      “Hy gaan nie gelukkig wees nie.”

      “Ek hét Saterdag met hom daaroor gepraat, hy’t nie ’n keuse nie.”

      Sy pik Thomas op die wang en toe sy wegry, sien sy in die truspieël hoe hy omdraai terug die huis in. Sy kan haar voorstel hoe hy die kombuis begin opruim, skottelgoed en eetgerei in die wasser pak, en kamer toe gaan om homself ordentlik te kry vir die dag.

      Hierdie daaglikse gewoontes saam met haar man en kinders is vir Donna gerusstellend, en ja, selfs kalmerend. Al is daar – soos by alle ander gesinne, selfs by die oënskynlik mees perfekte – los drade en haperings. Sy sien haar en Thomas beslis nie as volmaakte ouers nie, maar hulle doen hulle bes. Hulle is, dink Donna op pad skool toe, eintlik ’n gelukkige gesin, selfs met Antonie se sporadiese neerslagtigheid.

      Donna bel hom in die etenstyd, al wanneer sy seker is dat hy nie ’n pasiënt het nie. “Die ortopeed sê die X-strale wys nie beenskade nie. Die ligamente is waarskynlik gekneus toe hy dit geswik het.”

      “Wat van die pille?”

      “Soos ek vermoed het. Pa het goed vir ons weggesteek. Hy was vroeër al by ’n neuroloog.”

      “Die neuroloog het die medisynes voorgeskryf?”

      “Sy huisdokter het ’n verslag van die neuroloog gekry. Hy praat van vroeë tekens. Maar sê nie van wat nie. Niks kan gediagnoseer word sonder verdere neurologiese toetse nie. Hy is wel vol vertroue dat die medisyne Pa se toestand onder beheer sal hou, ten minste vir ’n tyd. Hy het Pa weer na die neuroloog verwys vir die verdere toetse.”

      “Wanneer het die neuroloog die eerste keer die inhibeerder vir jou pa voorgeskryf?”

      “Dis die ding, al ses maande gelede.”

      KANTNOTA

      Ella het geweet dat sy en Thomas Maas lank nie die laaste sien van mekaar gesien het ná haar kastige konsultasie by hom nie. Veral nadat moord-en-roof by die saak betrokke geraak het, het sy besef dat sy hom baie gou weer sal moet gaan besoek. En dié slag onbewimpeld. Sy het die situasie met Donna bespreek en dié het ingestem.

      Natuurlik was hy, om die minste te sê, taamlik ongeskik, selfs vyandig, toe sy weer daar by hom instap en haar werklike geloofsbriewe op die tafel sit. Maar só ’n houding het sy verwag. Ook sy beskuldiging dat sy die eerste keer onderduims toegang tot hom verkry het. Hoor wie fokken praat, het sy gedink, wat van jóú jakkalsstreke? In my storie was daar darem ’n halwe waarheid, hoeveel waarheid is daar in jou verskonings?

      Haar vorige lewe as moordspeurder het haar gebrei vir enige soort arrogante hardekoejawel, en met die reg aan jou kant het jy baie maniere om die hardste gat sag te maak. Nie as PI nie. Stallie Stalmeester was darem nog daar. Sy het hom destyds uit die radiokamer in die speurafdeling ingekry en die fynere truuks van goeie speurwerk geleer. Hy is diep in die skuld by haar. Daarom het hy nie ’n keuse gehad as om een oog toe te knyp wanneer sy sy naam en status misbruik het om Thomas Maas te bearbei nie.

      Dit het gewerk. Of so het dit gelyk. Maar sy was skepties. Want weer eens: Hoekom sou ’n vermeende owerspeler sy oneerlike hart aan sy vrou se PI ontbloot?

      Die voordeel van haar opvolggesprekke met hom was dat sy Thomas Maas se eie woorde teen die feite kon opweeg ten einde die waarheid te probeer distilleer.

      Stallie. Hy het haar destyds dikwels Saterdagaande saamgevat na sy Pink Flower-klub, jel in sy hare, ketting om die nek, sy jong boudjies in ’n stywe broek ingespan. Dit was in daai moedverlore tyd nadat sy haar hartseer oor Bam, en daarna Milo Boonstra, met die polisie se traumaberader uitgepraat en sy geglo het dat sy nooit weer liefde gaan vind nie. ’n Intermissie van groot leegte in haar siel.

      Boonop het kolonel Sauls beslis dat sy ’n babaoppasser nodig het. Dit het vir haar glo te gevaarlik geword om alleen rond te ry. Elke boosdoener en sy broer het, volgens hom, haar bloed gesoek. Toe bied Stallie aan om saam te ry. Buddy-buddy, om mekaar se rûe op te pas.

      En in hierdie gedwonge samesyn het sy agtergekom dat hy haar brose gemoed verstaan. ’n Spesifieke gesprek een aand onthou sy steeds. Want op sy reguit manier het Stallie se woorde haar daai aand tot ’n plotselinge insig gebring, byna ’n soort epifanie. Dit was nadat kolonel Sauls haar aangewys het as die ondersoekbeampte in die geval van vier voete wat in ’n Checkerssak in die Johannesburgse Botaniese Tuin gekry is. Toe snuffel sy die spoor uit van ene Atticus Kieser, ofte wel Stink Attie, ’n patetiese gewoontedief wat op parool uit was en inligting oor die sak met voete gehad het. Sy en Stallie het ontwykende Stink Attie by sy sus Breggie se huis in Albertskroon gaan voorlê.

      Op die vyfde agtereenvolgende aand straataf van Breggie se huis het sy Stallie in die donker kar gepols. “Wat’s fout met my, hè, Stallie?”

      “Oor wat? Oor jy bang is? Of oor jy nie ’n lover kan kry nie?”

      En net daar, met daai enkele sin, het hy twee dinge in haar diepste gemoed raakgevat wat nie eens die traumaberader so sekuur kon diagnoseer nie. Eerstens haar gebrek aan selfvertroue nadat sy net-net van daai reeksmoordenaar Abel Lotz ontkom het. Die ander punt waarop Stallie dadelik sy vinger kon lê, was die toestand van haar hart nadat Bam en Milo, die twee groot liefdes in haar jong lewe, so kort namekaar gewelddadig gesterf het.

      “Ek soek nie ’n lover nie,” het sy vir Stallie in die piknag gesê. “Nee, net die geselskap van ’n goeie man.” En vinnig bygevoeg: “Ek meen, jy’s ’n goeie man, rêrig, maar jy’s nie die soort wat kortasem raak oor ’n rok nie.”

      “Jy dra nie rokke nie,” het hy opgemerk.

      “Ek het probeer.”

      “Vir omtrent ’n dag lank, ja.”

      “Stallie! Rok is nie die punt nie. Die punt is onder die rok.”

      “So, jy soek ’n lover. Dis mos wat ek sê.”

      Toe wou sy weet: “Dink jy mans sien my nie raak nie? Dit voel of hulle oor my kyk, of deur my. Is ek so seksloos?”

      “Kopskuif, dis wat jy nodig het, Ellatjie. As jy nie self dink jy’s sexy nie, gaan niemand anders so dink nie. Gaan koop iets skandaligs, ’n regte dekadente onderdingetjie. Paradeer daarmee voor die spieël en verbeel jou dis Bam wat na jou kyk, of Milo.”

      En dit is presies wat sy gemaak het: ’n kopskuif. En toe stap Lou Pepler by haar lewe in!

      Donna se weergawe

      Klarinetkonsert | Woensdagaand 4 November

      Die aand op pad konsert toe sê Antonie: “Ek dink ek’s reg vir krukke!”

      Sommer so. Donna kyk om. “Krukke? Is jy nie bietjie haastig nie, sweetie?”

      “Ek’s reg, Mams!”

      “Sê Mandla so?”

      “Nee, ék sê so. Maar Mandla stem saam, hy’s baie happy met die gait training.”

      “Goed, СКАЧАТЬ