Die versoeking van Thomas Maas. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die versoeking van Thomas Maas - Chris Karsten страница 13

Название: Die versoeking van Thomas Maas

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798181174

isbn:

СКАЧАТЬ word aan die behoeftes van man en kinders. Tot een oggend. Dan merk jy skielik in die spieël, asof oornag, die grysheid aan die haarwortels, die plooitjies aan die nek, die dapper kurwes wat die stryd begin verloor. Maar jy gee nog nie moed op nie, want saans, met leesbril in die bed, hoop jy jou man sien steeds hoe sexy jy regtig is. Tot jy sy loeroog op ’n jonger pop betrap. En dis die wekroep: iéts moet gedoen word! Gim. Joga. Pilates. Moddermasker uit die Dooie See. Iets. En gou!

      Natuurlik is dit haar voorland ook, besef Ella maar alte goed. Nie soseer nou al die vetjies nie, wel die plooie. Dié wat al so skelm-skelm en voortydig hulle verskyning begin maak. Aan die hoeke van die mond, die hoeke van die oë, die nek. Intussen kry sy solank op haar smuktafel die slagordes vir die verdediging in linie: die plooirome, die oogrome, die nagrome, die vogrome, die antioudwordrome … En sy is skaars dertig!

      Gelukkig darem fiks, geen pilates vir haar nie. Op die Karibiese plesiervaarte het sy soggens vir passasiers om die beurt klasse in aërobiese oefeninge en joga aangebied. Nou, terug in haar huisie in Westdene, draf sy weer. Nie meer alleen nie, saam met Bozo. Hy pas haar ook snags op. Lou het hom vir haar gegee, pragtige swart-en-wit skaaphond van agtien maande wat hy uit ’n teelprogram vir polisiehonde afgerokkel het. Spesiaal vir haar.

      ’n Kollie pas haar op, ’n gemmerkat pas hóm op. Soms pas almal mekaar snags op, sy en Lou en Bozo en Kandas. Dit is vir haar lekker by hom, om in sy arm te lê en na musiek te luister en sommer net te ginnegaap. Later miskien bietjie te vroetel en te kafoefel. Want hulle het baie om in te haal, dit was ’n lang skeiding, hy hier in Johannesburg en sy daar in Barbados, wanneer sy nie op ’n skip was nie. Hy het darem een keer vir haar gaan kuier. Toe hy besluit het hy verlang darem te veel en dat niks sal ondergaan as hy vir ’n week van sy werk wegbreek nie. En sy het gedink sy doen hom ’n groot guns, reël om hom op ’n rondvaart van Grenada na Dominica te trakteer. Groot fout. Arme man het omtrent nie uit die kajuit gekom nie, siek soos ’n hond. Nee, ’n skip is nie vir hom en sy brose maag nie.

      Nou kuier hulle oor en weer en haal in. Maar hy verstaan dat sy soms alleen in haar eie bed in haar eie huis wil wakker word. En dat sy Saterdagoggende saam op Alberts Farm die parkrun wil gaan draf. Die eerste twee keer was dié parkrun nogal vir haar effe surrealisties, veral op die terugroete daar langs die dam verby. Daar waar haar vuurdoop as jong moordspeurdertjie amper tien jaar gelede begin het. Toe hulle mooi Mia Vermooten op die grasoewer onder die wilgers gekry het, verwurg maar netjies op haar rug asof sy net slaap. Tot dok Koster haar omdraai. En dit was lank vir almal, ook vir dok, ’n raaisel oor hoekom daai vierkantige stuk vel van haar blad afgeskil is.

      Elke Saterdagoggend draf Ella daar verby en kan haar oë nie wegskeur van daardie plek waar Mia gelê het nie. En herleef die hele trauma van hoe Abel Lotz ook ’n stuk van háár vel met sy skalpel probeer oes het.

      Hy het weggekom, weer en weer met sy spoor van bloed agter hom, maar uiteindelik het sy hom gekry! Haar eerste reeksmoordenaar. En dit is wat sy ook Saterdagoggende daar langs Alberts Farm se dam ervaar: die bevrediging dat sy daarin kon slaag om vir Mia en Abel se ander slagoffers reg en geregtigheid te gee.

      Dit is mos jong Stallie Stalmeester, nou self ’n moordspeurder, wat ’n slag gesê het sy is soos ’n bulhond. Sy laat nie los wanneer sy eers haar tande in iemand ingeslaan het nie.

      Nee, as ’n bulhond het sy haarself nog nooit gesien nie. Maar met hierdie ondersoek het sy begin voel dat haar tande tog nie so stomp geword het op daai plesierbote nie. Dis of sy van haar ou mojo begin terugkry.

      Thomas se weergawe

      Laataandse gesprek | Vrydagaand 30 Oktober

      In die stil huis, almal in hulle kamers, sit Thomas in die huiskantoor agter sy lessenaar, diep versink in sy pasiënteverslae. Tot dit hom tref: daardie twee oproepe wat hy so vinnig in hulle saamtyd afgesit het.

      Sy oog het vlugtig die naam van die beller gevang, en dit was nie mevrou Gericke nie.

      Hy loer na die tyd: 22:49. Sal sy nog wakker wees?

      Hy haal sy sel uit. Lyk soos ’n Krismisboom: whatsapps, sms’e, stemboodskappe, nege onbeantwoorde oproepe.

      Hy aarsel, druk Amalia se nommer. Dit lui lank.

      Hy wil net dooddruk toe sy antwoord: “O, jy’t toe besluit om terug te bel.”

      “Ek moes seker eers na my stemboodskappe geluister het.”

      “Ek het nie ’n boodskap gelos nie.”

      “Jammer, dis laat, jy’s seker al in die bed.”

      “Ek het vir jou oproep gewag. Hoekom antwoord jy nie as ’n pasiënt jou bel nie, meneer Maas?”

      “Ek was besig, my dag was bietjie omgekrap, eers by die kantoor, toe by die huis.”

      “Wil jy daaroor praat, iets van jou bors afkry?” vra sy.

      “Ek dog ék is die berader.”

      “Selfs beraders het soms berading nodig.”

      “Dis te laat in die aand vir belydenisse.”

      “Die regte tyd is middernag.” Hy kan aan haar stemtoon hoor hoe die gesprek haar amuseer. “Pampoentyd kom al die geheime mos uit,” sê sy.

      “Ek het nie geheime nie.”

      Sy lag openlik. “O, nie? Jy’s ’n man sonder geraamtes en geheime?”

      “Het jy iets dringends op die hart waarmee ek kan help?”

      “Fred het gebel.”

      “O? Is hy terug?”

      “Nog nie. Moet glo eers ’n ander belegger gaan sien, in Londen.”

      “Hy vat lang ompaaie. Gaan jy hom saambring, wanneer hy terug is?”

      Stilte vir ’n sekonde of twee. “Dis lankal te laat. Dog ek het jou gesê?”

      “Maar jý wil weer kom?”

      “As jy iets aan my saligheid kan doen. Kan jy?”

      Kan hy? Dit is ’n goeie vraag. Hy is nie seker nie. Maar hy kan probeer. Hy hou van uitdagings. En hy het ’n gevoel dat Amalia ’n groot uitdaging gaan wees. Bekoorlik en kompleks. “Kon Annie jou met ’n volgende afspraak help?”

      “Eers oor twee weke,” sê sy. “So lank kan ek nie wag nie.”

      “Ek sal Maandag kyk vir ’n gaatjie vroeër.”

      Ná nog ’n kort aarseling: “Ek dink ek gaan vir Fred los. Finaal van hom afsien.”

      “Los? Wat van al die miljoene? Al die ingewikkelde saketransaksies waarin julle vennote is?”

      “Ek en my pa sal dit uitsorteer.”

      “Het jy met jou pa gepraat?”

      “Nee, ek wil eers met jou praat. Voor Fred terugkom. Bring jy Sondag vir Florie?”

      “Ja.”

      “Donna?”

      “Nee, sy kom nie saam СКАЧАТЬ